"die kuiergas" deur Alwyn Carstens

  • 0

Die kuiergas

By halte, spoor of aanloopbaan
Die welkomsgroet, die vreugdetraan
Waar verliefdes weer na lange laas
So by mekaar kan staan

Elke kosbaar oomblik snel verby
Soveel om in te haal
En telkens is die vrees maar daar
Is dit die laaste maal?

Koor
Waarom dan totsiens sê
As hello soveel beter klink
Waarom dan weer afskeid neem
As daar nog saamweesure wink

As welkom soveel beter klink
Hoekom dan totsiens sê?
Nes hallo soos ’n lolliepop
Nog in die holte van jou tong lê

By halte, spoor of aanloopbaan
Sien veels te gou die dae gaan
Net die eggo van ek sal verlang
Wat saggies in die lug bly hang

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top