Die kaap van 'n taal

  • 0

Daar is nou al deur verskeie hooggeplaastes en prominentes verklaar en erken dat ons Afrikaners die taal by die Bruines gekaap het. Johannes Comestor het Magdaleen Kruger aangehaal waar sy selfs sou gesê het dat ons die taal gaan teruggee.

Hoe kaap mens 'n taal? As ek 'n ou se motor kaap makeer hy 'n motor; hy is van die toekomstige gebruik van sy motor ontneem want ek gebruik hom nou. Ons kon dus godsonmoontlik Afrikaans by die Bruines gekaap het want, sover ek weet, gebruik hulle nog die taal.

Kan dit wees dat hierdie aantyging sy oorsprong het in die feit dat die standaardisering van Afrikaans deur Blankes gedoen is? Ek twyfel, so'n standaardisering is nie 'n spesifieke vak waarvoor daar 'n kursus bestaan en net die wat die kursus geslaag het kan hulle daarmee besig hou nie; dis 'n proses waaraan alle sprekers deel het. Al wat oorbly is dat Bruines spesifiek uitgesluit was maar is so-iets moontlik? Indien wel dan geld dit ook dat hulle met 'n soort van standaardisering besig was en op hulle beurt weer Blankes uitgesluit het (en dit nie ten boek gestel het nie).

Miskien verstaan ek nie wat met 'die kaap van Afrikaans' bedoel word nie. Ek sal bly wees as iemand wat die ding soos Magdaleen-hulle sien die storie bietjie kan toelig.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top