Die geringskatters van wit Rhodesiërs

  • 0

In 1993 het Peter Godwin 'n tweede boek oor Rhodesië gepubliseer by Oxford University Press. Die bibliografiese besonderhede van my uitgawe is egter soos volg: "Rhodesians never die: The impact of war and political change on white Rhodesia, c. 1970-1980" (Northlands: Macmillan, 401p). Die mede-outeur is 'n Australiër, Ian Hancock, wat dikwels oor liberale politiek geskryf het. "Both [authors] disliked racism and minority rule" (p xi). Die boek se titel kan sarkasties bedoel wees.

Op die omslag is 'n foto van Ian Smith wat korrelvat met 'n geweer. Die verdoemende en dikwels snedige kritiek teen wittes kan moontlik eerder aan Hancock as aan Godwin toegeskryf word, want Godwin behoort van beter te weet. In daardie stadium was alles wat oor meer as 'n eeu opgebou is egter nog nie afgebreek nie. Godwin was toe nog entoesiasties oor die Mugabe-regering. Die wittes het glo "an almost infinite capacity for self-deception" geopenbaar (p 11). Dit is makliker vir 'n buitestander soos Hancock om sodanige standpunt in te neem; des te meer omdat dit terugskouend is. Dit is veral Smith "who does not emerge well in this book" (p xi). "He had failed his own people so badly" (p xii). Let op die volgende formulerings: "As always [!] Smith spoke seriously - and at length - without actually saying anything at all ... Mr Smith would know what was best for the laager" (p 123). Uit die teks, eindnotas en bibliografie is dit duidelik dat heelwat navorsing gedoen is.

Die eensydige onafhanklikheidsverklaring in 1965 is in 1970 met republiekverklaring opgevolg. Toe het Smith se Rhodesian Front (RF) gewaarsku (tereg, soos dit sou blyk): "Majority rule ... would have led Rhodesia back to the days of anarchy and darkness" (p 70). Watter alternatief is aangebied? Daar was twee kieserslyste: een vir wittes, bruines en Asiate en 'n ander een vir swartes. Swart verteenwoordiging sou progressief uitgebrei word ooreenkomstig die toename in hulle betaling van inkomstebelasting. In 1969 het net 986 swartes inkomstebelasting betaal (p 55). Die ideaal was 'n nie-rassige meritokrasie: "Equal rights for all civilised men" (p 73).Anders as by FW de Klerk is "a gradual approach to change" verkies (p 81); 'n "commitment to evolutionary change" (p 153). Die strewe was na "civilised and responsible rule" (p 108). Daar is besin oor "ways of removing unnecessary or undesirable discrimination ... a measure of separation leads to peaceful co-existence ... the RF opposed forced integration ... because integration would lower standards" (p 126). Die "end of discrimination ... would lead to enforced integration" (p 237). Die hoop is gekoester "that Rhodesia would not go the same way as the rest of Africa" (p 241). Die swartes het egter "immediate black rule" geëis (p 117).

 

Die keerpunt het in 1976 gekom "when the South Africans and the Americans had forced Ian Smith into a public surrender to the principle of black majority rule" (p 149; ook p 171). Brittanje het deurgaans hierdie vereiste vir onafhanklikheid gestel (p 62, 153). Daar is heelwat waarheid in die volgende stelling: "The South Africans [die Vorster-regering] were the real villians in the destruction of white Rhodesia" (p 174). [Die ondergang van wit Suid-Afrika het binne twee dekades gevolg.] Uit Rhodesië was daar inderdaad "frequent ... warnings that South Africa would be next" (p 319).

Smith was nou verplig om sy ideaal aan te pas: "The maintenance of standards (ie government by the best people, irrespective of colour) ... responsible majority rule" (p 155). Die terreurbendes het hulle geweld voortgesit en is deur linkse wittes, bv kerklikes, gesteun "by a refusal to condemn 'terrorist' atrocities and a readiness to censure every swift response by the Security Forces as 'brutality'" (p 166). "What was done in white Africa was criticised abroad; if done in black Africa, there is no criticism" (p 255).

In 1978 het Joshua Nkomo se ZIPRA 'n burgerlike vliegtuig met 'n missiel afgeskiet. Onder die leiding van Chris Dixon, bekend as "the Green Leader", is 'n baie gewaagde maar uiters suksesvolle aanval op 'n ZIPRA-vesting naby Lusaka met "four Canberras, eight Hunters, and four helicopter gunships" gedoen (p 232). Dit het baie vir die moraal van wit Rhodesiërs beteken en is ook in herinnering geroep na die dood van Dixon op 21 Oktober 2011. Die outeurs is egter baie suur oor die Greem Leader se welslae. Hulle verwys sarkasties na "the representatives of Christian civilisation ... the Rhodesia which believed itself to be civilised was back in command" (p 234).

Oor die herverdeling van grond was daar tereg die besorgdheid "that land might be resettled for political rather than planned, productive purposes" (p 262). Voor en na onafhanklikheid in 1980 het die oorgrote meerderheid wittes die land verlaat. Hulle was "too 'Rhodesian' to tolerate the transformation of their country into Zimbabwe" (p 287). Hierdie snedige kommentaar is egter ook op een van die outeurs, naamlik Godwin, van toepassing. Oor die swart meerderheidsregering is die outeurs se gevolgtrekking: "The whites had only themselves to blame" (p 312). Die swartes word by implikasie blaamloos verklaar.

Johannes Comestor

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top