Die krag van ek weet nie

  • 8

Hello,

Onlangs is ek gas gegee hier omdat daar in ‘n skrywe van my die erkenning was dat ek nie weet nie. Wat ek nie geweet het nie, was hoe om die werkloosheid hier en global die hoof te bied nie. Latere bevestiging het aangedui dat die IMF en G20 ook nie weet nie. Dit beteken nie daar is nie idees of spekulasies wat ondersoek kan word nie, maar dit maak ‘n definitiewe stelling onmoontlik soos, doen a, b, c, d en e, en alles sal wel wees.

In die International Herald Tribune van vandag is daar ‘n opstel wat hierdie kwessie aanspreek en is die temas soos volg:

There seems to be a widespread presumption that writing is prescriptive (or proscriptive) rather than simply observational or meditative. Confident authority is an appropriate tone for straight reportage, but it’s become the default of columnists, essayists and bloggers, one that’s so reflexive that some of them seem to forget it’s a pose.
This voice is trained into us early on, back in high school or Comp 101, when we’re taught to make our arguments as succinct and cogent as possible, omitting wishy-washy qualifications like “in my opinion.” You’d think these disclaimers could go without saying; every piece of writing includes the tacit caveat: Or I could be wrong. And yet quite a lot of readers respond to your personal observations with wounded outrage when they fail to reflect their own experience, as if you were proposing your idle speculation as totalitarian law.
This is another reason so many writers feel the need to impersonate someone wise or in possession of some marketable truth: it’s a function of insecurity, of fear. If we don’t assume some sort of expertise, why, exactly, should anyone bother reading us? The one thing no editorialist or commentator in any media is ever supposed to say is I don’t know: that they’re too ignorant about the science of climate change to have an informed opinion; that they frankly have no idea what to do about gun violence in this country; or that they’ve just never quite understood the Israeli-Palestinian conflict and in all honesty they’re sick of hearing about it. To admit to ignorance, uncertainty or ambivalence is to cede your place on the masthead, your slot on the program, and allow all the coveted eyeballs to turn instead to the next hack who’s more than happy to sell them all the answers.
Thucydides says: “Ignorance is bold, knowledge reserved.” The more someone knows about any given subject, the likelier he is to include a lot of boring, hard-to-follow caveats, complicating factors and exceptions in discussing it. Which is why, for example, climatologists, who have actually studied the data and know how to interpret it, tend to carefully hedge their claims, declining to assert any direct causality or make predictions, whereas professional obfuscators will confidently assure you that global warming is a lot of alarmist hooey. Affected certainty has more than rhetorical consequences. Opponents of the Iraq invasion couldn’t claim for a fact that Saddam Hussein didn’t have weapons of mass destruction, at least not with the same absolute certainty that its proponents knew that he did.
Sarah Bakewell’s literary biography “How to Live.” Ms. Bakewell singles out the end of one passage in which Montaigne suggests that being self-aware of your own silliness and vanity at least puts you one up on those who aren’t, then shrugs, “But I don’t know.” It’s that implicit I don’t know at the heart of Montaigne’s essays — his frankness about being a foolish, flawed and biased human being — that she thinks has endeared him to centuries of readers and exasperated more plodding, systematic philosophers.

Daarom dan, ek weet nie, maar ek het ‘n paar idees, kom laat ons dit toets.

Baie dankie

Wouter

  • 8

Kommentaar

  • Hoe kan iemand jou kwalik neem as jy nie weet nie; wie weet alles?  Selfs George Claassen, wat so hand om die blaas met 'die wetenskap' is, weet nie hoe Mariette Theunissen dit regkry om boodskappe van die anderkant te ontvang nie.

  • Beste Wouter,

     Ek verwissel maar net 'n gedagte met betrekking tot jou laaste sin hieronder en nie met die doel om jou te beveg nie. 

    Jy skryf: "Wat ek nie geweet het nie, was hoe om die werkloosheid hier en global die hoof te bied nie. Latere bevestiging het aangedui dat die IMF en G20 ook nie weet nie."

