Ek verlang terug na 'n tyd,
Toe ons nog laat kon uit.
Wegkruipertjie en tou kon speel,
Sonder vrees vir ’n koeël wat die lewe steel.
Ek verlang na die goeie ou dae,
Toe hout kap in die bos,
Vir vuur later vanaand,
Nooit ’n kind se lewe gekos.
Spookstories-vertellings om die vuur,
Was toe nog een groot plesier.
Albasters speel en doppie skiet,
Cowboys en kroeks tussen die riet.
Toe kinders nog kind was,
Respek nog groot was,
Taalgebruik nog skoon was,
Optrede nog goed was.
Ek verlang terug na ’n tyd,
Toe ons nog laataand kon speel in die straat.
Krieket speel en sokker bal skop,
En luister na goeie raad.
Die goeie ou dae
Verlang ek na.
Treur ek oor,
Het ons verloor!

