Die Jirre is mos wit

  • 6

Ricardo Arendse

Die Jirre is mos wit

Jirre, is ek
Knieg gebuig
Ek kom met dissipline en respek.
Ek wil net saam jou hie innie kamer hang vir ’n minuut
Miskien sal ek vi'giet
Van a'mal en alles
Van'ie government wat mal is.
Van gedagtegange wat smal is.
En die mense wie bid
En die mense wie skiet
En die mense wie wiet
Dat hulle bymekaar is met nwatas!
Ek wil jou vergewis van allie feite
Van alles wat aangaan ha buite
Innie straat
Loop liefde hand aan hand met'ie kwaad
En die duiwel hou party!
Ons is ripe for the picking soos ’n tamatie
Wat die broker vi'koep van Woensdag tot Sa'rag
Die hele ding laat my aar’ag.
Ma djy sal self moet kon fotcha
Die hele nommer het gechange.
Even Israel is biesag om homself te rearrange.
Want hie' spend o's gel' op nuclear programmes
Economies word gebou op diagrams
Wat ekkie v'staan nie
’n Man wietie mee' wa’ nie
Wa' gaan ek my laaities laat loep
Gie my ’n antwoord
Hulle was tog in jou kerk gedoep
En jy't geseg, jy gaan o'sie foresake'ie
But kyk 'ie
Gentrification maak ’n man mos ‘ie geluk'ie!
Nou word die mense wee' gedump oppie Vlakte
Djy wiet tog daai is ’n kak gedagte
Los'ie mense ha tussen die duine en die sand
Los'ie mense stranded want
Die wallet het mos ’n harde stem
Ek ken
My tannie is afgemat en afgerem
Van'ie lang ure op'ie factory vloer
30 years unbroken service is in sy moer
Ma' ek moet seker check hoe ek bid
Mens praat mos ‘ie so saam ’n baas'ie
Die here is mos wit.

  • 6

Kommentaar

  • Petru J Viljoen

    Daar's blykbaar rede om te dink dat Jesus in elk geval 'n swart man van Afrika was, van die area wat nou Ethiopië genoem word. Ek voel oor die Jirre dieselfde van 'n vrou se oogpunt af: mens beter maar gedwee wees, netnou word mens gestraf omdat mens mens se mond te groot oopmaak. Dis nie dieselfde nie, ek weet, maar tog.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top