
Bogenoemde foto uit Rusland ...
Hello,
Hierdie was werklik 'n week soos min wat die nerd in my betref. Die Amerikaanse Hooggeregshof het uiteindelik diskriminasie op Federale vlak ongrondwetlik verklaar en is in teenstelling met die beslissing wat Kobus hier gelewer het as alreeds gelewer twee weke gelede en is in werklikheid eers vandag bekend gemaak. Op Federale vlak mag daar nie teen gay huwelike meer diskrimineer word nie. Net soos dit toegestem het dat huwelike in California geldig is en mag voortgaan.
In 'n aparte beslissing het dit regstellende aksie 'n tydelike ondersteuning gebied maar berus die onus op die Universiteite om te bewys hoekom daar van ras in toelatings gebruik gemaak word en moet daar gepoog word om met ras neutrale maniere diversiteit te bewerkstellig. Hierdie is voorlopige ontledings van my kant af en sal ek eers die naweek in detail al die media kan verwerk.
Maar vir nou die gronde waarop die Amerikaanse Hooggeregshof diskriminasie teen gay huwelike as ongrondwetlik verklaar het:
Justice Kennedy rooted his argument in equal protection and not just federalism. It was obvious in the first few words of Justice Kennedy’s opinion, which began with Edie Windsor and Thea Spyer’s story. “When at first,” he began, “Windsor and Spyer longed to marry, neither New York nor any other State granted them that right.”
Justice Kennedy struck down the hateful Section 3 of Defense of Marriage Act as a matter of simple justice.“DOMA seeks to injure the very class New York seeks to protect”.
“By doing so it violates basic due process and equal protection principles applicable to the Federal Government.”
Kennedy’s story of love and longing, intentional injury, and constitutional rescue in Windsor is in a direct line with his critical opinion in the first substantive gay court victory in 1996, Romer v. Evans. There, in a wrenchingly moving opinion by Kennedy, the Court threw out Colorado’s popularly enacted constitutional amendment forbidding all Colorado officials from protecting gay rights. Reminding the readers of the terrible legacy of racial segregation from Plessy v. Ferguson, Kennedy intoned, “it is not in our constitutional tradition to enact laws of this sort.” The same damning rhetoric characterizes the opinion in Windsor. After Romer, as the dissenters predicted, it was just a matter of time before the Court would decriminalize homosexual sodomy (as it did in Lawrence v. Texas), and, now, take the first big step toward protecting same sex marriage. Recognizing the emotional valence of gay “longing” is crucial to this progress. Kennedy also incidentally signaled that he did not for a minute buy the only remaining defense of the anti-gay activists:
that marriage is different from any other human condition, dictated by the law of nature or the bible. Instead, the law of the land is now that marriage is a social institution, selected by the state according to its competing feelings about longing and tradition. Neutral sounding language like “The limitation of lawful marriage to heterosexual couples, which for centuries had been deemed both necessary and fundamental, came to be seen in New York and certain other States as an unjust exclusion” masks the Court’s entry into that debate, solidly on the side of the gay-rights movement. And it wasn’t just any old benefit: “Here the State’s decision to give this class of persons the right to marry conferred upon them a dignity and status of immense import.”
Die kern uit bogenoemde en aanvaar glad nie meer dat:
marriage is different from any other human condition, dictated by the law of nature or the bible. Instead, the law of the land is now that marriage is a social institution ...
Soos elders aangedui deur myself, sonde is nie 'n bousteen vir wetgewing nie, behalwe vir in 'n teokrasie.
Daardie vreugde kan gesien word in hierdie fotoreeks van die Washington Post.
Ek weet ek leef in die werklikheid en dat kontradiksies die norm is. Vergelyk bogenoemde vreugdevolle oomblikke met die absolute homofobie wat in Rusland afspeel en die fotoreeks wat ek ook al eerder wou geplaas het.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Dag Wouter,
die Godloses en die gelowiges sal tot die einde die ding anders sien. Hulle is totaal anderse wesens. Wat die Godlose sien as 'n "victory" is in werklikheid maar net nog 'n stuk wat hy afgly teen 'n gladde skuinste na sy eie vernietiging toe.
