"Die einde van ’n begin" deur Stefan Coetzee

  • 0

Die einde van ’n begin

Dit was die begin van die einde
Dit was tog duidelik tussen die lyne
Dit was die begin van iets nuuts, maar die einde van jou brief
Jy het gesê dat ons moet wag, maar ek kon nie meer langer wag

Koor

Dit was nie lank lank gelede
In ’n ver land hiervandaan
Ek sou my Steri Stumpie met jou wou deel
Vir die manier wat jy my binneste kon streel
Gegeurde, gesteriliseerde, laevetliefde
Fluit-fluit
Ons storie is uit

Maar jy sê ek's geen diamant
Net nog ’n korrel in die sand.
Jy sê ek's nie goed genoeg vir jou
Dis vir my ’n bitter pil om te kou
Staar ek my blind in dit wat ek in jou wil sien
Of is dit wat ek en jy verdien?
As jy net oor my kon voel soos ek oor jou,
Kon ons ons eie sprokie bou

Koor

Dit was nie lank lank gelede
In ’n ver land hiervandaan
Ek sou my Steri Stumpie met jou wou deel
Vir die manier wat jy my binneste kon streel
Gegeurde, gesteriliseerde, laevetliefde
Fluit-fluit
Ons storie is uit
Dit was die begin en die einde
Die eerste en die laaste
Liefde het gewen, maar ek het jou verloor

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top