Die internet

  • 0

Lees, skryf en dink,
wat is verpligtend?
Laptop, rekenaar
of foon?
Alles dra die kroon!
Die internet kom
orals voor.

Binne huis, buite mure,
Geniet saam met die bure!
Tegnologie in die skare.
Masjiene wat gesels,
e-posse is die herstelwerk
van boodskappe en omkrap
deurmekaar fakse!

Doen wat ander doen!
Dans op ‘n video,
skryf ‘n boek,
ontleed ‘n gedig,
sing ‘n lied,
sonder enige verdriet.
Laat ander dit sien.
Die internet is nie verniet,
maar hier vir jou plesier.

Ontwerp ‘n webblad
wat jou netjies sal pas.
Paai die boks se
draaiende wind
Wat warm hitte sing.
En bring die mooi,
groen en rooi ligte.

Breek die kreet
van hackers wat alles weet.
En deel jou idees,
sonder vrees.
Onder jou vlees
skuil die internetgees.
Leef saam met sinonieme,
tabelle en Wikipedia-helde.
Ken die werkwoorde, en
wen kolomme en somme.
Kul die geheue se simbole,
karakters en sagteware-store.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top