Die Engelse koerante was toe verkeerd

  • 0

Soos ek al gesê het: Destyds, in die ou bedeling, behandel die myneienaars (oorsese Engelse meestal) die werkers sleg; lae lone, haglike vroulose hostels, die soort van ding. Die werkers is ver van die huis, oorwerk en slaap koud en leef ongesellig wat kort humeure tot gevolg het en geweld breek uit.

Die mynbase bel die polisie (destyds bekend as die Boere) en dié kom herstel orde. Joernaliste neem foto's en daar word vir die wêreld vertel 'kyk wat doen die Boere (dit sluit nou die polisie, Boere en Afrikanerregering in) aan die inheemse bevolking'. Terloops, dit was meestal uitheemse werkers wat per trein van ver af gekom het.

Enige so'n geval was vir die Engelse koerante 'n teken, 'n vingerwysing, dat die swartes moeg is vir onderdrukking en vry wil wees. Is dit nie ironies nie – buitelandse swartes rebelleer teen haglike akkommodasie en karige lone verskaf deur Engelse en die Engelse joernaliste vertel die wêreld dis 'n manifestasie van 'n stryd om die Afrikanerjuk ontslae te raak.

Eventwil, verlossing het gekom en die vryheid was toe daar. En nóú is daar opstande, protes en ongekende vernielsug en geweld, ek verstaan so-iets soos 11 000 verlede jaar; geboue, treine en busse word aan die brand gesteek, mense kry seer, gaan selfs dood, karre word met klippe gegooi, paaie word gereeld soos klokslag verniel met brandende bande, dis chaos.

Wat ookal die redes is, is nie nou ter sake nie; die feit bly bestaan dat die redes wat die Engelse koerante aangevoer het die oorsaak sou wees lankal weg is en die chaos het meer as honderdvoudig toegeneem.

Wat die Engelse koerante dus nou moet doen is om verskoning te vra en, as boetedoening, elke dag die voëlstront van Paul Kruger se beeld gaan afwas.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top