Die Europese borrel het gebars, Francois

  • 0

Hello Francois,

Die temas uitgelig deur my het verwys na die skuld wat aangegaan was deur die publiek wat dit nie kon terugbetaal nie asook die skuld wat aangegaan was deur die regerings van die lande in die Europese Unie en die krises wat dit veroorsaak het. Hierdie tesame met die inkrimping van die ekonomie skets die omstandighede soos dit nou daarna uitsien. Soos aangedui was dit gebaseer op ’n opsomming aangebied deur Martin Wolf en defnitief nie Wikipedia nie. Net soos dit ook bevind het dat die oorsake nie gevind kan word in “transformasie” en “immigrasie” soos Jan Rap probeer aanvoer het nie.

Indien daar uitgebrei moet word op die korrekte aanvaarde temas soos aangedui hier bo sal dit verwys na die groot “North Atlantic real estate bubble” wat ongeveer die einde van 2007 tot ’n einde gekom het net soos huispryse hier in Suid-Afrika ook buite beheer was en nou nog sukkel om te herstel.

Die redes vir die borrel volgens aanvaarde ekonomiese ontledings word gebaseer op die volgende redes.

Die lae rentekoers beleid wat geheers het soos bepaal in die VSA deur die Federale Reserwe Bank en alhoewel die rentekoers nie in alle lande wat deel van hierdie borrel gevorm het so laag was soos dit in die VSA was nie het dit in die VSA die sielkundige effek tot gevolg gehad dat die risiko vir skuld as beperk beskou was en daar ’n drastiese toename in skuld aangegaan ervaar was, tesame met die geloof dat eiendom se waarde vir altyd sal styg.

’n Tweede aspek was die ooraanbod van geld, die “savings glut”, waar daar ’n oormaat van geld beskikbaar was op soek na opbrengste en grootliks hulle weg gevind in beleggings wat die lenings van die eiendomsmark moontlik gemaak het en as die werklike rede vir die borrel gesien kan word aangesien hierdie oormaat van geld wat op soek was na beleggings geleenthede en die mark was perfek daarvoor en het so ’n momentum opgebou wat nie onder beheer kon gebring word nie.. Dit was die tipiese bose kringloop en in hierdie geval, die wat dors na skuld en die wat die kapitaal kon voorskiet in was in perfekte harmonie.

Hierdie tweede aspek vorm aansluiting in die derde rede vir hierdie borrel, naamlik die skepping van eksotiese produkte, soos byvoorbeeld “collateralized debt obligation” wat hierdie huislenings verpak het en aan beleggers verkoop het op globale skaal en so die skuld versprei het en die globale markte blootgestel het aan hierdie risiko.

Die vierde aspek verwys na twee instellings wat spesifiek tot die VSA is, naamlik Freddie Mac en Fannie Mae en sal nie in hierdie brief bespreek word nie.

Die borrel het gebars en wat gebeur as ’n borrel bars?

Uit Kenneth Rogoff en Carmen Reinhart se “This Time Is Different: Eight Centuries of Financial Folly”:

“What we’re in the middle of right now is the second great contraction. The aftermath of financial crises tends to be nasty, brutish, and long. That is, financial crises are typically followed by deep recessions and these recessions are followed by slow, disappointing recoveries. In the past, banking crises have often led to sovereign debt crises as well, since banking collapses depress the economy, reducing government revenue, at the same time that they often require large outlays to rescue the financial system. Greece may be only the first of many stories of troubled governments; most obviously, Spain, Portugal, and Italy are all in some danger”.

Dit bring op dit datum en die verloop soos uitgelig het jy voorsien, jare terug al, wanneer, waar en hoe?

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top