"Die gedagte aan jou" deur Emile Viljoen

  • 0

Die gedagte aan jou

Ek sit en dink aan jou en dis toe dat ek iets van my en jou onthou
Ek wou nog vir jou sê dat ek vir jou wil hê
Maar wat moet ek doen dat jy weer by my kan lê
Kom luister hier daar is iets wat ek vir jou wil sê

In my brein hardloop my voete weer tot in jou kamer
En ek gooi weer rose op jou bed en serenade jou weer met woorde
In my brein hardloop my voete tot in jou kamer
En ek gooi rooi rose op jou bed, bid vir jou ’n hartsgebed
En dink terug aan my gesnyde gewrig, wat my laat sug
Hoekom draai jy jou rug? was jou woorde op my gerig?

Ek staar weer na jou aangesig in die oosterlig
Ek wonder moet ek jou soen, wys my hoe ek dit moet doen
’n Gebroke hart is wat mens dit noem.

Ek vra jou nou onthou jy my soos ek jou onthou?
Ek onthou jou lippe so sag, hoekom staan ek hier vir jou en wag?
Ek onthou jou oë, dit is wat my in liefde laat glo
Ek onthou jou hare, steenkoolswart
Hoekom sit jy my nou deur hierdie smart
Ek onthou jou lyf se parfuumreuk wat nog soos ’n mes deur my are steek
Ek onthou jou hand wat perfek in myne gepas het.

In my brein hardloop my voete weer tot in jou kamer
En ek gooi weer rose op jou bed en serenade jou weer met woorde
In my brein hardloop my voete tot in jou kamer
En ek gooi rooi rose op jou bed, bid vir jou ’n hartsgebed
En dink terug aan my gesnyde gewrig, wat my laat sug

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top