Die eiland was 'n weeshuis, met putte waaruit water verkoop was aan VOC-skepe, wat van hier na die Kaap die Goeie Hoop geseil het. Nederlanders was skaars vir arbeidkontrakte met die VOC, dus was dit veral Duitsers en Vlaminge wat 'n dwangarbeid-kontrak gesluit het met VOC vir 5jr. So is weeskinders en prostitute hiervandaan verskeep as vroue in kolonies vir die matrose. Nie juis 'n trotse herkoms nie? Die 9 maande reis was lank en baie begrafnisse is ter see gedoen. Fisies was dit dié oorlewing van die beste gene?
Hans Richardt


Kommentaar
Louie Fourie (1669 - 1750) , die Fourie van se stamvader is afkomsig van Pontaix in die ou Dauphine provinsie van Frankryk, en weens godsdienstige vervolging, tesame met sy broer Dawid na Texel gevlug, en deel van die Waalse gemeente daar geword. Hy was toe maar net ’n 19 jarige Huguenot.
Die twee broers is saam op die skip "Van Alkmar", wat eers in die Ierse see tussen Engeland en Ierland handel gedryf, voordat dit voorts Kaap toe seil. Dawid het blykbaar in Ierland agtergebly (seker 'n Ierse meisie daar ontmoet).
Louie arriveer aan die Kaap 27 Jan 1689, kry die plaas "De Slange Rivier' in die Wellington distrik. Die titel akte vandag nog ongeskonde is deur Willem van der Stel onderteken, en aan Louie Fleurij uitgemaak, en die ongeletterde Louis het dit met 'n X onderteken. Van Fleurij, tot Floris uiteindelik Fourie (net sy laaste twee van 22 kinders deur 2 vroue, is als "Fourie" gedoop, tog het al sy kinders later die Fourie van aanvaar).
Net soos Fourie onder Afrikaners 'n welbekende van is, so ook Fleury in Ierland onder die Iere. Wonder tot watter mate Dawid (Louie se broer) daaraan deel gehad?
Jaco Fourie