Die kuns, die moeilike taak van tevredenheid
Terwyl ons elke dag ? nuwe masker aansit
om die mense in jou lewe tevrede te hou
is die "ander" weer ontevrede
Verander jy na goed, sleg of albei?
Die keuse lê in jou hande
Die magtige krag van die masker
word deur jouself bepaal
Lewens word verwoes
Tweegesigte loop weg van die kwaad
En jy is die een wat gearresteer word
vir moord, moord op jouself
? Bloedige, emosionele selfbeeld wat jy afkraak
Die bewyse dat jy lewe word verbrand in die duisternis
Moedig ander aan met misbruike
misbruike van drank en dwelms
Niemand sal jou onthou vir die tweegesig persoon
wat jy was nie, hulle sal jou haat daarvoor