    Ek is bly jy het die woord "aangedui" gebruik, want dit sê vir my dat dit 'n vertolking is, en nie noodwendig as feitlik aanvaar is nie. Die IMF asook die Wêreld Bank het gesonde antwoorde, maar hulle is beperk tot advies toediening,  en nie tot strategie opstelling en implementering daarvan vir enige land nie, en hoegenaamd nie aan hulle voorskritelik nie.  Hulle magte berus deur enige finansiële hulp toediening te ontsê, indien aan hulle risiko-bestuur en risiko-beheer vereistes nie aan voldoen word nie.  Sodoende kan hulle 'n land in 'n gegewe rigting indruk tot sodanige land se uiteindelike herstel.

    Als voorbeeld.  Griekeland is in die sop finansieel.  Die Grieke het dit te lekker gekry met al die subsidies en staatshulp ontvang soos die staat gul geleende geld gespandeer het.  Werkloosheid was op sy minimum.   Toe bars die balon.  Die geld het opgedroog en  lenings was daar nie meer bekombaar nie.  Besighede begin vou met die daaropvolgende werkloosheid.  Die IMF, Wêreldbank en Europese Unie vereis "austerity measures".  Die regering het bereidwilligheid verklaar,  die kiesers skreeu NEE!  Griekeland dreig om uit die EU te onttrek, die EU dreig om Griekeland uit te skop!  In daardie opsig kan dit lyk asof die IMF, Wêreld Bank en die EU nie antwoorde het nie.  

    Die gesonde antwoorde is  wel daar.  Die betrokke land moet net eenvoudig bereid wees om sy sokkies op te trek en te aanvaar dat om weer uiteindelik solvent te kan word, dit 'n swaar tyd en harde werk eers sal moet voorafgaan.  In 'n demokrasie is dit gewoonlik moeilik implimenteerbaar, want die kiesers verwag wonderwerke, en skop eenvoudig enige regering uit wat "austerity measures" wil  implementeer.

    Mbt die G20 lande.  Hulle is ekonomies onafhanklike lande, en elkeen volg 'n afsonderlike ekonomiese beleid toepaslik vir die betrokke land, party meer suksesvol as die ander.   Die G20 se bestaansreg is hoofsaaklik om onderlinge handeldryf te reguleer en te beskerm.

    'n Paar jaar gelede het ons Manuel die banke ingekort wat 100% huislenings gegee het.  Die koper moes 'n "stake" in sy eiendom hê, anders was die banke kwesbaar indien daar grootskaalse huise deur die banke teruggeneem word.  Goeie raad en net betyds.  In die VSA 'n paar jaar later het die land begin glip na 'n ressessie juis as gevolg van onbeheerde leningsbeleid van hulle banke.  Amper te laat het die VSA 'n soortgelyke leningsbeleid ingestel.

    Ons ekonomie is besig om te struikel as gevolg van twee faktore.  'n Rasgedrewe (ideologiese) ekonomie, en die onbeteulde mag van die Vakunies.  Die wet van verminderde opbrengs (law of diminishing returns) is besig om sy tol in hierdie land te eis.  (Oor die eerste 3 maande 100000 werk verloor). Die vervanging van vaardigheid met onervaring in alle marksektore, asook die onrealistiese prys van power-produktiewe arbeid, in vergeleke met ons mededingers in  die globale "village".

     In Zimbabwe het die wet van negatiewe opbrengs (law of negative returns) al 'n hele klompie jare gelede ingetree.  Ek lees hierdie week hulle koop nou 65% van hulle kruideniersware van SA.  Sodra hulle nie meer kan koop nie, sal aan hulle gegee moet word om te oorleef.  Weereens 'n voorbeeld van  'n gesonde uitvoer ekonomie na 'n bankrot invoer ekonomie as gevolg van ideologie. (A loose; loose situation).

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Baie dankie vir die antwoord, hierdie is 'n antwoord waarmee ek in ooreenstemming is tot 'n groot mate aangesien dit soveel van die kwessies rondom die vraag van werkskepping ook nou aanspreek. 
     
    Die IMF moet dit uitgewys word het aan Osborne aangedui dat Brittanje se ' austerity' beleid heroorweeg moet word en die roete van stimulering oorweeg moet word. Dit is heel tereg soos jy opmerk die land se voorreg om so te doen maar het die IMF 'n sterker rol in daardie lande waar die geld deur die IMF voorgeskiet word om sekere beleidrigtings te formuleer, alhoewel hierdie grootliks deur Duitsland en die res van die EU bestuur word op hierdie stadium, die einste lande waarvan baie ook deel is van die G20. 
     
