Die haan kan skrop ...

  • 0

… volgens AFP was President Nicolas Sarkozy en sy vrou Carla Bruni se kind – wat gister gebore was – die eerste wat ’n Franse president in dekades binne die eg verwek het tydens sy ampstermyn. Dit moet seker goeie nuus vir die Franse wees wat krisis-op-krisis in die gesig staar. Die Eurosone se skuldkrisis, Libië, die Moslem-kopdoek-debakel om ’n paar te noem.

Sarkozy het duidelik getoon dat hy ’n haan onder die hoenders is. Hy en die Italiaanse laventelhaan-premier het getoon dat hulle nog murg in hul (broeks)pype het.

Maar wanneer dit by woema kom, kan nie een van hulle by ons eie president Jacob Zuma kers vashou nie. Dit is ’n man wat soveel oemf het wat skrik vir niks.

Terug by Nicolas Sarkozy – is die man se oorstoot-drie in beseringstyd nie dalk ’n voorbode dat die Hane die naweek die wa deur die drif sal trek teen die All Blacks. Hieroor sal ek nie kla nie ...

Die Franse kan wen het ek reeds die heel jaar lank gemor – juis omdat die suidelike halfrond te veel rugby speel.

Tog moet ons ’n vrugtesap-heildronk op Zarkozy drink. Hy het hom nie laat onder kry deur Tony Blair se punt in die wind slaapkamer-petaljes by 10 Downingstraat nie.

Vat Vyf Nick.

(Net ’n woord van raad – maak seker dit is jou kind ... LOL!)

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top