Die gedagte dat homogeit kontensieus bly ...

  • 16

... kom toe by my op terwyl ek "ingeligte" aantekeninge oor die onderwerp hier op die Sê lees, en ek vir myself sê, ou Jaco (die Sê se residensiële gay), se moer is nou sweerlik weer gestrip. 'n Ou kan nou nogeens 'n grafiese asprisgeit, opsetlik- en moedswilligheid van hom verwag.

Vir sovêr as wat ek Jaco hier leer ken het, en dit behoort tog nou aan almal duidelik te wees, is hy vertroud met die Bybel en het hy 'n goeie begrip daarvan. Hy ken die Christen-geloof goed. Hy het al by verskeie geleenthede dit prontuit gestel dat homogeit en die Bybel nie bedmaats is nie. 

Sy onlangse 'gevallestudies' oor die Roomse Pouse en ander ampsdraers van die Roomse Kerk wat hul homo onsedelikhede en pedofilie uitlig, het my egter aan die korthare beet.

Waarom sou hy hom daarmee besig hou? Dit behoort hom weens sy uitsprake glad nie te traak nie. Of is daar dalk 'n ander rede? Is hy 'n ateïs omdat hy gay is? Indien dit die geval is, is alles mos nie verlore nie. Die Bybel het dit teen die praktiese uitleef van die homoseksuele voorkeur. Indien hy as gay hom van fisieke kontak weerhou, stap hy nes ons ander met vergunning die hemel in.

Dis net die Katolieke mensdom wat die Pous(e) so hoog aanslaan. Nie God nie. Ook nie die Protestante nie. Die Pous-skap is geensins 'n waarborg tot toegang tot die hemelse poort nie. Die Pous is nie gelykstaande aan God nie, dis die mens wat hom so verhewe aangestel en as God se verteenwoordiger ag, agter wie elke mens moet aandraf. "Op jou Petrus sal ek my kerk bou", maar tog het Petrus Hom driemaal voor die haan kraai verwerp.

Soos dit vir my lyk het ou Petrus, tipies sondige mens, ook maar 'n powere job van die fondasie gemaak en is dit eintlik Paulus wat die bouer was en die kerk gebou het. Eeue later het Martin Luther met sy 95 stellings die krake en barsste wat ontstaan het, opgeknap.

In God se oë is enige pous en geestelike maar net 'n gewone mens deurtrek van die sonde. Indien hy opreg soos enige ander sterfling sy sonde bely en om vergifnis sou smeek, sal hy dit ontvang. Die Bybel leer ons dat God dan die sonde heeltemal vergeet en nooit eers weer daaraan dink nie.

Vergeet nou van die Pouse, my leser, hoe lyk dit met jou?

Ewenwel, in 'n vorige kommentaar op 'n brief van my, het Jaco verneem waarom, as iemand reeds in die hemel is, daar die noodsaaklikheid van 'n wederkoms moet wees.

Die wederkoms het niks met enige siel te doen wat reeds in die hemel is nie. Wanneer hy eers daar is, kom hy nie weer na hierdie aarde toe terug nie. Dis slegs Christus wat met 'n spesifieke doel weer gaan terug kom.

Christus het volgens die Skrif gesê dat Hy na Sy opstanding na die vaderhuis gaan terugkeer om vir al sy broers en susters 'n plek te gaan voorberei. (Wanneer ouma kom kuier maak Ma die huis skoon en alles, asook kleinkinders, is op hul plek, wanneer Ma kom kuier, doen ouma dieselfde ding.) Hy het gemeld dat daar baie kamers in hierdie huis is en dat Hy hiernatoe sal terugkeer (weer kom) om Sy Vader se kinders en Sy broers en susters te kom haal.

In my geestesoog kan ek myself iets heel besonders en wonderlik voorstel en so glo ek, baie ander gelowiges. [sien voetnota (*a)]

Ons het hoop. Die Bybel definieer hoop as "om oortuig te wees dat God die dinge wat ons nie sien nie, waar sal maak. (*b)

Die Bybel gaan so ver om ons daarteen te waarsku om nie agter hulle aan te hardloop wat te verkondig het dat die Christus hier of daar te sien is,..en dan soontoe te wil haas om te gaan kyk nie, omdat by hierdie terugkeer van Hom sal diegene wat nog nie gesterf nie, Hom, die ware Verlosser, almal tegelyk aanskou.

Daardie tyd sal al diegene wat na Sy opstanding en hemelvaart op hierdie aarde geleef het en sonder geloof in Hom gesterf het, te voorskyn kom. Die grafte sal oopgaan en die see sal hulle wat dit geneem het, terug gee.

