"Die Lewe" deur Andre le Grange

  • 0

Die lewe

Die lewe is beslis ? vreemde ding
? Ding wat nie beheer kan word
Die een dag is daar kleurvolle vreugde, lag en sing
Die volgende is daar duisende trane wat neerstort

Alles is ? glibberige dobbelspel, van kanse vat tot beplanning
Ons weet net nooit wat veroorsaak al die onnodige spanning
Net sodra jy dink jy het die komplekse formule van die lewe
word dit soos wetenskap en wiskunde, wat jou maak bewe

Ons almal wens ons het volmag om alles te beheer
maar net ek en jy, is verantwoordelik vir al die seer
En op dieselfde tyd, is ons tog so onskuldig
Al wat ons moet wees, is net nog meer geduldig

Geduld is iets wat jy moet leer met tyd
Iets wat jy waardeer na die moeilikste stryd
Maar ? wrede oorlog in ? goeie hart
veroorsaak meestal jou donkerste smart

In plaas van om oor alles te wil wonder
en te dink hoe dit sal wees daarsonder
Geniet die oomblikke wat wel daar is
al is jou oë en hart soms vol mis

Sodra jy wel jou goue geluk vind
hou dit weg van die wilde wind
Hou dit vas soos babahondjie
want dit sal jy nie weer sommer kry nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top