"Die eensame kind" deur Jo-Ann Dobson

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

In die koue wind sien ek daar staan ’n kind
Natgereën met ’n doek oor hom gegind
Hy staan net daar met kaal voete in die sand
Ek stap na hom en ek vra sy hand
Met verbaaste ogies kyk hy na my kant

En hy sê:

Kan u my vertel waar ek moet wees
Help my net ek soek ‘n paar idees
Moet ek sê welkom of moet ek jou vrees
Waat moet ek gaan waar kom ek vandaan
Wat is die liefde, lewe en seer

Ja ek kyk na hom, maar eks dood verstom

En hy sê kan u kan u my antwoord
Waar is my ma en pa, is hulle dood
Wat moet ek doen of gaan ek so voort
Miskien miskien miskien
Iewers iewers in die wêreld
Het iemand, net iemand my lief
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top