In die verlede was die vrou net gesien as die een wat kinders baar, en hulle versorg en grootmaak. Daarby was sy die huishoudster, wat die kos maak, die huis skoon hou, wasgoed doen en klere versorg. Sy kon egter by buite-aktiwiteite ook betrokke wees, soos welsynswerk, kerkbasaars en vrouegroepe wat bv brug speel. Dit beteken egter nie noodwendig dat sy onderdanig en minderwaardig was nie. In baie huwelike was daar ’n gesonde, gebalanseerde verhouding wat as vennootskap beskryf kan word. Die man was egter gesien as die sterk een, wat die gesin moes beskerm en voorsien van lewensmiddele. In ’n gesonde verhouding sou die vrou egter haar nie laat intimideer nie.
In sekere gemeenskappe, veral weens godsdienstige beskouinge, was die man egter amper soos ’n tiran wat die vrou en kinders "onderdruk" het. Hierdie verskynsels duur vandag op plekke, selfs hier in ons land, steeds voort, maar darem op kleiner skaal.
Vandag het baie vrouens die rol van huishoudster afgeskud en beklee hulle professionele poste in baie gebiede van menslike aktiwiteite, soos ingenieurs, dokters, regters, ministers. Die man is egter fisies sterker as die vrou en seker in die meeste huishoudings word hy steeds gesien as die een waarna almal opsien om hulle te beskerm. Baie meer vrouens word hier te lande deesdae aangestel in die polisie en weermag, en dis soms lagwekkend om groot boude ingedruk te sien in weermaguniforms. Dit skud en dril soos jellie, en is ’n maklike teiken vir die vyand! Myns insiens is dit onnatuurlik en verkeerd om vrouens in daardie rolle te plaas, ek glo hulle is nie heeltemal opgewasse teen die fisieke eise nie, hoewel dit hulle miskien nie ontbreek aan moed nie. Hulle kan in die magte egter ’n belangrike ondersteunende rol speel.
So, opsommend sou ek sê dat, hoewel daar groot veranderings ingetree het, die man in die meeste gevalle steeds gesien word as die sterkere wat die gesin moet beskerm – maar nie altyd as die enigste broodwinner nie.
Groete,
Heiden


Kommentaar
Mmmm, ja nee, jy is reg Heiden,
(Skuus, voor ons verder gaan, wil jy nie jou naam verander nie asb? Ek hou nie daarvan om jou Heiden te noem nie, want dit beteken padvark, swynhond, Belialskind – ek glo nie jy wil jouself so vervloek nie.)
Maar om terug te kom na die onderdanigheids-storie van die vrou – jy is eintlik reg. Die man is deur God geskape om te beskerm te bewerk en te bewaak. Die man is die Hoof, Priester en Profeet van die huis. Alhoewel dit soms vir ons vrouens ’n "stywe nek" storie is wanneer ons die woord "onderdanigheid" hoor. God het dit so bedoel, sodat daar ’n orde sal wees in die bou van ’n familie. Glo my, nadat ek my werklike plek in hierdie ordestruktuur ontdek het, is ek baie rustiger en geniet dit om onder my man se arm te sit! Daar waar ek hoort. En glo my, hy heers oor my met respekte en liefde.
Ons vrouens is mos met ’n baarmoeder geskape. Dit maak ons erg emosionele wesens. En glo my, ons is so gevorm om met opregte liefde te kan leef teenoor ons wederhelf en kinders. ’n Vrou is instinktief meer emosioneel en liefdevol teenoor haar eie kinders. Daarom, as jy aan my kinders vat, ontaard ek in ’n tierkat. Eintlik ’n volmaakte opset.
Daarom weet ek nie hoe bou lewensmaats aan ’n huisgesin as die een maat nie ’n baarmoeder het nie. En as hierdie orde van God versteur is, watter een moet die onderdanige een dan wees?
Sterkte – jy is kosbaar
Trienie
Ag nee,Trienie!
Geen man is my baas nie en daardie storie dat God die man geskape het as hoof van die huis, is maar net gerieflikheidshalwe al die jare aan vrouens opgedis om mans in magsposisies te hou.
Van wanneer af is ’n man ’n hoof, priester en profeet? Hierdie uitgediende siening kom juis uit ’n tyd, waar die vrou gering geag is. Dit verstom my dat vroue nog steeds vandag meewerk aan hierdie onderdrukking en dan kom met sopstories dat die vrou ’n meer emosionele wese is en daarom die swakker ene.
Mans is al die jare geboelie uit hul emosies en hierdie skeefgetrekte idee dat hulle sterk moet wees en nie emosionele wesens is nie, het al menige man ontsettende skade aangedoen. Hierdie hele opvatting het baie skade aangerig aan vrouens, om van mans nie eers te praat nie. Kyk hoeveel mans het post traumatiese stres, veral die klomp wat uit die bosoorlog gekom het of wat in beroepe soos polisiemanne, dien.
Ek hoort nie onder my man se arm nie, ek hoort langs hom en dis waar ek is! Jy kan bly wees jou man heers oor jou met respek en liefde, want menige vrou word juis deur hierdie oorheersing afgetakel tot miniskule wesens.’n Mens hoor baie sulke stories.
Lees gerus die boek: "A Thousand splendid suns" deur Khaled Hosseini. Dis ’n verhaal wat in Afghanistan afspeel en die minderwaardigheid en mishandeling van vroue daar uitbeeld. Dis ook godsdienstig geïnspireerd, in hierdie geval die Moslemgeloof, om vrouens tot minderwaardige wesens te reduseer.
Daar is vir my geen verskil in die motiewe van die Christelike godsdiens en dié van die Moslemgeloof nie. Albei hang ’n kultuur van vroulike onderdanigheid aan! Darem toevallig né?
Jammer, die tyd vir sulke opvattings moes al lankal in ’n vuur verbrand gewees het!
Groetnis
Perdebytjie
Ek hoor wal elkeen sê in hierdie gesprek en ek is bly dat mense hulle oogpunte so uitlug. Dit bring my na die punt waar ons (Adam en Eva) die sonde gedoen het en hulle geboortereg verkoop het vir Goddelikke kennis.
So het ons gereedskap geword in die hand van Satan en sy magte wat ons gedagtewêreld weglei van God se Woord. Net om dinge te vererger het die vyand ook wie ons is in God kom berowe en ons is nou almal “selfgemaakte” mense. Ons groei en ontwikkel ons persoonlikheid soos ons goed voel en nie volgens God se Woord wat ons veronderstel is om elke dag in te drink nie.
Wanneer ons tyd by God in gebed spandeer en Sy Woord ondersoek vir vrae wat ons het of oor die ware lewenspad wat ons moet wandel dan mag ons dalk verras word oor wie en wat ons werklik is en waarheen ons werklik oppad moet wees.
Ek wil almal aanspoor om ons eie gedagtes op te gee en ons lewens oor te gee aan God wie ons geskape het in die eerste plek en wat meer weet van ons individueel as wat onsself weet.
God is werklikwaar die ultimate Pappa en Sy liefde is werkllik oneindiglik dat Hy so “grand” is dat Hy al ons sondes vergewe as ons net na Hom toe wil kom.
Sonder God is die lewe waardeloos.
Met absolute seën groete
SARSteam (Christo)