    Indien jou bitter pil van dat 'n land gewoon net sy sokkies moet optrek en vasbyt dan is daar sonder enige twyfel swarigheid in daardie lande en die kiesers soos jy heel tereg opmerk kom in opstand teen dit en is dit hoekom 'n regse party 'n beduidende impak om die stembus daar gehad het en Grillo die nar in Italië maar is daar uiteindelik 'n meer besadige persoon aan die hoof van die kabinet. 
     
    Nog steeds los dit nie die probleme op aangesien Monti meer gefokus was op 'austerity' en die kiesers duidelik teen dit gestem het soos gesien kan word, 
     
    Ook is jou ontleding dat Suid-Afrika die bankkrisis vrygespring het korrek en is die land wat dit betref baie smart gespaar in teenstelling met dit wat in die VSA en Europa gebeur het, maar ons het egter ook nie die 'eiendoms borrel' vrygespring nie en is baie welvaart in die proses prysgegee wat aanvraag na produkte en dienste afwaarts gedruk het. 
     
    Tesame daarmee is daar nog steeds 'n probleem met skuld in Suid-Afrika indien ek RSG se sakenuus reg volg en bly hierdie die ekonomie en groei vooruitsigte negatief beïnvloed. 
     
    Ten opsigte van jou advies dat die lande hul spreekwoordelik 'spinasie' moet eet is dit juis die debat en die aspek waaroor daar nie ooreensteming is nie, 'ekonomiese soberheid' versus 'stimulasie'. 
     
    In hierdie aspek is ek met Paul Krugman, Nobel-pryswenner en ekonoom wat vir 'stimulasie' pleit, maar weet ook dat daardie skuld van die regering moet terug betaal word. 
     
    Dit is baie moelik vir my om gemaklik te wees met 'n beleid wat baie mense sal laat 'krepeer' en is daarom lugtig vir 'ekonomiese soberheid', so goed soos daardie term ook al mag klink. 
     
    Daarom dan weet ek ook nie regtig wat die korrekte oplossing sou wees nie en hoe diep en lank die periode van stagnasie kan wees nie. 
     
    Japan as 'n voorbeeld is nou al meer as 20 jaar in 'n tydperk van stagnasie, projekteer dit op globale skaal en die omvang van die pyn is duidelik enorm. 
     
    Wat Zimbabwe betref, dit was 'n selfgemaakte mislukking en 'n bewys van hoe swak besluitneming 'n land tot niet kan laat gaan. 
     
    In vorige skrywes het ek al my ondersteuning vir jou standpunt dat die unies 'n probleem is uitgewys en beaam jou argument. Die punt is nou bereik waar stakings die eerste stap in 'n dispuut is in plaas van die gewone proses van onderhandelinge en dan 'n dispuut verklaar. 
     
    Hierdie ry die land bloots en laat ons swaar trek en moet dit die hoof gebied word. 
     
    Geen kommentaar van my kant af oor die ideologiese ekonomie waarna jy verwys nie. Dit was 'n vorige ideologie wat die ekonomie so ongelyk gemaak het en ten spyte van Henn se power somme vaar die wittes nog steeds die beste in die land met 'n mediaan inkomste van R360000 versus 'n mediaan inkomste van R60000 vir swartes. 
     
    Francois se brief oor die sterk swart middelklas was vir my 'n riem onder die hart. 
     
    Einde ten laaste begin meer en meer inwoners die vrugte te pluk, maar soos altyd is die probleem van ongelykheid en armoede daar en dit kan nie staan nie. 
     
    Dit moet met alles beveg word en hoop ek die regering hou kop. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Hello Jaco, 

     
    In verlede week se Economist en alhoewel dit 'n kleinigheid is dit is nie die Financial Mail wat ek lees nie maar die Financial Times en beskou ek dit 'n veel beter publikasie te wees al het die Financial Mail 'n rol in BDFM wat beide die Business Day en Financial Mail uitgee.
     
    Uit die Economist van verlede week plaas ek vir jou aandag die volledige artikel wat die vraagstukke rondom 'austerity' aanspreek. 
     
    Laat asseblief weet of dit te veel is en jy voel asof jy oor die kop geslaan word. 
     
    Dit is maar net die nerd in my wat nie 'n einde ken nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
    After austerity, what? 
    The backlash against Europe’s austerity is intensifying 
    By Charlemagne
     
    LIKE France’s François Hollande a year ago, Italy’s Enrico Letta rushed to Berlin immediately after taking power, and with a similar message: Italy would respect fiscal discipline, but Europe must do more to promote growth. “If Europe stands only for negative news, for austerity, then we’ll see more of these movements against Europe,” he told Angela Merkel.   
     
