"Die Gedig" deur Carl Kitshoff

  • 0

Die Gedig

Ryg jy jou woorde teen ? ruit
of het jy lankal reeds besluit?
Jou asem spook nog teen die reën
Dis ? seën

Miskien is more reeds verby
Het jy jou laaste wens gekry?
Die sekel maan manipuleer jou gety

REFREIN:
Miskien is jy net
? sin in ? gedig
Waar die woorde sukkel
om neergepen te word
Is jy vry van als wat jy wou kry?
Of skyn dit soos ? ster
alleen in die donker nag?

Jy vryf jou oë en als maak sin
Jou pen raak leeg, dit het begin
Jy gee die woord
maar dit beteken ook niks nie

En skielik, skielik het jy jou sin gekry
Jy skree kliphard en ry verby
Stop skielik en glimlag hard
Dis ? seën

REFREIN

BRUG:
Vra tog net ? bietjie
en lag miskien te veel
Vra tog net ? bietjie
en lag miskien te veel

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top