"Die Einde" deur Marissa van den Heever

  • 0

Die Einde

Ons is alleen, ek kyk na jou
hoe jy wanhopig probeer vashou
Ek weet as ek my hand uitsteek
kan ek jou red, jou val keer
Maar iets hou my terug
laat my huiwer, hou my vas
En ek sien jou verdwyn
en ek weet ek is vry

REFREIN:
Sonder jou
kan ek alles alles wees
Sonder jou
het ek my eie eie drome
Die einde van jou
was die begin van my

Ek draai om ek kyk nie terug
of probeer jou stem hoor nie
Maar in my kop sien ek jou wag
en voel jou duiweloë op my
Maar ek stap aan, sal nie stop nie
want ek weet jy’s vir altyd weg
Ek sal ophou onthou en bang wees
ek weet ek is vir altyd vry

REFREIN

Die wereld lok my en ek sê ja
Ek kan doen wat ek wil
ek kan lewe en glimlag

Sonder jou
kan ek alles alles wees
Sonder jou
het ek my eie eie drome
Die einde van jou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top