"Die gekose lewenspad" deur Heidi Jennifer de Villiers

  • 0

Geskryf vir: Enige

Daagliks word daar nuwe besluite op my pad gelê,
Ek moet kies hoe ek my verhaal gaan opsê
Want die uiteinde is reeds bepaal
Maar hoe vinnig gaan ek die eindstreep haal?

Twee weë is daar om van te kies,
Maak ek egter die besluit met my hart of vlies?
Dun en kronkelrig sal die een van twee wees,
Die reguit, kort en maklike een is is bedoel vir vlees

Ek staan voor die weg en sukkel om tot ‘n besluit te kom,
Wat is die uiteinde van elke pad, wat is die koopsom?
Ek is besluitloos, rusteloos, moedeloos
Die een helfte wil wes en die ander wil oos

Wat gaan ek kies, wat gaan ek doen?
Gaan ek ooit my hart en siel versoen?
Ek kyk op na bo en weet waarvan my hulp kom,
Ek besef wat wás die oorspronklike koopsom

Ek staan voor die weg en sukkel om tot ‘n besluit te kom,
Wat is die uiteinde van elke pad, wat is die koopsom?
Ek is besluitloos, rusteloos, moedeloos
Die een helfte wil wes en die ander wil oos

U het toe my pen gevat en verder geskryf,
My verhaal het verander in die van ‘n wit duif
Wie tot my redding gekom het was my Herder-my Heer
Dit was die gekose pad, die punt in my lewe van geen omkeer. 

Dit was die punt in my lewe van geen omkeer
Ek't my lewe gegee aan ons Hemelse Vader, ons Heer

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top