Die laaste dae van Robert Mugabe

  • 0

Peter Godwin se vierde en jongste boek oor Zimbabwe het as titel: "The fear: The last days of Robert Mugabe" (London: Picador, 2010, 354p). Sedert sy vorige boek het sy ma ook Zimbabwe verlaat en bly nou by haar dogter in Engeland. Na vyftig jaar in Afrika (p 202) "she has lost her house and her savings and her friends and her dogs" (p 2). Tog wil sy in Zimbabwe begrawe word, die land wat die outeur steeds "home" noem (p 5). Die teks word soos volg in die flapskrif saamgevat: "At considerable risk, he travels widely to see the torture bases, the burned villages, the death squads, the opposition leaders in hiding, the last white farmers, the churchmen and the diplomats putting their own lives on the line to stop the carnage." Die titel is ontleen aan wat Nelson Mandela, een van Godwin se helde, gesê het: "The brave man is ... he who conquers ... fear" (p vii). In Shona word gepraat van chidudu, "The Fear" (p 105).

 

Voorheen het die bevolking "the highest standard of living in Africa" geniet (p 6). Deesdae het net ses persent van die bevolking ’n betrekking. Tot ’n derde van die inwoners het padgegee. Volgens Robert Mugabe moet die Weste, veral Brittanje, die skuld hiervoor kry. Maar dit is by uitstek Brittanje wat voedselhulp aan die verhongerdes verskaf. "The same Western powers that Mugabe routinely demonizes in his banal biopsy of blame are the principal donors of food to his people" (p 139).

 

Ian Smith, die eerste minister, het Mugabe in 1974 uit die tronk vrygelaat "as part of a détente brokered by South Africa. Aided by Sister Aquina, a Catholic nun, he soon fled over the border into Mozambique. There he joined the guerrilla war against white Rhodesian settler rule - although he was never himself a soldier" (p 16). Tydens die 1980-verkiesing met onafhanklikheid het Mugabe (soos Nelson Mandela in 1994) gesê "that the war would continue if his party didn’t win" (p 19). Hierna het Mugabe sowat 20 000 Ndebele, teenstanders van sy Shona-stam, in die suide laat vermoor. "The Ndebele have been stranded by history. A remnant people, deserted in the land they had once conquered ... similar to the remaining whites" (p 284). Mugabe het ses plase vir homself toegeëien. Die dade van swartes word egter anders as dié van wittes beoordeel. "The Queen ... knighted him in 1994" (p 18). Thabo Mbeki het gesê: "There is no crisis in Zimbabwe" (p 41).

 

"The war veterans spent time in Tanzania, Mozambique, Zambia, and they said, we are never going to let our country become like them, and yet we did" (p 26). "More than half a million displaced farm workers and their dependants have perished" (p 30). Van die 6 500 produktiewe plase in 2000 is 400 oor (p 31). ’n Swarte erken: "Life was better before" (p 115). ’n Ander een sê: "I remember the way we all used to live ... It’s now dark days" (p 117). "It was better before. Now it is too bad" (p 289).

 

Die eerste wit setlaars het in 1893 in die ooste aangekom, maar die gedenkteken ter ere van hulle in Chimanimani (Melsetter) "was ... smashed by war vets after independence" (p 47). "White pioneers have been jettisoned in favour of liberation fighters and ZANU elite" (p 308). Soos in Suid-Afrika is daar ’n "state place-name-change commission" (p 78). Wat ook vir ons bekend behoort te klink, is die "Catholic Justice and Peace Commission, monotoring human-rights abuses by the Rhodesian government forces" (p 120). Soos die ANC het Mugabe se ZANU ’n jeugliga (p 87). Laat in 1980 het baie kundiges uit die lugmag bedank "after an ex-guerrilla who had invented his qualifications was brought in over them" (p 72).

 

Oor een van die plase word gesê: "We spent fifty years building that farm up and they took it from us just like that. They’ve destroyed the windmills. I don’t understand, if they want to farm, why destroy the windmills? Now there’s no water" (p 77). "We see government-issued tractors lurching along, festooned with passengers. War vet company cars, Rita calls them" (p 287). Vir diegene wat dit nog nie weet nie: "Nkosi Sikelela", "God bless Africa", is "the renowned anti-apartheid anthem" (p 110). Godwin verwys ook na "’Awuleth’ umshini wami’ - ’Bring me my machine gun’, the anthem adopted by Jacob Zuma’s supporters from the ANC Youth League" (p 170). "ZANU has never really changed from a guerrilla movement into a political party" (p 122). In ruime mate geld dit ook die ANC.