    Italy’s new prime minister did not explain how he would pay for expensive promises to cut taxes and expand welfare. Nor did he spell out exactly what he wanted Europe to do. 
     
    What is clear is that the backlash against austerity has become intense: even Ireland’s president, Michael Higgins, has joined in. 
     
    The big danger is that, in the clamour for relief from self-destructive policies, countries will give up on the painful structural reforms they need.   
     
    For all the hopeful signs of “rebalancing” within the euro zone, the economies of southern Europe are still shrinking. Europe’s single market belies its name when smaller firms in southern Europe must pay far higher interest for loans than German competitors, if they can get credit at all (see article). Forecasts by the European Commission, due this week, will be gloomy. 
     
    On the eve of Labour Day, Eurostat reported that unemployment in the euro zone had risen to 12.1%. In Greece and Spain, three out of five people under 25 are now jobless.   
     
    Austerity has also suffered a double academic blow. IMF economists admitted that the recessionary impact of austerity was more severe than they thought. 
     
    Then economists at the University of Massachusetts, Amherst, found mistakes and questioned the data and assumptions in a piece of research by Kenneth Rogoff and Carmen Reinhart suggesting that a country’s growth slows down markedly once its public debt rises above 90% of GDP. 
     
    osé Manuel Barroso, president of the European Commission, made a half-admission of defeat when he said austerity was reaching its limits. 
     
    “A policy, to be successful, not only has to be properly designed; it has to have the minimum of political and social support.” 
     
    Or as Mr Letta put it more pithily to the Italian parliament, “budget consolidation alone will kill Italy.”   
     
    What might replace the current policy is less clear. 
     
    The obvious trade-off is to go more slowly on deficit-cutting and faster on structural reforms, especially when political capital is limited. 
     
    The IMF pushed for such a mix from the outset. It would be especially sensible for such countries as Italy and Portugal, which stopped growing long before the euro crisis: in effect, they are suffering the bust without ever having enjoyed the boom.   
     
    Yet austerity is not about to end. 
     
    For countries in bail-out programmes, less of it means asking creditors for bigger loans (or a debt write-off). And nobody seriously suggests fiscal stimulus: the only question is how far deficit-cutting should be slowed. 
     
    The commission (with Germany’s nod) has become readier to allow countries to delay meeting fiscal targets in the face of recession. 
     
    The Netherlands should get another year, Spain another two. Even Mr Letta says he still wants to bring Italy’s deficit below 3% of GDP this year. 
     
    That would release Italy from the EU’s “excessive deficit procedure” and, to an extent, from German tutelage.   France will be a test-case. It is likely to get another year to meet its target, in exchange for a promise of more structural reforms. In June EU leaders will discuss the idea of countries signing binding “contracts” for reform, perhaps backed by the offer of more money. Yet shifting the focus may be harder than it looks. 
     
    “Structural reform” is a broad term. Each country needs a different mix. Enacting legislation is not the same as implementing it. Reforms tend to increase short-term pain, while the benefits do not come through immediately.   
     
     The OECD, a rich-world think-tank, argues that troubled euro-zone countries have made the most progress in enacting reform. 
     
    Even so, several have a lot more to do to make labour and product markets more flexible, to boost productivity and to create efficient public administration. Structural reforms are hard to measure. 
     
    But one fact is telling: unit-labour costs in southern Europe are falling, yet even in the region’s worst post-war slump inflation has mostly been higher than in Germany. 
     
    This amounts to a double assault on citizens: 
     
    they have not only lost jobs and benefits, but are seeing higher prices.   
     
     Governments have found it easier to cut deficits than take on obstreperous unions and vested business interests. 
     
    Take Greece: it has cut deficits more than anyone else, but only this week, in the sixth year of recession, did it pass a law to allow incompetent civil servants to be fired more easily.
     
    Or look at Italy: its technocratic prime minister, Mario Monti, forced through more austerity, but his plan to simplify the sacking of workers was watered down. 
     
    One underlying problem is dysfunctional politics: countries that got into trouble because they could not reform in the good times are still struggling in bad ones.   
     
    Keynes’s dictum that the time for austerity is during a boom, not a bust, also applies to structural reform. 
     
