"Die eerste keer" deur Jean Lotz

  • 0

Die eerste keer

Die oomblikke vlieg verby
Maar die gedagtes is vasgebind vir ewig
In die storie is ek en jy
Waar alles begin

BRUG:
Deur als wat ons is, wat ons was
hou die deeltjies van ons legkaartprentjie aan met pas

REFREIN:
Ek sien jou nog steeds soos die eerste keer
Ja, blondekop daar staan ek by jou voordeur
En dit was die beste ding wat sou gebeur
Kan jy steeds onthou (onthou)?
Die skaam gesprek op pad in die kar
Die koffiebreek in ? dorpie buite die ‘Dam
Die ysbreeksoen, bestem vir jou wang
wat toe op jou lippe land

En as ons plooie eendag verwys
na die op en af van ? leeftyd
Sou dit beteken ek en jy
was bestem vir mekaar?

BRUG

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top