Die ander ding is daai word homofobie. Dis 'n enorme mistasting Wouter, die toepaslike word is homonausia.
Duitswester
Wouter,
Jy moet tog nie so ooglopend desperaat wees nie.
Uit dit wat jy self aanhaal, is dit hoofsaaklik net artikel 3 van die DOMA wat deur die hof uitgeskakel is, wat handel met diskriminerende finansiële reëlings. Dit is nie die hele DOMA nie en elke federale staat kan besluit hoe dit daar moet wees ten aansien van homoseksuele 'huwelike'. 37 state verbied dit op sterkte van hul oorwegend Christelike beginsels. Die afskaffing van die finansiële reëling in DOMA het dus met die beginsel niks te make nie.
Dit is die realiteit.
Jou brief hierbo wys dat jy werklik in 'n droomwêreld van jou eie leef en op jou manier, dra jy by tot die onaanvaarbare dwingelandy deur dinge in mense se kele in te forseer wat jy fabriseer om jou persoonlike oortuiging te pas. - dan lamenteer jy oor dit wat in Rusland en elders met homoseksuele gebeur?
Ek stem glad nie saam met die aanranding van homoseksuele aktiviste nie omdat my Christelike beginsels my 'n weersin in sulke aggressiewe optrede gee, maar nie alle mense is van dieselfde oortuiging nie. Dit is hierdie aanstootlike opdringerigheid van sommige aktiviste wat veroorsaak dat homoseksuele te veel aandag van die verkeerde soort trek, soos byvoorbeeld in Rusland. Dit is hoe die oorgrote meerderheid mense wêreldwyd werklik oor homoseksualisme voel, dog dit nie op so 'n manier demonstreer nie. Mense het oor die algemeen 'n natuurlike weersin daarin - omdat dit sonde is.
Dit is die werklikheid.
Jy self kwoteer elders statistieke wat vermeld dat daar in Suid-Afrika omtrent 61% of selfs meer mense is wat heeltemal onverdraagsaam is teenoor homoseksuele - en tog is daar bitter weinig gevalle van sulke gruwelike aanvalle op die aktiviste hier ter plaatse - en dit terwyl daar is ooraktiewe en uitgesproke aktivisme hier is. Jy sal dalk wonder hoekom, veral omdat dit 'n Afrika-land is boonop - maar dit is omdat daar oorwegend Christene is hier. Daarom haal die mense hul weersin nie op die homoseksuele uit nie, maar handhaaf in die hoofsaak 'n parallelle naasbestaan in verdraagsaamheid en vrede. Hierdie situasie misbruik sommige van julle om julle dinge in mense se keelgat in te forseer. Ek dink dit is uiters onwys en kortsigtig.
Jy moet letterlik die HERE dank dat daar soveel Christene hier is, ten spyte van die statistieke, anders sou dinge baie anders hier verloop het vir julle...
Kobus de Klerk
Wouter
Dankie vir bogenoemde inligting en foto's. Dit is baie insiggewend. Wat opvallend is is die groot aantal straight mense wat bereid is om hulle ondersteuning vir die gay saak te gee, oa. Obama, 'n man vir wie ek die hoogste agting jeen, oa. Met sy besoek aan Senegal, het hy Afrikaleiers gemaan om die realiteit van gays in hulle midde te aanvaar, en vir hulle regte in wetgewing voorsiening te maak.
Mbt. Rusland. Ek het onlangs gelees (Huffington Post) hoe 'n 23jarige gay jong man op straat deur twee van sy eie vriende doodgeslaan is toe hy die fout gemaak het om aan hulle te bieg hy is gay. Nadat hy dood was was hy erg vermink, 'n bierbottel tot diep in sy anus opgestoot, en gekastreer. Die media gevoel daar blyk simpatie eerder met die moordenaars te hê as die prooi.
Toemaar. Dinge is daar ook aan die gebeur, tydsaam miskien, dat gays uiteindelik vry is om als gays te kan lewe. Die gay stoomroller is besig om die een land na die ander plat te rol.
Die enigste vlag wat deur die meeste lande gesien word, is die gayvlag. Selfs die VVO vlag het nie soveel aanvaarding nie, en word alleenlik by hul amptelike punte gesien.