 

Godwin besoek ’n hospitaal: "Bed after bed, in ward after ward, on floor after floor is filled with Mugabe’s victims. A hospital full of those he has injured, tortured, and burned out of their homes" (p 132). In die "torture factory" is daar "abuse on an industrial scale" (p 133). Morgan Tsvangirai, die opposisieleier, het gesê: "More than twenty-five thousand have been beaten, tortured" (p 156). Ook: "It’s just state-sponsored violence against defenseless citizens" (p 158).

 

Na raming het meer as drie miljoen Zimbabwiërs na Suid-Afrika uitgewyk (p 169). Toe daar aan die Rand aanvalle op immigrante was, het Desmond Tutu die gepeupel daaraan herinner "that during apartheid, Zimbabweans and Mozambicans and Angolans risked attacks by apartheid forces, by giving shelter to South African refugees and guerrillas. ’We can’t repay them by killing their children’" (p 170). Inkommers moet volgens Tutu hier verwelkom word, want ons is glo by hulle in die skuld. Dit is nie net hy wat so dink nie. Volgens die DA se liberale waardes moet ons die inkommers hier verwelkom.

Die ANC-regering is ongetwyfeld ’n groot ondersteuner van die Mugabe-bewind. Godwin noem Mbeki "Mugabe’s prime protector" (p 186). In die VN stem die ANC-regering saam met kommunistiese lande om die Mugabe-bewind te beskerm (p 187). Die ANC se terreurbendes het Mugabe destyds in die kussings gehelp. Maar nóg Tutu, nóg die DA, nóg die ANC erken dat die bewind van Ian Smith beter as dié van Mugabe was. Godwin doen dit ook nie. Tutu het al gepleit dat wittes ekstra belas moet word. Behoort swartes, soos Tutu, wat finansieel so ruim by "bevryding" gebaat het, nie veel eerder ekstra belas te word nie? Dit kan help om die groot finansiële las te verlig wat inkommers veroorsaak.

 

Pleks van wittes te komplimenteer, vertel Godwin eerder van 60 000 inwoners wat uit Distrik 6 verwyder is met huise wat "bulldozed" is (p 175). Oor wat tans in Distrik 6 gebeur (SêNet, 12.05.2011), sal hy nie skryf nie. Die MDC-lid, Tendai Biti, het die insig om te sê: "The freedom train has passed most black South Africans by" (p 176) en "Even Mugabe’s death is unlikely to deliver us" (p 177). Die anti-blanke gesindheid van die ANC blyk uit die feit dat miljoene swart Zimbabwiërs hier toegelaat word, maar hy wou nie ’n wit politikus, Roy Bennett, wat in Zimbabwe gearresteer en aangerand is, hier hê nie. "It took a long court battle to make the South African government grant him asylum" (p 178).

 

Godwin dink dat die toestand in Zimbabwe "a crime against humanity" is (p 190). Die ANC-regering het die ekonomiese mag om die Mugabe-regering binne weke tot ’n val te bring (p 188), maar doen dit nie. Hy "resisted requests to investigate torture in Zimbabwe" (p 190). Die Internasionale Hof doen ook nie stappe nie. Van die ergste versuim, myns insiens, is dat die Suid-Afrikaanse perswese belangstelling in Zimbabwe verloor het. Min en dan meesal kort berigte word gepubliseer. As wittes teen swartes opgetree het soos Mugabe wittes behandel, sou daar ’n oorverteenwoordiging van joernaliste in Harare en elders in Zimbabwe gewees het.

 

Sister Aquina (derde paragraaf hierbo) woon deesdae as Hildegard Weinrich knus in Noord-Londen en is ’n vriendin van Godwin se ma. Weinrich is ’n bevrydingsteoloog van Duitse oorsprong en dink die Rhodesiese bosoorlog was ’n "just war of liberation". Sy "clandestinely assisted guerrilla recruits ... trained Mugabe’s new MPs, helping them write their speeches" en was later medepligtig aan die Catholic Justice and Peace Commission (p 204 - Zimbabwe se WVK). Daar is geen aanduiding dat sy bewus is van haar kolossale politieke naïwiteit en die onberekenbare skade wat sy veroorsaak het nie. Godwin skryf nie ’n enkele woord ter veroordeling van haar nie.

 

"Collapse of water supplies, sewage systems and medical facilities" (p 209) , "they keep stealing the wire" (p 236), renosterstroping (p 270; "rangers ... help themselves to the wildlife", p 289), slaggate in die paaie, onsekere elektrisiteitsvoorsiening, "classrooms vandalized" (p 333), (almal ook kenmerke van die nuwe Suid-Afrika), ens, lei daartoe dat Zimbabwe tans gesien word as "recolonized by wildlife" (p 208) en daar is "reverting to a pre-industrial rhythm of life" (p 209). "Zimbabwe now leads the world in number of orphans per capita" (p 285). "Africa resets your calculus of chaos" (p 276).

 

Johannes Comestor

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top