Die gay-kwessie as geskilpunt in die kerk

  • 17

Ek hou nie van Bybelversies aanhaal nie, maar met die gay-kwessie in kerke as geskilpunt, wonder ek nou of die hofuitspraak hieroor die Bybel as diskriminerend verklaar het. In Genesis word gepraat van man wat sy vrou sal aankleef. Moet sulke dele nou verander na "lewensmaat", om gays nou relevant te maak in kerk en geloof? 

Vra maar net ...
 
Hans Richardt 
  • 17

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Is hierdie hofuitspraak nou vryheid van keuse en assosiasie?
    Vryheid van uitdrukking en godsdiens?

  • Hans Richardt

    Daar is vele plekke in nuutste bybelvertaling in ou en nuwe testament wat gaan oor verhoudings tussen man en vrou in huwelik.
    Met uitspraak teen kerke, gaan daar nou nuwe politieke korrekte bybel verskyn, om na lewensmaat te verwys? Die hofuitspraak het tog nie vrou na lewensmaat of andersom verander nie. Ek as Calvinistiese reformistiese belydende lidmaat verstaan nie meer die reg nie. Die hofuitspraak het tog die reg van vryheid van godsdiens verander, want ek as heteroseksuele het bybel geglo soos dit vertaal was, dat Adam vir Eva as vrou, nie as lewensmaat nie, gekry het, is hoe ek dit lees. Jesus verwys ook na man en vrou in huwelik en so ook Paulus, nie as lewensmaat nie.
    Gaan die hofuitspraak nou nuwe politieke korrekte herskryfde bybel tot gevolg hê? Ek wag vir antwoord,

  • Hans, ons sien nog net die ore van die seekoei. Daar is reeds soveel beskrywings van die Bybel dat nog 'n klomp waansinnigheidwaansin op pad is. Ek voorsien dat een of ander bose beroerling of verrukking die woorde man en vrou uit die Bybel sal wil laat verwyder. Nog meer rede of ekskuse vir mense om faakt up te word, wees en te raak. Ek kry die arme kinders jammer wat in die omstandighede groot en mens moet word. Behoede ons.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, die bybel se inhoud was kwansuis net hoorsê getuienis in hof en die hofuitspraak weerspieël dit.
    Vir ons ouer Calvinistiese morele opgevoedes, wat deur die Sondagskool en katkisasie roetine was as kinders en glo ons is belydende lidmate in kerk, was bv nie deur MRK of hof genader in openbare verhore oor die aangeleentheid nie, want oorsee word ouers wat geslagtelikheid by hul kinders bevorder, van kindermishandeling beskuldig.
    Ons moet stilbly oor behandeling wat ons van howe kry?

  • Hy het van die dinge alles geweet toe hy gevra het "maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind"?
    (Indien wil weet - Luk 18:8)

  • Hans Richardt

    Wel, die NG kerk in Namibië het hul skok uitgespreek oor besluite van NG kerk in SA.
    Die liberale veroorsaak chaos en gooi grense wat met bloed van voorgeslagte getoets en in plek gestel was, omver.

  • Hans Richardt

    Wel, gelukkig is ek nie in NG kerk nie, maar dit het regspresendent geskep, wat alle kerke kwesbaar maak.
    Destyds was versetteologie in die mode, gaan ons dit gebruik en hierdie hofuitspraak met stilswyende verset behandel, deur tiendes en offergawes te weerhou? Wanbetalers en gelowiges te wees?

  • Wys my 'n gelowige wat streng volgens die wette van die bybel leef, en ek wys jou iemand wat baie diep ver weg in die tjoekie toegesluit behoort te word.

  • Hans Richardt

    Angus...toegegee. Ek sal nog steeds wanbetalers vir onthouding van tiendes en offergawes ondersteun.
    Eintlik het die hofuitspraak die bestaande bybelinhoud onwettig verklaar.
    So Angus, jy sal seker 'n nuwe vertaling steun waarin bv staan: "..die man sal sy ouers verlaat en sy lewensmaat aankleef"?
    Vryheid van godsdiens en assosiasie was verander deur die hofuitspraak en aanvaarding daarvan deur NG kerk sinode.
    As dit in my kerk gebeur, sal ek selfs weier om kollekte in sakkie by deur te gooi, maw wanbetaler word in SA tradisie.

