Hello,
Hoe meer ek Jacobus Faasen se brief lees, hoe dieper raak dit my maar verskil tog, Afrikaans, ideologie en Nasionalisme is so nou verweef dat die taal dalk amper nie meer gereinig kan word nie, maar tog die taal moet voortgaan. Hoe het Duits die Holocaust oorleef? Dit het en floreer en het Adorno indien reg onthou die reg van Duits vir die beoefening van letterkunde ontken. Paul Celan, 'n Jood, het juis in Duits gedig. Taal is dus glad nie onskuldig nie en het ook 'n blaam om te dra en is besmet die sondes van die vaders en sal dit besoek word aan die kinders tot en met die duisendste geslag.
'n Profeet is ek nie en kan nie die toekoms voorspel nie.
Hierdie is egter nie die doel van hierdie brief nie en wil ek veel eerder fokus op die dwaal van ontkenning waarvan Jan Rap so 'n voorbeeld is en kan 'n Kobus de Klerk in sekere opsigte ook nader getrek word wanneer daar gepraat word oor die etiket van argumentering. Cornelius Henn raak ek nie aan, ek het nie die tyd of die lus daarvoor nie en is selfs die verwysings na 'n Jan Rap en 'n Kobus de Klerk nie 'n direkte aanklag maar 'n bevraagtekening van wat is die verwagtinge wat gekoester kan word van 'n persoon waarmee daar in gesprek is.
Ek kon nog nooit besluit wat my finale siening oor Christopher Hitchens is nie. Iets was nog nie altyd reg nie en Curtis White het finaal vir my bevestig wat in die boek van hom, The Science Delusion: Asking the Big Questions in a Culture of Easy Answers en die hoofstuk beskikbaar gemaak.
Met die lees daarvan, hou die optredes van 'n Jan Rap in gedagte.
Die temas van die opstel in sy kern is soos volg:
To be intellectually shameful is to be dishonest, to tell less than you know, or ought to know, and to shape what you present in a way that misrepresents the real state of affairs. In this sense they lack “decency”.
Soos die onlangse rondte oor gay huwelike bewys was Kobus de Klerk oneerlik oor al die aspekte wat die onderwerp aangaan en net soos Jan Rap nou weer alles wat grondige motiverings het in Jacobus Faasen se brief ontken en met 'n vertelling vorendag kom wat die werklikheid volkome wanvoorstel en daarmee alle ordentlikheid prysgee.
Wanneer 'n persoon doelbewus lieg, nie alles erkenning gee aan, wat oor 'n onderwerp bekend is of nie moeite doen om die waarheid te gaan soek nie, dan misluk daardie gesprek en is die gesprek glad nie in goeie trou nie.
Die eise is hoog, maar dit is wat vereis word, wanneer daar daadwerklik na die werklikheid gesoek word en dit met 'n eerlike gesindheid gedoen word.
Daarom dan die briewe van Jan Rap so 'n wrewel in my bring, dit het geen ordentlikheid en dit faal die toets op soveel vlakke en is ook die rede hoekom ek Kobus de Klerk se eindelose sedelesse kortgeknip het.
Dit is nie gesprekke wat in goeie trou plaasvind nie en waar die een deelnemer nie die moeite doen om die werklikheid te gaan soek nie, maar slegs kom met 'n verstoke ideologie, 'n teokratiese god besetenheid en sedelesse vir almal.
Die slot paragraaf is soos volg en aangepas om Hitchens uit die prent te verwyder en na die tipe te verwys:
Where are their conscience when they knowingly falsifies the history of religious and philosophical ideas? (Or politics, history) Are they not themselve an example of how conscience is about what suits one’s purposes? Personal ethics tend to reflect cultural ethics, and cultural ethics usually follow tribal interests. For they also have a tribe: the “reasonable,” the clean, the well-spoken, the “right sort,” the educated men, the ones who know and revel in their difference from the ignorant, the slaves, the religious fools, the ones who don’t go to Cambridge and don’t eat good lunches. They are self important and shared their most intense privilege: the right not to have to take seriously their own lies and misdeeds.
Waar is die eerlikheid?
Waar is die ordentlikheid? (Waar ordentlikheid doodgewoon verwys na die moeite om eerlik te wees oor die werklikheid buite jou self)
Waar is die moeite om dit reg te doen?
