Die lewe gaan net aan
Die maan is ekstra geel vanaand, die maan lyk soos`n kaas
iewers sing `n ma saggies haar kind aan die slaap
iewers word `n koeël gelaai, iewers loop voete `n draai
om af te maai en om chaos te saai
die aardbol hang nog steeds klein
in die groot, swart hemelruim
duisende sterre skitter dof
soos die dofheid van hul oë ontplof
en die lewe gaan net aan
Koor
kan iemand tog nie sien nie
is daar niemand wat kan hoor nie
kan niemand hulle help nie
is hulle nie ook bang nie
kan iemand tog nie sien nie
ek soebat kan niemand tog nie help nie
ek vra is hulle nie ook bang nie
Alles lyk vanaand ongelooflik vreedsaam, stil en pluis
vinnige voetstappe stap oor die gruis na die huis
honde blaf langsaan en`n venster word flenters geslaan
gesmeek, gestoei, gehuil, gebid, gedaan
ma en kind is vasgebind
gaan iemand hul gou-gou vind
duisende sterre skitter dof
soos die dofheid in hul oë ontplof
en die lewe gaan net aan
Herhaal koor
Brug
Die lewe gaan in elk geval sy gang
mense bly net vir kort rukkies bang
die omie eet steeds skelmpies sy peanuts en rosyne
die tannie dra steeds haar pêrels en robyne
die kinders drink steeds hul medisyne
en mense teel steeds aan soos konyne
ja, die lewe gaan sommerso weer aan
die lewe gaan net aan
Herhaal koor
![]() |