Selfs die wat voor Sy eerste koms na die wêreld voorbeeldig geleef het, sal Hy, soos wat dit blyk, nie vergeet nie (*c), maar hulle ander sal elke knie voor Hom moet buig. Let wel elke knie, hulle sal dus op albei hul knieë voor Hom staan en erken dat Hy die Christus is, terwyl ons wat reeds in geloof in Hom (Christus) vooruitgegaan het ("vandag sal jy saam met My in die paradys wees"), en wat ons liggame volmaak teruggekry het, lofliedere aanhef. 

Ons sal hierdie liedere aanhef in 'n - let op Jaco- "nuwe hemel en nuwe aarde" (*d). 'n Gans nuwe een, nie eers 'n "reconditioned" een nie!

Wat Jaco se verdere navraag oor die "wederopstanding" betref, weet ek nie waarna hy verwys nie. Wie se wederopstanding, die mens s'n. Daar is nie so 'n begrip in die Bybel nie.

Maar terug na die homogeit. Ek gebruik nou maar Jaco, ek pik nie op hom nie, en sy gekef oor die moraliteit van die Roomse geestelikes. Wat my hier tref is dat die moraliteit waarteen hy in opstand is, juis dit is wat sy voorkeur is. Hy behoort mos in sy noppies daaroor te wees en dit voor te hou as bewys van aanvaarbare menslike gedrag, 'n skadeloosstelling voor God, want God se gesante beoefen dit dan. Wat 'n teenstrydigheid, soos wat ek hierbo oor gewonder het, is Jaco 'n ateïs omdat hy gay is?

Die argument dat homogeit natuurlik is, omdat dit in die natuur (onder diere) voorkom, het my genoop om die internet in te vaar. Ek het my toe in 'n moeras bevind en 'n ander rigting ingeslaan en "evolution and primates homosexual behaviour" ingetik.

Volgens evolusie is homogeit 'n paradoks, en behoort dit nie te bestaan nie. Evolusie se basis is tog voortplanting met gepaardgaande aanpassing en verbetering. Met die inhibering daarvan as gevolg van homogeit, kan daar nie sinvolle evolusie plaasvind nie.

"Homosexuals reproduce and would therefore be able to pass on a genetic propensity for homosexuality, or "gay genes" 

"it is not uncommon for gay men and lesbian women (often for religious or social reasons) to marry into a heterosexual relationship and sire children"

Indien die wetenskaplikes hierdie veronderstelde "gay gene" uit die menslike chromosoom kan "uitsny" sal die mensdom van die homogedrag ontslae kan raak; of, indien hierdie gay gene "deleterious" van aard is, sal dit die mensdom 500 geslagte of 12000 jaar neem om heeltemal tot heteroseksuele te evolueer.

Maar... "Being maladaptive or nonconducive to reproduction does not ensure that a genetic trait will disappear."

Dit kan met 'n mate van sekerheid gesê word dat homogeit nie enige waarde tot die evolusie toevoeg of toegevoeg het nie, en ook nie 'n produk daarvan is nie, dat die evolusiedraadjies op 'n punt iewers verstrengel geraak het. Dit word aangetoon dat werklike homoseksualiteit by diere (soos by mense) 'n uiterse uitsondering is. Dit wat by diere as homoseksualiteit gesien word eintlik maar net 'n vorm toegeneentheid en omgee is. 

Ek wil afsluit deur aan te haal uit Wouter se brief  "Kontradiksies van aanvaarding en verwerping" van 13-06-27.

"Here the states decision to give this class of person the right to marry, conferred upon them a dignity and status of immense import."

"this class of person"  ?!  Die Agbare regter vind dit goed om die gay as 'n aparte groep te identifiseer en te etiketteer. 'n Ander klas persoon. Die euforie wat die Kaliforniese gays beleef het, het in elk geval net "in this class of person" se kring inslag gevind. Vir die heteroseksueel is dit van geen belang of betekenis. Hy staan buite die gay groepering. 

Aangesien hulle dan 'n ander klas persoon is, is dit seker in orde om hulle nie as 'Homo sapiens sapiens' te klassifiseer nie maar hul klassifikasie te korrupteer tot 'Homo sapiens homo'.

Ek is deeglik bewus daarvan dat onder ons Grondwet hulle hul plek in die samelewing gewaarborg word, hulle kan tot selfs trou.

Oor die algemeen het ek vrede met hulle.