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Beste Wouter,
Verskoning: ek bedoel Hitchens
Wouter,
Ongelukkig is jy, blykens jou brief hierbo gelees met jou hantering van die gesprekke waarvan jy melding maak, juis die een wat die waarheid en werklikheid rondbuig en dan vinnig is om gou-gou 'n ander die skuld daarvoor te gee voor iemand agterkom dat dit waarvan jy die ander beskuldig, juis jou modus operandi is.
Dit is wat gebeur het met die gesprek oor homoseksuele huwelike en kinderaanneming en jou gesprek met Jan Rap.
Maar daar is 'n rede waarom jy sulke dinge doen - die sake waaroor ons verskil, lê jou nie net na aan die harrt nie, dit raak jou hele lewensfilosofie en jou hele lewenstyl. Jy is in die ergerlike posisie dat jy nie durf waag om vir my en ander wat met jou daaroor in gesprek tree, die krediet van waarheid daaroor te gee nie - want as jy sou, sou jy gewoon moes toegee dat jy inderdaad nie die waarheid praat nie.
Dan het jy ook die manier om, wanneer dit by interpretasies kom en jy iets nie mooi begryp of wil begryp nie, soos die Amerikaanse hofprosesse en die betekenis van hulle uitsprake 'n voorbeeld van is, 'n ander se beter weergawe eenvoudig as onwaar te probeer afskiet.
Nou verbaas dit my dat jy met so 'n strawasie kom en die dinge so aan die openbare klok kom hang, asof jy in jou gesprekvoering 'n monnik is wat die waarheid onbeskroomd nastreef - jy, wat jou eie 'waarheid' aanmekaarflans en almal anders wat met jou verskil as leuenaars uitskel.
Daar is 'n ou gesegde wat baie waar is - moenie met groot klippe na ander gooi terwyl jy self in 'n glashuis staan nie - veral nie as die ander nie ook in glashuise staan nie.
Waarheid is 'n objektiewe maatstaf, en vir elke aspek van hierdie ou lewe is daar slegs een waarheid - die kuns is om daardie waarheid op te soek en te na te streef en die manier om dit te doen, is nie om die waarheid te los en sommer jou eie te fabriseer met 'n beskuldigende vinger na ander, terwyl drie na jou terugwys, nie.
Dit is wat gesprekke nie enduit laat vorder met jou, nie.
Daarom is dit selfs vermetel van jou om so 'n brief te skrywe - asof jy gedink het dat jy jou eie skete in gesprekvoering daarmee kan verbloem.
Kobus de Klerk
Hello Angus,
Hello Angus,
Hello Angus.
Beide politiek en Godsdiens is voldonge werklikhede al so lank as wat die mens in groepsverband bestaan - net die mens wat greep op realisme verloor het sal dit ontken. Waarom ontken jy dit, Wouter? Met daardie aanmerking wys jy maar net deur watter waas jy die werklikhede van die lewe bejeën.
Vandaar ook jou interpretasie van die Amerikaanse regsproses en die uitsprake daar. Luister mooi na jou ITune.
So van kru gepraat, jy met jou kondoom-les ...
Die aanneming van die sedelesse sou jou by die punt bring waar jy nooit jouself aan die walglikheid van die gesuig aan 'n kondoom of dit van mede manlike aard wat deur die kondoom bedek word, gekom het, nie.
So is die aanneming van die sedeles van veel meer waarde as enige kondoom en blywend daarby ...
Wat jy eintlik met daardie enkele ondeurdagte opmerkinkie van jou maak, is om net weer te bevestig hoe die praktyk van homoseksualisme die siekte van dood soos 'n pes laat versprei ... en steeds leer jy nie jou les nie en steeds kletter jy 'what ya gonna do' ...
Om foute te maak, is een ding. Daar is nie 'n skepsel op aarde wat nie foute maak nie ... maar wat jy doen nadat jy die fout gemaak het - maar as jy niks sinvol daaruit geleer het nie, dan staan jy nooit weer op nie.
En so byt jy jou eie tong in jou eie kies raak ...
Kobus de Klerk
Beste Wouter,
Hello Perdebytjie,
Hello Kobus,
Wouter,
Ek hoef nie net na die verskillende regters se onderhoude te luister nie – hulle is algar getranskribeer - dit wil voorkom asof jy dit nie opgemerk het nie.
As jy die verloop van sake in die howe verstaan het, en dan meer in besonder die Amerikaanse howe, dan sal jy agterkom dat die regters hulle persoonlike bevindinge uitlaat voordat die hof in stemming gaan en daarvolgens die amptelike uitspraak lewer.
