"Die klugspel" deur Pieter Kruger

  • 0

Die klugspel

Uitgeput lê en wag ek en wens dat ek kan slaap
My brein is suf gedink, ja my menswees is gekaap
Die put hier binne my is lankal droog gehuil
Kan ouderdom en tyd ons teen seerkry vrywaar
Die leë woorde en vals beloftes spaar

My gedagtes word soms in die verlede vasgevang
Dan los trane van verlange hartseer spore op my wang
Ek is al so moeg gewonder en so moeg gedink
Terwyl die môrester weereens deur my venster wink
Gee ek voor ek is bly, ja als is nou verby
Maar in my hart skree dit altyd jy

KOOR

Ons woorde aan mekaar om alles te verwerp
Sny dieper as ’n swaard, geen lem was ooit so skerp
Aan die einde van die stry bly niks oor van die mooi
Word haat en nyd soos olie op die vuur gegooi

Sit elke dag die klugspel vir die mense voort
Almal sê gaan net aan, dit is hoe dit hoort
Maar ek wil tog vandag iets aan jou bely
Dat ek jou baie mis, hier diep binne my
Soos ’n skelm sluip die slaap eindelik oor my
En in my droom is dit weer ek en jy

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top