Groetnis

Raed-na-Gael

Indien jy wil lees:
(*a) 1Kor 2 : 9
(*b) Rom 11:1
(*c) Hand 17:30 en Rom 2:14-16
(*d) Open. 21:1

  • 16

Kommentaar

  • Ekskuus, ek wil net dit sê.

    Angus se Neanderdalmens en taal van 15-07-13, sluit nogal by hierbo aan. Evolusie hou nie van imperfeksies nie. Die Neanderdal het uitgesterf ...  hmmmmm

    Groetnis

    Raed-na-Gael

  • CorneliusHenn

    Beste Raed-na-Gael,

    Jaco Fourie en Wouter Ferns is nie verteenwoordigend van enigiets of iemand, behalwe hulself nie.

    Genetiese homoseksualiteit is steeds iets vreemd vir almal wat ek ken en wat daarmee LEEF.

    Al my gay maatjies het al in hul hartseer oomblikke vertel dat hulle as kinders gemolesteer is, en hul seksuele oriëntasie na hul eie mening waarskynlik daarom is. Ander slagoffers van vriendelike ooms en tannies, het weer prostitute en oorboord promisku geraak.

    Nie een van hulle wil hulself as "normaal" beskou nie.

    Ook nie almal is vandag gelukkig en verwerk in hul homoseksualiteit nie.

    Dis duidelik iets pynlik vir die meeste wat ek ken, en wat hulle op 'n byna dag tot dag benadering verwerk.

    Daarom het ek so 'n weersin aan enige homofoob.

    Wat weet enigeen wat nie self in 'n ander se skoene 'n entjie gestap het nie?

    Ek waardeer en respekteer my homoseksuele vriende en vriendinne vir hul moedigheid waarmee hulle die letsels op hul lewens deur selfsugtige moere veroorsaak, daagliks probeer hanteer en oorkom - en dan moet hulle nog die veroordeling van menige homofoob ook hanteer!

    Nietemin Raed-na-Gael, ek het jou bydrae geniet en dink jy vat tog 'n hele klompie punte raak.

    Cornelius Henn

     

    (... en o ja, ek word as straight geken en aanvaar deur al my maatjies - nie dat ek 'n "gay lapel" as belediging sou beskou het nie -  ek is net dankbaar dat ek hul pyn gespaar is).

  • Raed na Gael

    Jy het ‘n lywige kommentaar oor verskeie sake gemaak, meerendeels onsamehanged.  Nietemin gaan ek op uittreksels waaroor die kern van jou argumente berus, kommentaar lewer.

    Jy skryf: “Jaco se onlangse 'gevallestudies' oor die Roomse Pouse en ander ampsdraers van die Roomse Kerk wat hul homo onsedelikhede en pedofilie uitlig, het my egter aan die korthare beet”. “Waarom sou hy hom daarmee besig hou? Dit behoort hom weens sy uitsprake glad nie te traak nie.” Dan weer:  “Wat my hier tref is dat die moraliteit waarteen hy in opstand is, juis dit is wat sy voorkeur is. Hy behoort mos in sy noppies daaroor te wees en dit voor te hou as bewys van aanvaarbare menslike gedrag”

    Eerstens: Net soos die gemiddelde mens ‘n weersin daarin het waar ‘n “strait” of “hetero” ‘n meisie onsedelik molesteer geld dieselfde walging vir ‘n “homo” wat seuns onsedelik molesteer.  Indien jy my korrespondensie met JvNk gevolg het, was my verweer dat indien seks tussen  nie-instemmende partye geskied, is dit verkragting, en ook volgens wet,  dat ‘n minderjarige geensins kan instem nie. Ouer as minderjarig waar dwang op ‘n slagoffer toegedien is, val dit ook onder die konsep van verkragting, weens ‘n gebrek aan vrywillige instemming tussen die partye tot die daad. En dit is juis wat die priesters gedoen het, nl. dwang op seuns en jong mans toegepas

    Tweedens:  Ek wou die geveinsdheid van die grootste  Christenkerk uitwys wat sonde vir sy leke predik terwyl die predikers juis aan sodanige sondes oormatig self skuldig is. 

    Derdens:  Cornelius gee kort-kort onnodige en ongesubstansieerde steke na Afrikaanse Calvinisme.  Nouja.  Al is ek ‘n ateis, het ek ‘n kulturele (nie godsdienstige) aanvoeling met Afrikaanse Calvinisme, weens my voorgeslagtlike agtergrond waarop ek besonders trots is.  In Israel is daar meer ateiste onder die Jode als die ortodokse Jode, wat nieteenstaande, ‘n kulturele verbintenis met die res van Jodendom heet.  Ek wou Cornelius uitwys dat die kamma “sondes” van Afrikaanse Calvinisme geen sondes is in vergelyking met die van sy Katolieke Kerk wat hy so ophemel.

