Die lat

  • 2

Die lat van ouds was ’n simbool
Van dissipline in die skool
Wanneer die onderwyser die lat soos ’n septer swaai
Dan besef leerlinge alle wangedrag moet by die klaskamerdeur omdraai.

Dit het in die verlede ’n groot verskil gemaak in die klas
Doodse stilte het geheers, geraas het onmiddellik verkas
Die lat se sentimentele waarde word hoog geag
Wedersydse respek tussen onderwyser en leerling was deur dit vermag.

Toe word besluit leerlinge mag nie meer lyfstraf kry
Want dit breek ’n leerling se selfbeeld af
Die skool se gevoel was, die besluit is sommer kaf
Want, waarmee gaan ons ’n ongehoorsamige kind nou mee straf

Die simbool van dissipline is immers die lat
Om te tug sonder mishandeling is die oplossing vir leerlinge se wangedrag
So, mag die lat sy terugkeer maak tot alle skole
Tot dan, sit die onderwyser, tot ’n mate, sonder die nodige mag.

B. Boggenpoel

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top