"Die idee van jou" deur Johan van der Merwe

  • 0

Die idee van jou

Vertel my hoe dit voel om verlief te wees op iemand anders as ek.
Hoe het jy dit reggekry om jou gevoelens vir my af te sluit?
Was dit jou besluit van die begin af, of het dit met tyd gebeur?
Was my woorde nie die moeite werd om jou aan te steur?

Refrein:

En hier staan jy nou weer voor my, asof dit gister was.
Hoe kan jy maak asof niks gebeur het nie, hoe wil jy die prentjie las?
Verwag jy ek moet weer dieselfde wees, dieselfde goed vir jou sê?
Jou weer vashou en soen soos ek altyd het?
Wat de hel wil jy van my hê?
Dis eintlik so ironies dat jy terugkom na al die jare
Die reuk van jou hare vergete, ontslae van jou gif in my are
Noudat ek reeds aanbeweeg het, vergeet het van jou smaak op my tong,
Het ek altyd gewonder wat ek sou doen as jy eendag kom luister na my song.
Maar ek dink ek’t die idee van jou meer gemis as jy.

Refrein

Maar ek’s ‘n ou wat tekens sien, dat daar ‘n rede was dat ons moes groet.
En dat die idee van jou beter was en dat als uitwerk soos dit moet.

Refrein

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top