    But crisis is often needed to force change. The case for relaxing austerity should not hide the need for big reform. And reform should not be limited to the euro-zone periphery. Germany can do more, even without a spending spree. 
     
    Just liberalising Sunday shopping could boost domestic demand. Across Europe, deepening the single market, particularly in services, would help kindle growth.   
     
    Fixing the euro zone’s banks so they can resume lending also requires Germany to stop blocking the creation of a full banking union. And this means being ready to share the risks of other countries’ banks. Without this, 
     
    Germany faces an even bigger risk: that the euro zone collapses because political resentment pulls it apart. 
     
    Rules alone will kill Europe.
  • Beste Wouter,

    Jou respons  9 Mei het betrekking

    Mooi (en diplomaties) uiteengesit.  Ek het dit geniet.  Wil net uitbrei oor wat jy soos volg gesê het: 

     “Ten opsigte van jou advies dat die lande hul spreekwoordelik 'spinasie' moet eet is dit juis die debat en die aspek waaroor daar nie ooreensteming is nie, 'ekonomiese soberheid' versus 'stimulasie'.  
     In hierdie aspek is ek met Paul Krugman, Nobel-pryswenner en ekonoom wat vir 'stimulasie' pleit, maar weet ook dat daardie skuld van die regering moet terug betaal word. (sal graag wil lees in watter konteks hy ‘stimulasie’ bepleit en vir watter  land, want ‘stimulasie’ kos staatsgeld en is in baie gevalle nie haalbaar nie, met die beste motiewe in die wereld).   Dit is baie moelik vir my om gemaklik te wees met 'n beleid wat baie mense sal laat 'krepeer' en is daarom lugtig vir 'ekonomiese soberheid', so goed soos daardie term ook al mag klink”. 

    Jy plaas ons twee in ‘n swart/wit; valk en duif situasie, ek vir  besuinigings (austerity) maatreëls wat mense laat kripeer, en jy ‘n voorstander van ekonomiese stimulasie wat hoop laat geskied!!

    My siening (asook ekonome s’n oor die algemeen) is dat beide besuiniging en stimulasie van ‘n ekonomie belangrik is, afhangende die gunstigheid van die ekonomiese klimaat vir ‘n betrokke land.  Ierland kan doen met ‘stimulasie’ want sy geval is nie so erg soos Griekeland waar hulle tot « junk » staat verklaar is en ‘n risiko geword het om die hele Europa in die afgrond te sleep.

    Daar is ook grade van besuiniging wat nie tot krepering lei nie, deurdat net in sekere sektore van die ekonomie besuinig word, met gepaardgaand stimulasie in ekonomiese sektore wat die ekonomie sal laat groei. Maw geld word rondgeskuif  van sektore wat verliese toon na sektore wat groei kan stimuleer.

    Afhangende die vorige ekonomiese beleid gevolg, kan besuiniging ‘n doelbewuste staatsbesluit wees om die ekonomie weer op dreef te kry, maar indien regstelling van die ekonomie nie betyds plaasvind nie, en lenings is nie meer bekombaar nie, is krepering ‘n gegewe (Zimbabwe ‘n tipiese voorbeeld.  Sal nooit weer kan regkom nie sonder buitelandse gratis vrygewige finansiële inspuiting nie).

    Lees die volle artikel wat te lank is vir hierdie forum waarvan ek uittreksels gekwoteer het, soos volg aangegee:

    Jaco Fourie

    Backgrounder

    The Eurozone in Crisis "There was shockingly weak due diligence in assessing the suitability for entry into the euro, and equally weak application of the few rules that were supposed to police its operation," explains hedge fund manager Jason Manolopoulos in his 2011 book Greece's Odious Debt.  

    Following Maastricht, leaders of European countries with weaker economies tended to defer tougher budgetary measures because of domestic challenges. "The political price for those moves [mandated by Maastricht] was too high for countries like Italy, Spain, and eventually Greece, and they entered the euro without that deep restructuring," writes John Cabot University's Pavoncello. The effects were not immediately felt: The periphery states thrived in the first years of the euro, propelled by large infusions of liquidity and unprecedented access to credit from other eurozone states. At the same time, the "productive capacity" of the periphery was limited by rigid labor markets and a reduction of economic competitiveness.

