Die verwysing na die sogenaamde "Christelike ateïs" het betrekking asook die verwysing na Julian Baggini in ’n vorige brief. Geen direkte kommentaar word gelewer op die aansprake gemaak in bogenoemde briewe nie. Hierdie brief het as oogmerk die gebruik van die verwysing na Julian Baggini om die mees onlangse aktiwiteite van Julian Baggini te ondersoek.
In ’n onlangse opstel van Julian Baggini beskryf hy die godsdiensdebat in ’n “stalemate” te wees.
Dit word toegeskryf aan die feit dat hoofstroom gelowe nog steeds (grootliks) aan middeleeuse doktrines vasklou maar tog aanvoer dat hulle gematig en inklusief is. Die agnostici en meer liberale gelowiges promulgeer ’n meer intellektuele weergawe van godsdiens wat dit dan afwater en nie tred hou met die realiteite van geloofservaring op die voetsoolvlak nie, terwyl die ateïste doof is vir die spirituele aspekte van geloof, verwys na die onlangse siklus van briewe uit Gilgamesh se hand.
Die lyne is dus duidelik getrek en is daar geen moontlikheid dat enige skiet gegee gaan word nie.
Ateïste word as militant en aggresief afgemaak net soos ander terme sal verwys na Pous Benedict XVI se "atheist extremism" en "aggressive secularism" of ’n Michael Ruse se "atheistic fundamentalists". Dit is die beskuldigings wat teen ateïste geslinger word en ingedagte gehou moet word as onredelik wanneer die ateïs geldige en redelike kritiek lewer.
Die skeidslyne van dogmaties versus redelik en onaangenaam versus aangenaam moet dus herbesoek word en werklike gesprek ondersteun word in plaas daarvan om agter hierdie skeidslyne te skuil.
Die res van die opstel spreek die ou debat tussen godsdiens en wetenskap aan, net soos dit wal gooi teen die argument dat wetenskap deur ateïsme gekaap is en waarsku tereg teen Sam Harris se The Moral Landscape met die subtitel "How science can determine human values" wat hier gebruik was om ’n argument vir aparte ontwikkeling, met ander woorde presies soos apartheid hier te probeer verkwansel.
’n Hoogtepunt van die opstel is Julian Baggini se formulering van wat hy noem die 21st Eeu geloof met vier artikels van geloof wat soos volg daarna uitsien:
1) Om gelowig te wees is om ’n stel waardes en daaglikse praktyk te aanvaar en deel te wees van ’n gemeenskap wat daardie waardes en daaglikse praktyk deel en uitleef. (Waar sou ’n “Cornelius Henn” ’n tuiste vind met “god-die moeder” en ander skeppinge, waar is die gemeenskap wat dit sou deel?)
2) Die geloof vereis ook nie geloof in bonatuurlike gebeure, soos die graf van Jesus wat leeg was asook die bestaan van wonderwerke, opstanding uit die dood of besoeke deur engele.
3) Die geloof sal staak om ’n proto-wetenskap te wees en geen uitsprake maar oor die wetenskaplike aspekte van die bestaan hier.
4) Godsdienstige tekste word aanvaar om die skepping van mense te wees, die produk van die mens se intellek en verbeelding en is nie die uitdrukking van ’n entiteit wat onafhanklik van die mensdom bestaan nie.
Die uitdaging is dus om bogenoemde definisie en ander soortgelyke argumente aan te bied aan ’n gelowige vir bevestiging of dit deur bogenoemde gelowige sal aanvaar word.
Die antwoord behoort duidelik te wees.
Die persentasie van aanvaarding sal minimaal wees, dit sal hoogstens net die wees wat ’n “meer intellektuele weergawe van godsdiens wat dit dan afwater” sal aanvaar, terwyl die gelowige op voetsoolvlak nie tyd het vir sulke nonsens nie en glo dat die graf leeg was dat die Bybel is die woord van God, wonderwerke gebeur daagliks en engele besoek ons vandag nog. Die doktrines word op sigwaarde aanvaar.
Daar is geen nut vir ’n Godsdiens sonder ’n God nie, aangesien dit juis God is wat aanbid word.
Baie dankie
Wouter