    ‘n Ander onderwerp vra jy:  “Is hy 'n ateïs omdat hy gay is?”  Weereens, in my korrespondense met JvNk het ek gesê dat gaygeit deel van my wese is, en dat ek nie ateis geword as gevolg van ewolusie nie (wat ek maar bra min van weet), maar wel as gevolg van ‘n intense en deurdagte ondersoek van die Bybel en ander vertaalde antieke geskrifte, asook ‘n intense studie van kerkgeskiedenis, asook dogma van die hoofstroom kerke, en in sekere gevalle interesante sektes oa. Sewendedag Adventiste, Jehova Getuies  en Mormone.  

    Mbt die Pous skryf jy (nog ‘n ander onderwerp): "Op jou Petrus sal ek my kerk bou".  Nie waar nie. Jesus het in der waarheid aan Petrus gesê: Jou naam is “Petros” (wat klippie beteken en onstandvastigheid verteenwoordig), maar op ‘n Rots “Petra” (nl. Christus self, “the Rock of Ages”) sal ek my kerk bou.  In elk geval, geskiedkundig, het die biskop van Rome ‘n klompie honderde jare later eers sy magte van ‘n paganistiese Roomseryk bekom.   

    ‘n Verdere onderwerp: “Ewenwel, in 'n vorige kommentaar op 'n brief van my, het Jaco verneem waarom, as iemand reeds in die hemel is, daar die noodsaaklikheid van 'n wederkoms moet wees.”   “Die wederkoms het niks met enige siel te doen wat reeds in die hemel is nie. Wanneer hy eers daar is, kom hy nie weer na hierdie aarde toe terug nie. Dis slegs Christus wat met 'n spesifieke doel weer gaan terug kom.”  

    Hoe verstaan ‘n mens dan die volgende in die NT?:  "Do not marvel at this; for an hour is coming, in which all who are in the tombs will hear His voice, and will come forth; those who did the good deeds to a resurrection of life, those who committed the evil deeds to a resurrection of judgment. (John 5: 28 – 29)  In ‘n ander plek waar gesê word: “And in this flesh will I see God”   En in die OT?: "And many of those who sleep in the dust of the ground will awake, these to everlasting life, but the others to disgrace and everlasting contempt" (Daniel 12:2)   

    My vraag weereens aan Raed-na-Gael is: Hoekom die nodigheid vir Christus om die geredde afgestorwenes te kom haal, en die verdoemde afgestorwenes hel toe te stuur, wanneer Raed beweer hulle is reeds in die hemel of in die hel onmiddellike na afsterwe? 

    En laastens skryf jy: "Volgens evolusie is homogeit 'n paradoks, en behoort dit nie te bestaan nie. Evolusie se basis is tog voortplanting met gepaardgaande aanpassing en verbetering. Met die inhibering daarvan as gevolg van homogeit, kan daar nie sinvolle evolusie plaasvind nie".

    Soos reeds genoem.  My kennis oor ewolusie is power om die minste te sê.  Ek los hierdie bespreking oor aan die meer kennerlike persone hier op SêNet.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Die kruks van die saak soos Jaco Fourie dit self en ruiterlik erken:  

    "Derdens:  Cornelius gee kort-kort onnodige en ongesubstansieerde steke na Afrikaanse Calvinisme.  Nouja.  Al is ek [Jaco Fourie] ‘n ateis, het ek ‘n kulturele (nie godsdienstige) aanvoeling met Afrikaanse Calvinisme, weens my voorgeslagtlike agtergrond waarop ek besonders trots is.  In Israel is daar meer ateiste onder die Jode als die ortodokse Jode, wat nieteenstaande, ‘n kulturele verbintenis met die res van Jodendom heet.  Ek wou Cornelius uitwys dat die kamma “sondes” van Afrikaanse Calvinisme geen sondes is in vergelyking met die van sy Katolieke Kerk wat hy so ophemel."  

    Ja, dis inderdaad hoe ek Jaco Fourie se "steke" onder allerlei hoofde met "Katoliek" daarin gespel, verstaan het.  

    Jaco Fourie (nes Wouter Ferns), voer gewoon 'n persoonlike vendetta teen my deur allerlei onsin oor die katolieke en Katolieke, kwyt te raak. Daarom ignoreer ek meestal hul twak.  

