Dis voor die handliggend dat die ge-aliede groepie se priesterhoof, nie ervare bydraers wat my bemoedig en belangstel as my alter-ego sal beledig nie. Dis so duidelik dat Kobus de Klerk net dié met minder ondervinding sal aanval met sy tipiese lafhartigheid.
Die uitgawes kom en gaan, maar die ou grote het nog nie die moed om sy lasterlikheid te verantwoord nie.
Nou ja Kobus, net vir die wis en onwis herhaal ek my vragies. Vir geruime tyd volg ek jou verdagmakery in ons aanroep tot die HERE. As Jesus Christus die HERE is, is die HERE ook GOD in jou begaafde interpretasie Kobus de Klerk? Beteken GOD ook ons almal se Almagtige Lewende Skepper vir jou? Is ons Hemelse Vader ook GOD? Is Jesus Christus dan ook GOD in jou intellektualisme? Hoekom gun jy my nie my eenvoudige vergelyking; HERE=GOD=Hemelse Vader=Almagtige Lewende Skepper=Jesus Christus ... nie? Hoe kan jy in jou kleinlikheid met ’n Bybel onder die arm verklaar dat Jesus Christus nie ons Hemelse Vader is nie? Hoe kan jy ons Almagtige Lewende Skepper se openbaring in die ganse Skepping tot enige Bybel beperk? Meer nog; hoe kan jy Kobus de Klerk, die GOD van al wat leef en beef in pag hê om so aan ander te kan voorskryf?
Dis naweek. Gebruik die tyd om jouself te bedink Kobus en verras ons Maandag.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Cornelius Henn

