Die eerste
Koor
Ek is altyd die eerste
Die eerste met die meeste
“Het jy lekker geslaap laasnag?”
“Hoe voel jy vandag?”
Daar word vir my gesê ek moet bietjie wag
En deur dit te doen kry ek weer die mag
Maar ek is nie daai tipe persoon
Wat net kan sit en wag by die foon
Soms kry ek die gevoel dat ek wel ’n prioriteit is
En dat jy my wraggieswaar wel mis
En dan sommer is ek die volgende dag
Om een of ander rede nie in aanvraag
Koor
Ek is altyd eerste
Eerste met die meeste
“Hoe het jou dag tot nou verloop?”
“Het jy toe vir jou lunch gaan koop?”
Die aande is weer dieselfde storie
Dit word ook net eentonig
Ek sit en wag in al my glorie
En dit maak alles net meer ernstig
Ek wens ek het die goeie selfbeheer
Om myself net weer te keer
Ek moet my foon tog net uitlos
En my tyd op die TV mors
“Jy moet lekker slaap vannag”
“Ek hoop jy’t môre ’n lekker dag”
Ek is altyd die eerste
Die eerste met die meeste
![]() |



