Ek hoor oor die nuus die Gupta's het om verskoning gevra. Hoekom, hulle het mos niks verkeerd gedoen nie? Mens sou sweer hulle het rond gevlieg met 'n vliegtuig en toe uit die lug 'n landingstrook gesien wat toe ongelukkig 'n weermagbasis was.
Ek sou reken om so 'n klomp mense by 'n vreemde land uit te kry verg voorbereiding en beplanning. En voor jy die vliegtuig laat opstyg sal jy seker maak van die eindbestemming want die goed het 'n beperkte brandstofvoorraad aan boord. Dus, as hulle geland het waar hulle nie moes nie, het sekere amptenare hulle toestemming gegee; die Gupta's het maar net uitgevoer wat hulle voor die tyd gereël het. En die amptenare het seniors wat op hulle beurt weer seniors het en uiteindelik is die seniors die ministers van Verdediging, Binnelandse Sake, Interne Sekerheid, Buitelandse Sake, Polisie, Inkomste ens ens.
Al hierdie ministers gaan nou bewusteloos pleit en 'n paar juniors, wat maar net opdragte uitgevoer het, gaan nou die spit afbyt. Hulle is die sondebokke maar die belhamels loop skotvry weg.
Jan Rap


Kommentaar
Gupta is een van die rykste mense op aarde, dit beteken hulle het meer geld as die Wit Weste tesame ... en hulle verkies SA ... is hulle slim of wat!!
Jan, jy soek te laag. Ek dink ons moet hoër op soek. Wat van die hoofbok, of bees of olifant! George
Rykste op aarde? Volgens Forbes is #1 Carlo Slim $74 Billion, #2 Bill Gates $67 Billion dan op #179 Johann Rupert $6.6, #182 Nicky Oppenheimer en die eerste Gupta op die lys is op #613 Desh Gupta, hy is ook die 21 rykste man in Indië. So ek weet nie in watter wêreld jy leef nie maar in die regte een is hulle nie die rykste op aarde nie.