Jy sal ook bemerk dat die koerant wat jy self op ingeskrywe is, veral verwys na die onderskeie regters se uitlatinge ná verloop van die ongeveer uur en ‘n half lange argumentering deur die regsverteenwoordigers. Daarna het die regters hul uitspraak voorbehou en die meerderheidsuitspraak is toe geskrywe en gelewer. Ek was dus reg, omdat ek die proses verstaan.
My kommentaar daarop was in besonder gerig op die kwessie van aanneming van kinders deur homoseksuele en die kwessie van homoseksuele huwelike was daarby ingevleg. Die hofsaak het hoofsaaklik oor twee kwessies gegaan – die sogenaamde Proposition 8 (as ek reg onthou) en art 3 van die DOMA. Proposition 8 was inderdaad die een waar die aanneming van kinders deur homoseksuele ter sprake gekom het. Selfs die ‘liberale’ hoofregter se afkeurende aanmerking het ek verbatim daar aangehaal.
Dus, wat Proposition 8 aanbetref het, kon die regters een van 3 dinge doen – hulle kon die geldigheid daarvan bevestig, wat dan federale reperkussies sou hê, óf hulle kon die Proposition as ongeldig verklaar, wat óók federale reperkussies sou hê selfs in die 38 federale state waar sulke homoseksuele verbintenisse afgekeur word (dit is wat die homoseksuele aktiviste wou hê), óf hulle kon die saak op tegniese gronde uitgooi sonder om ‘n finale beslissing op die meriete te maak – en laasgenoemde was hulle uitweg.
Uiteraard was die homoseksuele aktiviste nie tevrede nie, want hulle het gehoop vir ‘n afwysing van die Proposition op die meriete sodat dit federale trefwydte sou hê.
Dit is duidelik dat die regters gevoel het dat die tyd glad nie reg is vir soiets nie en dit is ook so gerapporteer. Dit is so anders as wat jy verkeerdelik probeer voorgee.
Wat die DOMA aanbetref, het jy te kenne gegee dat dit homoseksuele huwelike magtig op federale vlak – dit is inderdaad ‘n geweldige mistasting en het natuurlik glad nie gebeur nie. Al wat afgewys was, was die bepaling in art 3 wat diskrimineer teen homoseksuele in ‘n saambly-verhouding op finansiële gronde in dat sulke mense nie mag kwalifiseer vir staatshulp nie – en natuurlik is daar geen rede aan enigiemand staatshulp te weerhou bloot op grond van hul seksuele oriëntasie nie.
Maar, anders as wat jy te kenne wou gee, is die kruks van DOMA onaangeraak – die kwessie van die beskerm van die huwelik as ‘n verbintenis tussen man en vrou.
Die hele VSA is inderdaad deur die beslissings geraak – die onderskeie state kan steeds self besluit oor die kwessie van homoseksuele huwelike en 38 van die 50 meen tereg dat dit taboe is. Kalifornië, waar Proposition 8 deur ‘n laerhof ongeldig verklaar is, was juis die staat waar die Proposition gepromulgeer was, maar weens die tegniese blokkering van die appèl, kan daar nou wel met homoseksuele huwelike voortgegaan word – totdat die federale regering ‘n soortgelyke wet promulgeer en dit weer stopsit.
Kalifornië is dus die 38ste staat wat teen sulke verbintenisse gekant is maar weens tegniese redes van jurisdiksie, dit nie kan afdwing nie.
Maar omdat jy dié dinge nie durf erkenning aan verleen nie, is jy genoodsaak om my as leuenaar te probeer uitmaak. Daarom dat ek vir jou sê dat jy vermetel is om die enkel vinger van oneerlikheid na ander te wys, terwyl jou eie vooropgestelde agenda jou nie toelaat om die waarheid en werklikheid te eer nie en blind te maak vir die ten minste drie vingers van jou eie beduiende hand, wat na jouself terugwys.
Dus, was nog altyd en is steeds jou keuse, of jy met my in gesprek wil tree – dit gaan my nie aan nie, maar dit spreek boekdele van jou gebrek aan integriteit, omdat jy sulke uitwysing teenoor jou nie kan uitstaan nie.
Terloops, as jy werklik gedink het ek skryf onwaarhede en nonsens, sou jy jou mos nie verwerdig om daarop te reageer nie – maar nou sien ons dat jy jou wel deeglik daaraan steur en soos in die verlede, jou aanhalings jou nie uit daardie pekel help nie maar verder daarin laat verval.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,