Die Israeliete (Jode)

  • 4

Sjalom.

Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot?

Nee, stellig nie!

Soos daar geskrywe staan:

Want ek [Paulus] is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie.

Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê: Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!

Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

Wat dan?

Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard. Soos geskrywe is: God het hulle gegee 'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees 'n vangnet en 'n strik en 'n struikelblok en 'n vergelding. Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.

Ek [Paulus] vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val?

Nee, stellig nie!

Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!

Want aan julle heidene sê ek [Paulus]: Vir sover as ek 'n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!

Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook. En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

Goed!

Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig (spiritueel intelligent) wees nie, maar vrees. Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.

Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.

Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

Want ek [Paulus] wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys ( spiritueel intelligent) mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.

Wat die Evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.

Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik. Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid, so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang. Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.

O, diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!

Hoe ondeurgrondelik is Sy oordele en onnaspeurlik Sy weë!

Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?

Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?

Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen.

Die Heilige Apostel Paulus, se bemoediging aan die Israeliete (Jode) - eerstehands soos gelees in Romeine 11.

Mag God die hele nageslag van Abraham seën!

Mag Jesus Christus onse HaShem, self die Olyfboom in 'n ieder se hart wees wat hier lees.

Namaste!

Cornelius

  • 4

Kommentaar

  • M.a.w.

    Die Joodse posisie in die huidige tydsbedeling is dat hulle net tydelik deur God tersyde geplaas is. (Rom 11:15) om later weer met hulle te handel, en dit nadat Hy vir Hom 'n "volk uit die heidene vir Sy Naam (Hand 15:14) aangeneem het. Ek verstaan dat die Here eers weer met die Jood as 'n volk sal deel nadat Hy Sy program met die Kerk (huidiglik) voltooi het.

    Die Skrif verdeel die ganse mensdom in drie kategoriee: Die Jood, die heiden en die Kerk (1 Kor 10:32) Die Jood en die  heiden is dan van mekaar te onderskei, terwyl die Kerk weer 'n uitlvoeisel en samestelling is van beide Jood en heiden as 'n "nuwe mens" (Ef 2:15)

    Ekself glo dat die "volheid van die heidene", soos hierbo deur Henn genoem, ingegaan is. 

    Trienie

     

  • CorneliusHenn

    Hallo Trienie    

    Ek verstaan wat jy bedoel.
    Ek wonder egter of "tersyde geplaas" die regte boodskap dra.  
    "Tersyde stel", verdoem deur eenkant gesit te word, geen ag gee op nie.    
    "Tersyde", op sigself kan dalk beteken dat God sy verbond met Israel (die Jode) herroep, ophef.    
    "Tersyde staan", is die gedagte wat by my opkom, aangesien dit ondersteun, help, impliseer.   Ek aanvaar jou bedoeling egter op grond van laasgenoemde.    

    Romeine 11:15 lees: Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? 

    Die verwerping wat die Israeliete sedertdien verduur, is juis omdat God self die Jode blind gemaak het sodat die profesie vervul kan word, die profesie wat versoening vir ons heidene gebring het.  

    Nog 'n rede vir die verwerping van die Israeliete, kan gelees word in Matteus 27:24 & 25. "En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien! En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom! ". 

    Ja, die Jode het inderdaad 'n vloek oor hulself ook gespreek gedurende die kruisiging van onse HERE Jesus Christus.  

    Maar, God is getrou en Israel (die Jode), bly deel in God se genade.  

    Trienie, ek het egter geheel ooreenstemming met jou daarin dat daar 'n program vol gebeure sal verloop, waarin die Bruid, die Kerk, voorberei word.  

    Dis ons, die Kerk, van wie daar geleer word: Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. (1 Tessalonisense 4:15-17).

    Ja, wat 'n wonderlike vooruitsig Trienie!  

    Wyl die Oordeel (2 Korinte 5:10), en die Huweliksfees na die Wegraping van die Kerk in die Hemel plaasvind, gaan Armageddon en die Oordeel van die Nasies plaasvind net voor, en met die terugkeer na die Huwelik tussen die Bruid en die Lam in die Hemel; soos daar geleer word in Sagaria 14:4 , Kolossense 3:4, 1 Tessalonisense 3:13 en Openbaringe 19:7-21.  

    Trienie, die tyd van die het reeds 606 jaar voor Christus aangebreek. Dit kan in die Boek Daniel hoofstuk 2:31-45, aan die uitleg omtrent die beeld in Nebukadnesar se droom gelees word.

    In Lukas 21:24 leer Jesus Christus onse HERE, ook as volg daaroor: En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.

    Hierin is ek egter eens met jou: die "volheid van die heidene", is reeds ingegaan.

    Maar na die Wegraping, die Groot Verdrukking, en die terugkeer van die Bruid en die Lam na die aarde, gaan daar 'n duisend jaar van vrede  wees waarin Israel (die Jode) en die Kerk saam  met God uit Jerusalem heers. Dit gaan die tyd wees waarin Satan in die bodemlose put gewerp is.  

    Meer omtrent Israel in daardie tyd, lees ons in Sagaria 12:8-11: In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit. Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind. In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo (Armageddon).  

    Ja, en daarna sal God sy verbond soos daar in Deuteronomium geleer word, met Israel (die Jode) voltrek: En as al hierdie dinge oor jou [Israel] kom, die seën en die vloek wat Ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het, en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.  

    Trienie, daar is nog vele meer bemoediging en vrede wat ek omtrent hierdie Plan van God, met jou kan deel.  

    Dankie vir jou belangstelling.  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Beste Chris,

    Ek kan net beaam: In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit. Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind. In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo (Armageddon).
    uit Sagaria 12:8-11

    Baie dankie vir jou belangstelling en al jou leersame kommentaar Chris, hier, en elders.

    Namaste!

    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top