Die histerie rondom ons

  • 2

Nou sit lees ek Ferdi Greyling se artikel oor verregses in Beeld van 20/3/2012 en verwonder my. Nogals swart verregses, onder andere. Eish.

Die heer Greyling is so begeesterd deur prof Anton van Niekerk se artikel wat ‘n week of wat gelede in einste koerant verskyn het, dat hy woorde soos verregs, haat, apartheid, rasse-oorlog soos klippe op ‘n sinkdak laat reën. Alles om wit Afrikaner “verregses” by te kom. ‘n Term wat deur die media vrylik gebruik word om verdeelheid ook in eie geledere te stook.

Miskien verstaan die twee here nie dat die erkenning van rasseverskille nie sonde is nie en nie vir die redelike mens rassehaat beteken nie. Dis ‘n bloot biologiese gegewe wat, met ‘n koelkop benadering, ‘n vertrekpunt sou kon wees vir beter begrip onderling.

Maar dit is ons skynbaar nie beskore nie. Staatspresident Jacob Zuma het, met Malema aan sy sy, tydens die Bloemfontein byeenkoms “Kill the Boer” gesing. Dis bra eentonig, maar luister na die woorde: “We going to shoot them ... with the machine gun ... shoot the boer ... and you are going to run ... they are going to run ... shoot the boer ... the cabinet will shoot them ... with the machine gun.”

 

 

 

 

‘n Mens sou dit met die teater van die absurde kon vergelyk. As dit nie so eerloos en sonder integriteit is nie.

Maar wat noem jý dit, meneer Greyling, as jóú president armswaaiend en met gebalde vuiste sing hoe hy en sy kabinet (sic) dié gedeelte van die bevolking gaan uitmoor wat sorg dat sy menigvuldige vrouens en kinders in weelde leef, hy met drie stralers gelyktydig kan rondvlie en daar kos en drank op sy tafel is? Verregs? Iemand met menswaardigheidsbeginsels? Naakte rassehaat? Of gewoon domastrant?

Wat dink jy sou die reaksie gewees het as daar in die vorige bedeling so ‘n lied by ‘n volksbyeenkoms oor die swart mense gesing is? Maar nee, dit sou nie. Ons het “Prys die Heer” gesing en “Kent gij dat Volk”.

Koes tog maar vir die masjiengewere. Jy gaan ook in die spervuur beland. Want jy’s wit.

Helmine le Roux

  • 2

Kommentaar

  • Stephan Marcus

    Sommige Afrikaners beweer van die Defiance Campaign van die sestigs af dat ons uitgeroei gaan word deur die barbaarse hordes. In '76 was almal oortuig dis die einde. In '85 was dit net om die draai. Mandela was klaarblyklik reg om die massa (opgerui deur Chris Hani) op te roep tot met sy aftrede as president.  Toe sou dit gebeur die dag as hy sterf. Nou is dit Malema en Zuma wat volksmoord beplan, maar hulle wag net.... vir Jupiter om in die tweede huis te wees?

    Ek sê nie dat jy nie dalk kan reg wees en dat ons almal gebyl gaan word volgende week en Woensdag nie. Ek wys net daarop dat ten spyte van die regses se versugting van die algelope vyftig jaar swart Suid-Afrikaners tot datum verbasend lankmoedig teenoor hulle wit landgenote was. 

     

     

     

  • Moenie te kwaai wees met Ferdie nie Helmine; hy't een allemintige kopskuif gemaak:  Hy het erken daar is swart rassiste!  Hy moes natuurlik sy bona fides bewys deur van die standpunt uit te gaan dat wit rassiste volop is maar dit lyk darem of 'n skil so halfpad van een oog af afgegly het.

    Maar jy's reg, die wêreld om ons is gek.  'n Skryfster laat blyk dat sy nie veel erg aan swartes het nie en sekere akademici en joernaliste raak histeries, neem selfs 'n prys van haar af weg.  Hierdie joernaliste en akademici maak verskoning vir die vale, was voete van voor af kan jy maar sê.  Terselfdertyd gee die president OP 'n OPENBARE VERHOOG te kenne dat hy so min van die Boere hou dat hulle geskiet moet word, hulle moet verjaag word en hardloop en die einste akademici en joernaliste rep nie 'n woord daaroor nie.  Erger nog, daar is nie swartes wat die president repudieer nie (as die wittes dan nou te polities korrek is om dit nie te doen nie).

    Eintlik is hierdie mense wat so tekere gaan as hulle dink iemand sou rassisties optree die eintlike mense wat rasbewus is, tot so'n mate dat hulle rassisties is want hulle tree beskermend en troostend op, so al asof swartes nie in staat is om hulle man te staan nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top