    Vir diegene wat wel nog wonder daaroor; ek plaas gereeld my deelname saam my Protestante broers en susters, menigmaal op die werf. Ek woon ook steeds gereeld en onder meer dienste in NG, Gereformeerde en Hervormde kerke by. Ek gebruik ook Nagmaal saam met my Protestante broers en susters. Ek is inderdaad gebore, gedoop, en aangeneem in die Gereformeerde Kerk.  

    My ENIGSTE kwessies met my Calvinistiese broers en susters is sommiges se ekstremistiese en fundamentele aanhang van Calvyn se "solas", hul vyandigheid jeens ander katolieke soos byvoorbeeld die Katolieke (Roomses), Kopte, Helleenses en Ortodokses - en dan sekerlik vir my die heel ergste; hul diens aan Apartheid en toe later weer hul verskoning daarvoor - alles op die Geldmag se massamedia verhoog.  

    Die kindermolestering-skandaal in die Katolieke gemeenskap, word anders as die Protestante se Apartheid-skandaal deur die bepaalde gemeenskappe en in hul bepaalde Godsdiensverband, self hanteer. Dit word  nie deur middel van die Geldmag se massa media besleg en ondersoek nie. Die Katolieke hanteer duidelik hul kwessies in Godsdiensverband, asook met respek tot die samelewing se regsordes.

    En dis natuurlik alles tot die erge frustrasie van promiskue soos Jaco Fourie en Wouter Ferns, wat die sensasie rondom die Katolieke probeer misbruik om hul eie selfsugtige dekadensie te verberg.  

    Ek ervaar ook my hart eweneens saam met andere soos Hindoes, Moslems en Jode, in diens tot ons almal se Skepper. Dis werklik moeilik om te begryp hoe die sikofante Jaco Fourie en Wouter Ferns, en na al my bydraes reeds hieroor, my ook net as 'n Roomse probeer uitsonder.  

    Wel, ongelukkig verwag ek ook nie dat hul vervelige en eentonige disinformasie, gou tot 'n einde sal kom nie.

    Verdra asseblief daarom ook my geduldige herhaling van soveel kwessies hieroor...

    Namaste!

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,

    Cornelius Henn

  • Hello, 
     
    Aangesien Cornelius Henn homself herhaal, word hiermee herhaal wat elders deur myself oor die geval Henn geskryf is: 
     

    Daar word afgesluit met die volgende en is 'n verwysing na Cornelius Henn in 'n brief komende van my 'n waarborg dat 'n tirade sonder end gaan volg. Maar Cornelius Henn is nie 'n Katoliek nie, maar wel 'n katoliek, wat dit is sal net Cornelius Henn weet en is dit 'n beweging van een en is daar nie 'n instansie wat die katolieke genoem kan word nie. Maar vir 'n gesprek daaroor is daar net te min tyd en bestaan. 

     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Beste Raed na Gael,

    Ek dink jy moet jouself sekerlik breek van die lag ...

    Ek herhaal die volgende net so uit 'n kommentaar elders rakende die werf se patetieke bleeksiel se eentonige snert oral waar die geringste geleentheid kry:

    (begin van aanhaling)

    Hel Wouter, en dit wyl ek ook reeds voorheen 'n volledige bydrae onder hoofde "Oor 'n enige katolieke kerk" geplaas het - kompleet met 'n foto van my Psalmboek waar die verklaring vir katoliek (met 'n kleinletter) gelees kan word.  

    Lees dit gerus weer hier:  https://www.litnet.co.za/Article/oor-n-enige-katolieke-kerk  

    Ja, ek [Cornelius Henn] glo en bely 'n enige katolieke of algemene Kerk wat 'n heilige vergadering is van almal wat waarlik in Christus glo, wat hulle hele saligheid  in Jesus Christus verwag en gewas is deur sy bloed, geheilig en verseël deur die Heilige Gees ...    

    Maar, ek herhaal ook die verklaring uit my woordeboek vir die soveelste maal:  

    Katoliek1, (s), =e. Iem. wat die Rooms-Katolieke geloof aanhang.

    Katoliek2, (b), =e. Die Rooms-Katolieke geloof toegedaan; volgens die Rooms-Katolisisme.

    katoliek3, (b), =e. Algemeen, allesomvattend; oor die hele wêreld versprei.

    (let asseblief op die kleinletter "k" in "katoliek3" uit die woordeboek).  

    En so sal ons seker herhaal en herhaal, tot en met die Wederkoms toe.  