    The underlying structural issues in the eurozone periphery became increasingly visible following the global financial meltdown of 2007-2008. Liquidity quickly dried up and several states were left with unsustainable deficits and public debts greater than their GDP. By 2010, a sovereign debt crisis--most pronounced in Greece--was spreading throughout the periphery and imperiling the future of the eurozone. Between spring 2010 and spring 2011, the EU and the IMF acted to bail out Greece, Ireland, and Portugal.  

    Greece's debt crisis came to a head because of its massive spending and consumption, coupled with increased wages and government benefits, in the years following its adoption of the euro. In November 2009, it was revealed that Greece had manipulated its balance sheets prior to the global financial crisis to hide its debt. As a spring 2011 report by George Mason University's School of Public Policy (PDF) summed up: "The roots of Greece's fiscal calamity lie in prolonged deficit spending, economic mismanagement, government misreporting, and tax evasion."  

    The new plan requires Greece to cut its debt-to-GDP ratio to 124 percent by 2020, rather than 120 percent, while committing to bring its debt levels "substantially below" 110 percent by 2022.

  • Beste Wouter,

    My response vir die volgende paar weke vorentoe gaan meer seldsaam geskied, weens my sondes (te veel vakansies vroeg in die jaar) wat my ingehaal het, en ek het nodig om doelwitte wat my werkgewer my die begin van die jaar gestel het om in te haal, anderste kry ek die trekpas.

    Eerstens.  Ek is saam  met jou verheug om te sien dat jou bloedsel-tellings na wense is.  Ek het ‘n vriend (73jr) wat na 18jaar se behandeling nog na iemand in sy 50s lyk. Met vandag se behandeling is die gevaar nie meer so erg soos in die verlede nie.

    Tweedens.  ‘n Paar vriendelike meningsverskille mbt wat jy hierbo geskryf het, nl: “(a) Dit was 'n vorige ideologie (apartheid) wat die ekonomie so ongelyk gemaak ………(b)  vaar die wittes nog steeds die beste in die land met 'n mediaan inkomste van R360000 versus 'n mediaan inkomste van R60000 vir swartes”.

      (a)   Sedert 1652 was die ekonomie tussen blank en ander rasse hier in SA nooit ooit gelyk nie. Blankes het deurgans die bopunt van die lewe geniet ten koste van die ander rasse. Die sondes van apartheid was dat aparte gelykheid belowe was, maar nie gerealiseer kon word nie, maar mbt die ekonomie, soos met die vorige blanke geslagte, nie bereid was om die rykdom van die land met die ander rasse te deel nie. Apartheid se grootste ekonomiese eeuwel was werksresevering tot uitsluitlike voordeel vir blankes alleenlik.  

    (b)  Om gemiddelde van oorgrote getalle met klein getalle te vergelyk is om appels met  pere te vergelyk.  Veronderstel daar is nul werkloosheid onder 4mil blankes, en die 40mil  anderskleuriges het 25% werkloosheid.  Bv. Almal, ongeag ras, wat werk het verdien dieselfde jaarlikse inkomste van se R100000.  In die geval van die 4mil blankes sal die gemiddeld R100000 wees en die gemiddeld onder die 40mil anderskleuriges sal R75000 wees.  

    Anders gesien, op ‘n klein getal sal die Oppenheimers en Ruperts, ens onder die klein getal blankes die gemiddeld aansienlik opstoot, in vergeleke met die impak op groot getalle soos die inkomstes van swart rykes deur die Sekwales, ens.   

    Wees eerlik.  Hoeveel blankes ken jy wat R30000/maand of meer verdien, tensy jy in een van die rykmansbuurte woon?  Die regstellende aksie van die regering affekteer geensins die blanke rykes nie.  Hierdie mense (‘n klein persentasie onder blankes) besit meerendeels die private kapitaal wat werk in die land verskaf. Dit affekteer ook nie diegene wat dit regverdig weens geleerdheid en vaardigheid nie, want hulle emigreer eenvoudig na lande wat hulle vir hulle waarde sal betaal.  Die blankes wie se sosiale/ekonomiese status nie veel beter of slegter af is as die van anderskleuriges nie, dit is hulle wat die gevolge van rasse-diskrimineerende optredes van die regering voel.  Dus is daar vandag omgekeerde gewettigde ongelykheid, wat ewe veroordeeld behoort te wees.  

