"Die Gang van Dwang" deur Ryno Crous

  • 0

Die Gang van Dwang

Glimlag want jy’s myne, of huil want ek is bang
Want vir ? gebreekte hart is daar nie medisyne
As die trane jou kom vang
Portrette teen die muur van goeie tye en sleg
maar wat is dit werd want my glimlag is weg

REFREIN:
En ek verstaan nie hoekom dit so moeilik moet wees
vir die skaduwee wat ons almal laat vrees
En ek sê nie dis nou nie maar eendag
Sal ons dalk eendag gelukkig wees?

Deure gesluit, van al die pyn en spyt
muurpapier van hartseer, wit en swart
vensters toegemaak soos ? bankrotte hart

Val oor die mat wat ons van mekaar wegkeer
maar hoe kom mens uit by die ander kant se deur?

REFREIN:
En ek verstaan nie hoekom dit so moeilik moet wees
vir die skaduwee wat ons almal laat vrees
En ek sê nie dis nou nie maar eendag
sal jy dalk terugkom?
En sal jy weet wat ek meen, want elke dag voel ek alleen?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top