Deur Google se doodle op sy openingsblad vandag (Saterdag 23 Junie 2012) het ek te wete gekom van die BBC se interessante en verbysterende artikel oor die matematiese genie Alan Turing.
Lees dit.
Dit is verbysterend dat 'n hoogs gesofistikeerde westerse gemeenskap so onlangs soos 1953 op 'n belaglike manier probeer het om 'n begaafde mens soos Turing te kastreer om hom te genees van homoseksualiteit. Hy kon in sy siel vir sy vervolgers lag.
Lees dit, want dit is 'n weerspieëling van hoe die kragte van die donker gepoog het om 'n kragtige ligstraal, bygedra tot hierdie wêreld se vooruitgang deur die briljante en begaafde brein van Alan Turing, te vernietig.
Johan-Paul Schutte


Kommentaar
Die Britte het darem 'n lang pad daarvandaan wegbeweeg. Algemene aanvaarding van homoseksualiteit is 'n gegewe in Britanje.
Jaco Fourie
Algemene aanvaarding van homoseksualiteit in Brittanje (selfs elders) 'n gegewe? Magtig, jy leef in jou eie droomwêreld, Jaco.
Dit word oor die algemeen 'aanvaar' soos mense 'aanvaar' dat daar ander mense is met, byvoorbeeld, kanker. Hulle wil dit nie so hê, nie, maar daar is dit nou... solank dit net op 'n afstand gehou word - en solank dit net nie aansteeklik is, nie. Anders bars die hel los...
As jy jouself geglo het, waarom het jy nog nie daarheen verkas, nie?
Watse snert raak jy kwyt oor die kamstige 'kragte van die donker' wat kwansuis sou gepoog het om 'n 'kragtige ligstraal', te vernietig? Watter teatrale snert!
Vertel vir ons, Johan-Paul, wat op aarde het Turing se homoseksualiteit te make met sy bekwaamheid as wiskundige?! Erger nog, wat op aard het sy testikels daarmee te doen! Op watter manier is die testikels met die wiskundige breinfunksies verbind? Is jy waansinnig?
Magtig, julle kan darem soms uit julle self-geskepte wanhoop die grootste klomp snert kwytraak, en julself dan boonop glo, ook. Jou aanmerkings hier is veel dommer as die spul wat gemeen het kastrasie sal help vir homoseksualiteit.
Jy hoef nie by ander te soek vir die teatrale 'kragte van donker', nie, Johan-Paul, kyk sommer in die spieël, en bid vir jou eie redding.
Kobus de Klerk
Kobus.
Wees eerder begaan ook die skerp dalende Christengetalle in Britanje. Wees eerder begaan oor die krimpende getalle praktiseerende blanke-Christene hier in S.A. Die behoort eintlik vir jou kommerwekkend te wees als die homoseksuele foefie. Eintlik is dit eerder jy wat moet verkas na die Bible-Belt van die VSA. Met betrekking tot S.A. Ek is heel gelukkig in 'n land wat die mees liberale konstitusie ter wereld bevat, 'n land waar die homofobiese meerderheid fokkol wettigs teen my kan vermag, 'n land waar ek die gesiglose gevreet van jou god in die gesig kan aanvat sonder enige vervolging vir godslaster. (Eienaardig dat na al hierdie jare van godslaster, het 'n goddelike-bliksemstraal my nog nie gedood nie). 'n Land waar ek skatryk geword geword, meerso als jou gemiddelde Christene wat veronderstel is om meer as ek deur jou god se beloftes aan sy eie, materiaal geseend te wees. Dis die dat hulle uitgelate maar na 'n vae beter lewe in die hiernamal hoop.
Jy leef alleenlik vir jou dood en 'n vae belofte van 'n hiernamals. Dis jou konstitusionele voorreg. Ek leef vir die hede en maak seker ek geniet elke oomblik daarvan.
Jaco Fourie
Kobus de Klerk,
Lyk my jy voel gegrief. Het ek jou tenagekom?
Johan-Paul Schutte.