Jaco Fourie
Hello Duitswester,
Hello Kobus,
Hello Jaco,
Hello,
Wouter,
Dalk was jy in die verlede nie 'n aktivis nie, maar dit hoort tot die verlede. Hierdie is 'n openbare forum en jy, nes die ander aktiviste, dwing hier jou eienaardige en sondige seksuele oriëntasie in ander se kele in onder die voorwendsel dat dit 'normaal' is en as sulks aanvaar moet word. Daarom is jy nou 'n aktivis en loop jy self ook die risiko's van diegene waaroor jy lamenteer.
Mense laat julle met rus en betrek julle in ordentlike en waardige tweegesprek oor die kwessie, totdat julle begin marsjeer - dan bars die hel los. Nou, jy kan met jou voete en met jou tong marsjeer ... Duitswester se beskrywing van 'homonausea' is 'n raak beskrywing van 'n natuurlike reaksie by almal wat nie soos julle is nie, die massa meerderheid ... en behoort vir jou te vertel dat die oorsaak van daardie nausea nie iets is waarmee mense in hul voorhuis en binnekamers gekonfronteer wil word nie en ook nie wil sien dat dit op hulle gemeenskap se weerlose kindertjies af gedwing word nie.
Dus, sodra jy dit op die gemeenskap begin inforseer, raak dit 'n saak van gemeenskapsbelang.
Moenie dink dat die feit dat die oorgrote meerderheid mense die nausea wat hulle ervaar oor julle homoseksualisme, bestuur op so 'n manier dat dit nie tot uitbarsting kom nie, neerkom op aanvaarding nie ... dit is 'n gruwelike oordeelsfout.
Die korrektiewe verkragtings ens is net so verkeerd en sondig soos die homoseksualisme wat hulle daarmee probeer besweer en het met die Christelike beginsels niks te make nie, behalwe dat ook dit deur God verbied word en ewe sondig is. Christendom is 'n bevrydende Godsdiens wat die mens stroop van bygelowige en okkultiese en Goddelose kulture (wat aanleiding gee tot sulke brutale gedrag soos korrektiewe verkragtings en homoseksualisme) en die mens in staat stel om te onderskei tussen reg en verkeerd en die besef dat God die HERE, almal liefhet en van hul kruise wil bevry - dus oor elkeen die son van Sy Genade laat skyn as geleentheid vir algar om sy of haar saak met Hom in die reine te stel en in vrede met Hom en mekaar te leef. Die feit dat dit nie gebeur nie, is die nagevolge van mense se optrede weg van God - soos eie ook maar 'n voorbeeld van is.
Daarom kan en wil ek jou nie veroordeel omdat jy 'n homoseksualis is nie, want dit kom God alleen toe, maar ek wys jou op die verkeerdheid en onnatuurlikheid daarvan. Dit is my plig en voorreg.
Jy kan beslis die HERE dank dat jy in 'n land woon waar die beleid nie is om jou te verklaar tot misdadiger omdat jy van homoseksuele oriëntasie is, nie. Hier vier die Christelike beginsels nog hoogty, en daarom die vryheid wat jy wel geniet. Dit is wat God doen - Hy skep vryheid waarin mense waardig tot Sy eer kan lewe. Maar saam met daardie vryheid, kom ook 'n ooreenstemmende verantwoordelikheid teenoor God.
Jy moet mooi probeer verstaan dat jou lewensfilosofie en die bestrawwing daarvan of die vergiffenis daarvan, 'n saak tussen jou en God is - die feit dat jy God verloën en misken, maak dit vir jou uiteindelik soveel erger.
Maar jou optrede as homoseksuele aktivis en jou hantering daarvan, raak my as gelowige direk - eerstens wil ek jou graag op die gevare daarvan wys en jou mooi vra om dit liewer te laat staan en jouself te bekeer - nie ter wille van my nie, maar ter wille van jouself - en dan tweedens, raak dit my omdat jy as aktivis my wil dwing om te maak asof daar niks mee verkeerd is nie, en nog erger, om dit af te dwing op ander mense, lede van my gemeenskap, soos kindertjies, wat hulself nie daarteen kan beskerm nie.