    Derhalwe, WOUTER FERNS SE PARSIE IS WEEREENS LIGJARE VAN DIE ONDERWERP IN HIERDIE BYDRAE WEG!  

    Ek dink dis onbillik dat sulke moedswilligheid en mislikheid  soos dié van 'n Wouter Ferns, die werf bederf.  

    (einde van aanhaling)  

    Groete,  

    Cornelius Henn

  • Repliek op Jaco se kommentaar.  Lees weer Joh 5: 28 - 29 in samehang met Hand 17:30 en Rom 2: 14-16
    Dis hulle wat 'goed gedoen' het ( Joh 5: 28-29 ) van wie hier gepraat word. Hulle wat in Christus Jesus gesterf het, lê nie hier rond nie, maar is reeds by Hom.

    Ek beskryf Jaco se kennis van die Bybel met drie begrippe, nl vertroud daarmee, begryp wat daarin staan en ken dit.

    Maar hy verstaan nie die eenvoudige boodskap van die Bybel nie, anders sou hy vir seker nie 'n ateïs gewees het nie, maar 'n goeie en selibate gay. 

    En waarom die Engelse aanhalings?

    Raed-na-Gael

  • Cornelius,

    Ja nee ou, ek verwonder my. Dis ongesond om ander se intellektuele vermoëns gering te ag, maar ek sê jou, dis net so nadelig om dit te hoog aan te slaan.

    Hierdie twee hierbo se debattering van kwessies en seker van die deurmekaarste op die forum.  Hulle weet mos vir almal te vertel dat pêredrolle soet vye is.

    Raed-na-Gael

     

     

     

     

  • Raed

    Eerstens.  Verskoon dat ek vanuit 'n Engelse Bybel gekwoteer het.  Dit was op daardie oomblik makliker en vinniger gewees om direk vanaf die internet te kon kwoteer het.

    Tensy ek jou misverstaan, glo ek jy het my vraag nie beantwoord nie, nl: "Hoekom die nodigheid vir Christus om die geredde afgestorwenes te kom haal, en die verdoemde afgestorwenes hel toe te stuur, wanneer Raed beweer hulle is reeds in die hemel of in die hel onmiddellike na afsterwe?"

    Mbt tot Joh.5:28,29 sê jy hierbo: "Hulle wat in Christus Jesus gesterf het, lê nie hier rond nie, maar is reeds by Hom" (kwoteer asblf die Bybel teks?).  Dit klink vir my heel teenstrydig met wat Johannes 5 wel gese het, nl. "(28) Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd (die wederkoms) wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor  (29) en sal uitgaan (opstanding van die dooies). Die wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en die wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word. (Die Engelse vertaling "resurection" is meer nader aan die oorspronklike).  OF wil jy hiermee te kenne gee dat jy met my saamstem dat die Bybel vol weersprekings is?

    Ek het jou ander tekse gelees, wat geensins betrekking op my vraag het nie, maar sal wel kommentaar daarop lewer:   

    Hand. 17:30 “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep hy al die mense oral om hulle te bekeer”  

    Indien jy na my verwys, is ek nie oor die Bybel-boodskappe onkundig nie, maar indien hy (god) dit kan regkry om my te oortuig hy bestaan, sal ek seer sekerlik daaraan voldoen.  Hoe weet JY hy bestaan, behalwe dat jy van kindsbeen af met die mite geïndoktrineer was dat daar êrens, maar nêrens sodanige wese bestaan.

    Rom 2:14 – 16  Redelik lywig vir hierdie respons en ek gee hiermee net ‘n opsomming:  “Heidene wat nie die wet (Christen boodskap) ken nie, maar dit uitlewe, is vir hulself ‘n wet, en is ‘n bewys dat die wet (Christen boodskap) in hul hart geskryf is.  Met die oordeelsdag sal hulle dienooreenkomstig ge-oordeel word.” 

    Soos ek dit verstaan is dit dat goeie mense wat nie van  Christus se bestaan af weet nie, sal volgens hulle optredes uiteindelik deur god bepaal word of hulle hemel toe gaan al dan nie.

    Dit is jammer dat jy in Neelsie se trant die volgende oor my te sê het, nl: “Hulle weet mos vir almal te vertel dat pêredrolle soet vye is.”, want dit toon vir my dat die Jesus wat jy hier op die werf wil verkondig, nie die Jesus is wat in jou hart is nie.  Ook dat jy nie bereid is om jou geloof (soos Paulus met die Grieke bereid was) te debatteer nie, maar om jou op slagspreuke als alternatief tot gesonde denke en bespreking te wend.

