Geskryf vir: Straatligkinders
Roep en jy sal vind
Dat die lewe se vraestel maklik is
Sal jy ooit kan dink
As jy net stil gaan sit
Ek belowe daar bo
Lê rus vir ons voor
Hardloop net die laaste
Die hardste
Die horison is donker
Vol modder, sonder 'n belofte van môre
Hulle wil jou laat vergeet
Die waarheid van jou af steel
Maar die flam
Hou net aan
Helder brand
Hou op so maklik glo
Wat hulle in jou gedagtes boor
Kyk op
En hardloop die laaste
Die hardste
Hulle sal wil hê jy moet val
Want vir jou is hulle bang
Dat jy jou drome
Jou geluk gaan vang

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