  • Barend van der Merwe

    Die Bybel is reeds verander en aangepas. Daar is woorde met hoofletters geskryf om te pas by die leer van triniteitsteologie, terwyl Hebreeus eintlik geen hoofletters het nie. Ek dink nie dis 'n slegte idee om die Bybel te herskryf en al die onsmaaklilhede te verwyder nie. Dit is alles immers maar net stories. Beter nog, laat staan die Bybel en lees eerder van die magdom ander wonderlike boeke wat al geskryf is. Hoekom so obsessie he met die Bybel? Dis net nog 'n storieboek.

  • Hans Richardt

    Barend van der Merwe, wil jy nou beweer Sodom en Gomorra was verbeeldingsvlug?
    Lot se soutpilaar staan dan nog. Wonder darem wat jy dan die "para"dys sal noem...die tuin van Adam?

  • Hans Richardt

    Vir my gaan dit bloot daaroor dat die reg tot vryheid van godsdiens goedsmoeds opgegee word. Die hofuitspraak is voorskriftelik en vryheid word iets relatief.
    As 'n vlieënier van seker postuur moet wees, omdat hy in vliegtuig se kajuit moet inpas, waarom mag 'n predikant nie van 'n bepaalde seksuele oortuiging wees om op 'n preekstoel en 'n gemeenskap te moet inpas nie? Nie die Torah, Koran of Bybel beskryf geslagtelikheid as 'n seksuele voorkeur nie. Liberale veroorsaak net chaos en pyn in die wêreld.

  • Barend van der Merwe

    Tja, mens moet maar 'n sterk verbeelding he as jy glo die storie van Lot het ooit gebeur.

    Nietemin, ek vermoed jy praat van daardie ou hofsaak wat al 'n wyle gelede gebeur het. Dit is nou al bietjie holrug gery, veral weens die feit dat weinig mense presies verstaan wat daar gebeur het. Het jy die onlangse sinode gevolg? By die onlangse sinode het die anti-gay klomp toe nou ook gedreig om die kerk hof toe te sleep. Hoekom? Want die 2015 besluit was glo OOK nie volgens die prosedures van die kerk geneem nie. Weereens het die kerk skynbaar hulle eie reels gebreek. Nogals ioronies toe die gays dit doen, toe word daar gekla dat dit nie in die Christelike gees van goeie broederskap is om mekaar hof toe te sleep nie, maar toe oorweeg die anti-gay mense self ook maar die howe.

    Uiteindelik het hulle toe nou al twee besluite, die 2015 pro gay besluite en die 2016 anti-gay besluit beide laat vaar, en toe 'n heel nuwe besluit formuleer. Die besluit bind geen gemeente nie. Elke gemeente kan besluit of hulle gay predikante wil beroep of nie en of hulle gay verbintenisse wil erken of nie. So waaroor dit nou so erg is sal ek nooit weet nie. Baie gemeentes het tog vir jare gekla dat hulle self besluite wil kan neem, en nie meer voorgeskryf wil word deur die Algemene Sinode nie, en noudat hulle die keuse kry om self oor sake te besluit, nou is hulle opnuut dikbek en ontevrede en beswaard. Vir my lyk die situasie na die perfekte oplossing, want nou kan elke gemeente doen presies net wat hulle wil.

  • Tja, 'n mens moet ook 'n bietjie wyer lees voordat jou verbeelding in werking tree.
    Soos die gebruik is het die vrou agter die man geloop.Die gebied waarin die stede geleë was was onderhewig aan aardbewings en selfs vulkaniese uitbarstings.

    Sy het heel moontlik geaarsel en is deur giftigtige gasse oorval want behalwe asfalt was daar ook ander ontvlambare stowwe.Dit het kommentators genoodsaak om tot die volgende moontlike verklaring te kom: "The dashing spray of the salt sulphurous rain seems to have suffocated her, and then encrusted her whole body. She may have burned to a cinder in the furious conflagration. She is a memorable example of the indignation and wrath that overtakes the halting and the backsliding."

  • Daar kom 'n dag van afrekening!!
    Volgens die Tekens vd die tyd is hierdie afrekening nou nader as ooit.

  • Hans Richardt

    As daar een ding is waaraan ek nie glo nie, is dit Israelvisie se eindtye bewerings.
    Job is goeie berispering, met vraag of Job enige-iets aan die sterre se voorkoms kan doen.
    Ek sal wanbetaler wees, teen gay in kerk op preekstoel. Deesdae word tiendes en offergawes vir alles behalwe armes te aangewend. Hoekom moet privaat individuele keuses, die kollektief negatief beïnvloed? Liberale veroorsaak net chaos orals.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top