    Jaco Fourie

  • Hello Raed-na-Gael

     
    Vir die rekord het ek glad nie in enige gesprekke hier negatief na jou verwys nie. Die reaksies kom van Cornelius Henn en was die besluit dat ek nooit weer in gesprek met Cornelius Henn sal wees en dit bly staande. 
     
    Tussen jou en Jaco en Cornelius Henn kan die gesprek gaan watter rigting ook en het ek nie 'n direkte belang daarin nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Jaco,

    Ek vermoed dat jy daar voor jou rekenaar sit en skaterlag. Maar jy verkeer onder 'n wanindruk indien jy dink dat ek besig is om jou te evangeliseer.  Verre daarvandaan. Ek is diep onder die besef dat ek nie my God en Sy Seun teenoor enige mens hoef te verdedig nie. Ek kan wel Hul storie vertel aan die wat wil luister.

    Vir hulle wat nie wil luister nie,  het die Bybel ook 'n antwoord. ( Matt.10:14-15 en Mark 10:11. ) Maar moenie die voorafgaande as 'n dreigement van my af beskou nie. Ek is nie 'n " puncher " nie.

    Jy dring aan op teksverse maar tog ken jy hulle almal en weet jy dat teksverse nie in afsondering gelees en verstaan moet word nie. Die gevaar is wesenlik dat 'n mens die verse uit verband uit sal aanhaal, soos bv.  Jak. 3 :19 , dis nie genoeg om net te glo dat daar een God is nie,  jy moet iets daaromtrent doen.

    Die Bybel leer vir my (Matt 28:20, want geen mens word gebore met liefde vir God nie, hy moet geleer word) dat almal wat glo en vertrou op Jesus Christus nou reeds die ewige lewe besit. (Joh 3 : 36 en ander verse)

    Nie eers wanneer die gelowige mens tot sterfte kom nie, nou al.

    Jy weet tog wat die ewige lewe beteken, 'n lewe by en saam met God.  (Jesus te woorde aan die rower terwyl hulle aan die kruis hang bring tog duidelikheid of hoe. Luk 24 : 42-43)

    Nou hoekom sou die opreg gelowige nou eers in 'n graf gaan lê. Dis bedoel vir gelowiges wat aan die slaap geraak en louwarm van hart geword het, en natuurlik vir jy weet wie. (Open 3: 2 en 15)

    Die Bybel is die Lig in hierdie huidige donker en swart wêreld. Geen donkerte, hoe swart ookal, kan die enkele lig van 'n kersie uitdoof nie.

    Vir my is Christus die enigste sprankie hoop, en weet jy tog wat hoop is, dit staan hier bo.

    Jy praat van hart, dis interessant !, hoekom maak jy nie joune weer oop nie ?

    Raed-na- Gael

    (Ok,... Wouter )

  • Raed

    Ek het werklik respek vir jou en ander se godsdienstige oortuiginge, indien sodanige persone opreg uitleef wat hulle predik (soos jy vir my in Rom. 2:14-16 mbt tot die gesindheid van die heidene uitgewys het),   Ek vat alleenlik godsdienstiges aan wat huigel oor hulle godsdiens en ek is seker dat jy dit wel agtergekom het.

    Met alle respek, en ek gaan hierna nie verder daaroor uitwei nie.  Jou siening oor die geeste of siele in die hemel of hel onmiddellik na afsterwe, strook nie met die meeste verwysings in die Bybel mbt die opstanding met die tweede aankoms van Jesus nie.  Miskien moet jy 'n deeglike studie van hierdie enkele onderwerp maak, sodat jy die Bybel nie na teenstrydigheid laat voorkom nie.

    'n Finale gedagte oor die onderwerp.  Lazarus het gesterwe.  Sy lyk was besig om te vervrot, en volgens jou siening, is sy gees/siel direk hemel toe.  Jesus kom en maak hom weer lewendig in die vlees.  Dink daaraan.  Is sy siel/gees nou herroep vanuit die hemel om hom weer 'n lewendige mens te maak?  Indien so, het Jesus aan hom dan 'n guns of onguns bewys, sodat hy miskien in die toekoms hier op aarde voor nog 'n dood sy siel deur sonde kan verloor!  EN dink jy nie dit sou noemenswaardig vir die skrywers van die evangelieboeke, Lazarus se  getuinis rakende sy verblyf in die hemel, te dokumenteer het nie?

    Jaco Fourie

  • Jaco,  (Jammer ek het nou eers gelees. Jy sal seker eers Maandag hier lees )

    Lasarus ... ?  Daar is geen aanduiding in Joh 11 dat Lasarus 'n gelowige was nie.

