"Die Koffie Song" deur Elmari Venter

  • 0

Die Koffie Song

Wanneer die koffie swart, dik teerstrate in my longe maak
Sigaretrook daarop diep afsweef en vervelig raak
Wanneer die nag afskuwelik lelik word en slaap vertoef
in 'n ander mens se bord
Wanneer geluide chaoties skree kom angs soos 'n boef
en ek gee mee

Bewende hande wat uitstrek na bande wat my moet verbind
met normaliteit en gewoontes wat patrone vorm
in my verblinde oë
Wat soms kan sien sonder om te kyk

En wanneer ek ingee, gee Liefde steeds om

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top