Die kat kom weer
Die scooter in die voorplaas
se wiele is opgejack
die woorde van verlore gisters
is die boardwalk vanaf die hek
Die kat kom glad nie weer
hy het sy trein verpas
die mense uit die ou verlede
se tyd is amper as
Koor
Die herfs van die verhaal
kruip saggies nader
eers was dit lente
nou somer
en binnekort
is die winter hier
die ysige koue einde
van ’n halfgeleesde boek
Wanneer word scooters
woorde en ou verledes
die warm baadjies
wat ons vervang met die hede
Vir hoe lank gaan ons nog wag
vir die verlore kat?
Met sy eie tyd, en pas, en ritme
Wat sy tyd vir vat
Koor
Die herfs van die verhaal
kruip saggies nader
eers was dit lente
nou somer
en binnekort
is die winter hier
die ysige koue einde
van ’n halfgeleesde boek
![]() |