    Ek nooi lesers uit om hul te vergewis deur die hoofstuk self te lees. Lasarus se onmiddellike familie was aan Jesus bekend en hulle het Hom gesmeek om aan hul broer aandag te gee.

    Jesus self het Sy Vader versoek om Hom te help. Vers 41-44.

    Jy sê Lasarus was "vervrot".

    Ek sê jou wat,  kom ons vervang Lasarus met Jaco.

    Hoe sê u lesers. Kan ons 'n wonderwerk hier op die Sê beleef ?

    Groetnis

    Raed-na-Gael

  • Raed

    Jy mis die hele punt.  Is dit aspris? 

    Jy sê indien jy doodgaan, gaan jou siel / gees onmiddelike hemel of hel toe. Ek gebruik die voorbeeld van Lazarus om 'n punt rakende die siel / gees te maak, nl volgens jou redenasie (nie die Bybel s'n nie), moes Jesus Lazarus se siel / gees van die hemel herroep het vir die doel.  Jou antwoord is wie is te sê Lazarus was 'n gelowige?  Dit traak my werklik nie of hy gelowige was al dan nie.  Maar gesien jy dit noem, veronderstel hy was 'n ongelowige.  Het Jesus dan sy siel van die hel herroep om hom weer 'n lewendig wesen te maak? 

    Die Bybel is baie duidelik dat met die koms van Jesus, alle dooies weer in die vlees lewendig gaan word, en diegene wat tot die hemel bestem is, se verganklike vlees verander in onverganklikheid, en die wat na die hel toe bestem is, tot verbranding.  Daar is genoegsame bybeltekse om wat ek hierbo gese het te staaf.  Ek het jou gevra, en vra weer, kwoteer bybeltekse om jou siening volgens die Bybel te staaf.  Die kan jy blykbaar nie doen nie.

    'n Ander moontlikheid is dat jy aan een of ander Christelike sekte hoort wat 'n eiesoortige siening huldig, mbt die siel, teenstrydig met Bybelse beskouing daarvan.

    My oorspronklike vraag aan jou was: "Hoekom die nodigheid vir Christus om die geredde afgestorwenes te kom haal, en die verdoemde afgestorwenes hel toe te stuur, wanneer Raed beweer hulle is reeds in die hemel of in die hel onmiddellike na afsterwe?" Die vraag is steeds nie beantwoord nie.

    Jaco Fourie

  • Jaco,

     

    Jy keer, jy skerm, jy gooi wal.

     

    Jy gryp na grashalmpies. Daar is 'n ding wat jy moet afsweer, wat jy nie wil nie, jy wil nie eens daaraan dink nie. Jy soek regverdiging daarvoor. Jy soek 'n verweer. Jy wil kan sê dis nie my skuld nie.

     

    En ek moet jou help daarin. Ek kan nie.

     

    Rom 8:1 sê dat daar dus nou geen veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie.  Hulle wat gaan opstaan was dus nie ten volle / glad nie in Christus Jesus nie en moet eers geoordeel word. Die wat daardie tyd in Jesus is en nog lewe kry onmiddellik hul nuwe hemelse gedaante.

    Die ander hul ewige gedaante wat geskik sal wees vir 'n ander plek. Paulus het aan Timoteus geskryf om almal te vermaan om op te hou met 'n bakleiery oor woorde. Sulke argumente is futiel en kan mense ruïneer. 2Tim 2 : 14 & 16 (Lees gerus ) Ek wil jou nie verder in die verderf in lei nie en volstaan hiermee.

    Sekte, ag nee wat.  Jy slaan die bal geheel en al mis.

    Raed-na-Gael

     

     

  • Raed

    Ek weet die Bybel veroordeel my leefswyse en het ek nooit ooit verskoning daarvoor probeer soek nie. Ek is wat ek is PUNT of diegene soos jy wat aan die god-sindroom-kop-siekte ly dit wil aanvaar al dan nie is vir my om te ewe.  Ek is gelukkig soos ek is en gaan nie vir jou of enige verbeelde god verander nie.

    Maar jy wat met die "BIBLE PUNCHING" vorendag kom, kan nie eers 'n eenvoudig vraag (nou die vierde keer gevra) vanuit jou eie geloofsbron, nl die Bybel, vir my 'n antwoord gee nie. Jou siening oor die saak verskil ook ooglopend met jou geloofsbron,nl die Bybel.

    Hou op huigel, en kom by man.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top