Die enigste diversiteit wat mooi en aanvaarbaar is, is natuurlike diversiteit. Jy sal ook vind dat mense oor die algemeen daardie natuurlike diversiteit geniet en benut, maar enige onnatuurlike diversiteit, is onaanvaarbaar en vir mense afstootlik - soos byvoorbeeld homoseksualisme. Mense is eenvoudig nie so geskape nie en is dit onnatuurlik en gee aanleiding tot nausea vir diegene wat dit moet gadeslaan.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Wouter,
Ek kan sien die gesprek is vir jou onaangenaam en het ek begrip daarvoor. Dit is natuurlik nie die doel nie, maar helaas, dit waarmee jy jou besig hou, is so bitterlik onaangenaam - en omdat julle dit nie vir julself hou nie, het ons ook seggenskap daaroor - maar dit was nog altyd jou keuse om by die gesprek betrokke te raak.
Jy kan ongelukkig nie die kwessie vir julle oplos deur die beweringe te maak wat jy maak nie - en die beskuldigings van wanvoorstellings is maar aan die mens voor jou in die spieël. Jy verstaan kennelik nie die uitsprake of hoe dit in die Amerikaanse howe gedoen word, nie. Daar maak die regters hul onderskeie opinies deurentyd rugbaar gedurende die verhoor en is die uitspraak maar net die finale stempel. Jy verstaan ook nie die implikasies van die uitsprake waarop jy so gewag maak, nie en ek dink dit is eerder maar 'n geval dat jy nie die implikasies durf sien vir wat dit werklik is, nie.
Laastens dan - ons hoef nie ons wil op die samelewing af te dwing nie - ons wil is die norm en dit kom natuurlik vir die 'samelewing' en algar is in harmonie daarmee. Dit is egter anders as julle jul wil aanmatig met dieselfde aanspraak.
As jy jou meer gesteur het aan die gelowiges se 'sedelessies', sou dit met jou baie anders gewees het en ook baie beter gegaan het - veral jou gesondheid inkluis.
Maar in 'n sekere mate is die water nou onder die brug deur vir jou en al wat jy oorhou, is pyn, pille en slimstories. Tog is dit nie nodig om so te wees en veral so te eindig vir jou nie, ten spyte van die water wat onder die brug deur is.
Kobus de Klerk
Kobus
Ek het jul gesprek deurlopend gevolg, en was verfrissend verbaas oor jou besadigde benadering met Wouter vergeleke met jou venynige skryfstyl van die verlede teenoor ander.
Net jammer jy bederf dit nou met onder die belt aanslag in jou laaste twee paragawe.
Jaco Fourie
Ek het groot deernis en empatie met Wouter en sy situasie waarin hy hom bevind, Jaco, maar hy het sy keuses met onvermydelike gevolge gemaak en maak dit ongelukkig steeds en geen deernis neem van die werklikheid daarvan weg, nie. 'Onder die belt' is dit dus nie, maar net openlikheid en reguit werklikheid.
Daarbenewens is Wouter se manier van kommunikeer sodanig dat 'n hoflike gesprek maklik kan vlot. Waarom sou ek hom dan wil kortvat?
Ek meen Wouter is, weens sy vroeëre keuses, in 'n situasie waarin hy nie wil wees nie, maar nie (wil) weet hoe anders, nie. Daaroor kry ek hom baie jammer. As hy bereid sou wees om sy lewe om te keer, sou hy vir vele in soortgelyke situasies 'n inspirasie en bemoediging kon wees. Nou 'verkies' hy om stadig maar seker maar net in die abyss af te gly...
Kobus de Klerk
Hello Menere,
Sjoe! Hierdie gesprek was definitief nie vir sissies nie. Ek het gemengde gevoelens openbaar: eers my vererg vir KdK se reguit skrywe teenoor Wouter (vroulike moederlike emosies), toe naar geword vir Wouter se aanvangskrywe, (oor die sonde) maar tog verbaas gestaan vir Wouter se regop teenskrywe. Hierdie twee manne vat jy nie sommer aan nie. Ek salueer en totsiens.