Angus skryf (https://www.litnet.co.za/die-bybel-en-ewolusie/):
“O, die erdwurm kan nie homoseksueel wees nie al wil hy/sy/dit ook hoe graag.”
Wat hy verseg het om bykomstig te noem is dat die erdwurm ook nie heteroseksueel kan wees nie, al wil hy/sy dit hoe graag, aangesien dit ’n hermafrodiet (tweeslagtig) is, wat met behulp van ’n ander hermafrodiet mekaar bevrug.
Slakke, sekere plante asook sekere visse is tweeslagtig, sekere hermafrodiete wat van een geslag na die ander kan oorskakel; ander wat sodanig bly; en sekeres wat ook selfbevrugting kan bewerkstellig.


Kommentaar
Betse Jaco,
Ek het niks "verseg om bykomstig te noem" nie, ek het maar 'n grappie probeer maak (volgens jou, 'n taamlik flou grappie), en wou nie juis 'n verhandeling oor die erdwurm skryf nie. Dit het ek jare gelede gedoen toe ek eens op 'n tyd die erdwurm bestudeer het.
Groete,
Angus
Angus
Dit wil voorkom jy is fyngevoellig. Jammer indien ek myself nie duideliker uitgespreek het nie. Ek het wel jou humor met waardeering agtergekom en dit beslis nie as 'n "flou grappie" beskou nie, maar terselfde tyd die geleentheid waargeneem om vir die leser iets verder omtrent die erdwurm uit te brei, die dat ek dit onder 'n aparte hoof aangebring het.
Soos voorheen en by herhaling het ek altyd groot respek vir jou uitgebreide kennis.
Hmm. Ek "overthink" nie juis die erdwurm nie en ek het nog nooit gedink die arme ding gaan ingesleep word in die doodsvervelige en stomdom argumente oor sodomiete nie. Ek het 'n wurmplaas en gebruik hulle vir hengel in die pragtige mere van Tasmanië. Dalk sal ek op 'n stil dag my visaas uitvra oor hul sekslewe as ek verveeld raak in die warm sonnetjie teen die water, volgende somer.
Stywe lyne en slap wurms vir julle almal.
Duitswester
Duitswester
Soos gewoonlik met jou bydraes. GAAP!