    Onlangs in die Moot-koerantjie van Pretoria, word verslag gegee tot watter absurde lengtes die ANC optree.  Daar is ‘n kinderhuis waarnatoe die howe kinders stuur wat van hulle ouers weggeneem word weens mishandeling, sekuele wandade, en die kriminele element onder kinders.  Die howe stuur die kinders na sodanige sorgeenhede so naby aan die ouers se woning as moontlik.  Die kinderhuis kies dus nie die kinders wat ingeneem word nie maar wel die howe. Waverley en die omliggende voorstede waarin hierdie sorgeenheid val, is oorwegende blank.  Die staat het onlangs vir borge van hierdie kinderhuis se vryskelding vir belasting aftrekking van hul donasies teruggetrek,  omrede die plek 70% blank en net 30% anderskleurig is, ten gevolg dat hulle nou met amper geen borge meer sit nie, tot nadeel van beide blank en anderskleurige kinders in die kinderhuis.

    Die enigste aanvaarbare maatstaf wat toegepas behoort te word is meriete gedrewe, nie die persoon se sosiale status, ras, godsdiens, ens nie.

    Ek weet nie hoe gereeld jy onder die jeug sosialiseer nie.  Ek woon gereeld skoolfunksies; intersport- geleenthede; jeugklubs hier in die Vaaldriehoek by. Ek het geen keuses nie.  My ouboet se kinders (my en Wim se peetkinders) en die se vriende sleep my en Wim saam.   Wat my opval is die toenemende rasse-weersin onder blanke kinders, meerso as toe ek jonk was.  In gemengde geselskap behou hulle die sosiale korrektheid wat verwag word by sodanige geleentheid, selfs vriendelik met die ander rasse verkeer tot so ‘n mate jy sal dink die kind is geïntegreer, maar sodra anderkleuriges nie in die geselskap meer teenwoordig is nie, kom die ware kleure na vore.

    Blankes het onder hierdie bedeling geleer hoe om in die openbaar polities korrek op te tree, maar in geslote geselskap, openbaar hulle hul weersin vir anderskleuriges ondubbelsinnig.

    Pleks van een nasie is daar twee soos Mbeke tereg gesê het.  Maar die skuld lê by die ANC-regering, met sy diskrimineerende rassehouding teenoor blankes.  Daar kan selfs gepraat word van  twee ekonomieë. Een sosialisties, die ander kapitalisties, elkeen deur ras gekenmerk.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Verskoning vir my laat reaksie - my internet by die huis was af vanaf Saterdag en het eers vandag weer aangekom. Ek hoop daarom jy kry hierdie antwoord voor jy te besig raak. 
     
    Om te begin ek ken nie baie mense wat meer as R30000 pm verdien onder wittes nie. Maar onthou ook daar is 'n verskil tussen mediaan en gemiddeld. 
     
    Daar was in die week 'n artikel in Beeld wat van 'n gemiddelde inkomste van R15000 praat en ongeveer R10000 wat 'n netto inkomste is. 
     
    Daardie syfer van R360000 was vir my ook vreemd en het ek 'n vriend van my gevra, 'n ekonoom om data tot sy beskikking vir my te stuur. Die het ek nog nie gekry nie en kon ook nie 'n verslag spoor in die publieke domein wat hierdie kwessies aanspreek nie. 
     
    Die jeug is beperk tot my broers se kinders, wisselend tussen 13 & 17 daar is onder die vier kinders die mengsel van rasseweerstand en maats van 'n ander kleur ook, hierdie is maar 'n spanning van die invloede wat heers tussen ouers en die jonges se maats. 
     
    Hierdie veroorsaak soms konflik wanneer ek pleit en skimp vir 'n kleurlose oordeel in die onderskeie huishoudings.
     
    Oor die besuining versus stimulasie - hierdie is 'n kookwater debat en aanvaar ek jou argumente daaroor en sal nie daaraan karring verder nie, behalwe om uit te lig dat hierdie debat op globale skaal is sonder einde en het beide Foreign Affairs & New York Review of Books artikels wat die argumente teen dit uiteensit. 
     
    Jou verslag oor die artikel wat verskyn het in die 'Moot' van Pretoria, dit is jammer dat dit so is en lees ek te min sulke verhale, weens 'n gebrek aan blootstelling maar hoop om oor tyd op hoogte te kom met dit. 
     
    Daardie verhale van diskriminasie stem my ook onrustig. 
     
    Dankie vir die wense oor die resultate. 
     
    Tot later dan. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top