Op 19 Januarie 1836 het Darwin die gedierte vir die eerste keer op die oewer van die rivier naby Wallarang gesien. Heel waarskynlik het hy hom boeglam geskrik vir een van Australië se snaaksste diere, die Eendbek Platipus, of sommer die eendbekdier. Charles Darwin was toe 27 jaar oud, pas gegradueer aan die Universiteit van Cambridge en voortbestem om, by sy terugkeer in Engeland, rustig in sy pastorietjie te sit en prekies voorberei vir sy gemeentelike skapies. Almal het toe nog alles deur die Bybel se voorskriftelike bril waargeneem; dus het hy seker maar gewonder wat arme Noag met hierdie dier sou aanvang. Dis tog duidelik ’n kloaakdier, want hy lê eiers, daarom hoort hy, met sy eendbek, by die voëls. As ’n mens egter weer na hom kyk, is hy ’n soogdier, daarom hoort hy in die hok by die leeus, die bokke die ape en die mense. Aan die anderkant weer, hy het ’n giftige agterpoot, met gif wat slegs by reptiele te vinde is. Al genade is dan om hom by die mambas, pofadders en kobras op hok te hou. Daardie aand skryf ’n verwarde Darwin die volgende in sy dagboek:
An unbeliever in everything beyond his own reason, might exclaim “Surely two distinct Creators must have been at work; their object however has been the same and certainly the end in each case is complete.”
Hierdie eendbekdier of Ornithorhynchus paradoxus is voorwaar ’n eienaardige dier. Met sy eendebek lyk hy heel komieklik en herinner sterk aan Donald Duck, maar om daarvoor te lag sou heel onregverdig wees. Hierdie bek is voorwaar ’n wonderlike apparaat. Dis nie sommer iets waarmee hy kwaak en vreet nie, nee, dis ’n fyngevoelige instrument wat hy diep onder die modder indruk en inseklarwe kan opspoor. So sensitief is dit dat gewone sintuie nie nodig is nie. Die platipus knyp eenvoudig sy oë dig toe as hy kos soek, want hulle is nutteloos in die modder. Hy sluit ook sy neus en ore dig toe sodat hy, soos dit ’n goeie Christen voël betaam, geen kwaad sien, hoor, ruik of praat nie.
G’n wonder hierdie eendebek is so gevoelig nie; dit bevat oor die 40 duisend elektriese sensors, en 60 duisend meganiese sensors verbind met breinselle op ’n soortgelyke manier as wat ’n ander soogdier se oë met sy breinselle verbind is. Net soos ’n mens die afstand van ’n donderstorm kan bepaal deur die tydsverskil tussen die sien van die blits en die hoor van die donderslag, so gebruik die eenbekdier die verskil in waarneming van die elektriese en meganiese sensors om te bepaal hoe ver sy prooi is, en waar dit is.
Hoe ’n mens hom ook al beskou, hy moet as soogdier geklassifiseer word, want hy soog sy kleintjies nadat hulle uitgebroei het, en buitendien is hy ook warmbloedig. Hy het nou wel nie tieties soos ’n mens nie, maar die kleintjies word op ’n ingewikkelde manier deur die vel gevoed.
Ek neem Darwin dit nie kwalik dat hy hom uit sy geloof geskrik het nie.
Groete
Angus


Kommentaar
Angus,
Is dit nie wonderlik hoe God die Heelal geskep het nie? Ons kan dit eenvoudig nie met ons beperkte intelligensie verstaan nie – ons kan maar net in absolute verwondering staan teenoor Sy (God) se Grootheid en Almagtigheid wat ons gedurig om ons sien in Sy skepping – en geniet ons dit nie!
Maar wag, daar is wél sommige mense wat hul verbeel dat alles om hulle draai, dat hulle beter weet en wat hulle eie intelligensie en logika só oorskat dat hulle - soos dit goeie Ateïste betaam - horende doof en siende blind bly vir dié Waarheid! Ek dink veral aan die evolusie aanhangers se afgod, Darwin (wat NOOIT ware geloof in God gehad het nie én nóg minder ‘n persoonlike verhouding met sy Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus die Here, gehad het) en die “godsdiens” van evolusie wat hy geskep het! Jy sien, Angus, Darwin kon hom nie uit sy geloof geskrik het nie, want hy het geen ware geloof gehad nie. Wat wél gebeur het, is dat Darwin hom binne-in sy eie “apie-sindroom” in-geskrik het (hy kon net nie God se Almag begryp nie) – en díe skrik was só groot met ‘n “ripple-effect”, dat daar vandag nog mense is wat in ál die evolusie fabels glo – en dít amper 2 eeue later! Praat van die "skrik" van die aap gene!
Sterkte
Dolf
Dolf, aangesien jy nie Kobus de Klerk is nie maar Dolf en daarom dink almal jy is Kobus de Klerk, het ek gewonder of jy dalk die ou grote se vyandige drogma jeens die Evangelie kan verklaar naamlik dat "Jesus Christus is nie ons Hemelse Vader nie maar die Woord - daarom aanbid ware gelowiges Jesus Christus as ons Ewige Vader"... ek meen, julle het tog vele maal gespog dat jul toevallige ooreenstemming net te wyte kan wees aan 'n ooreenstemming deur dieselfde gees.. jou hoëpriester het klaar besluit ek moet gaan doppies blaas... siestog... MAAR... dalk kan jy dit vir ons verklaar...
Dolf het reeds vir jou uitgewys en God eer gebring daarvoor, Angus, en bykomend kan ek vir jou sê dat die evolusionis se verwarring daarin geleë is dat hy alles in kompartementjies wil plaas sodat sy taksonome dit kan klassifiseer - anders verstaan hy by voorbaat niks wat aangaan, nie.
Die dat hulle ook nie vir God kan kleinkry nie, want God kan uiteraard nie gekompartementaliseer word, nie.
Dus, God se ongeëwenaarde kreatiwiteit is bepaald getuienis van SY grootheid (Romeine 1:20 g.m. Job 12:7-9; Psalm 19:1-6; Jeremia 5:22), soos Dolf tereg beskrywe.
Jou staaltjie is 'n netjiese demonstrasie van hoe julle in julle eie sinnelose ou struktuurtjies en kompartementjies vasgevang is, en hoe dit julle verwar en dinge daarbuite vir julle haas onverklaarbaar en onbegryplik, is.
Die dat julle, waar die natuurlike feite van God se Skepping julle so dikwels weerspreek, vir julle met julle teorie-fabels nuwe fabel kompartementjies bou om aan die gang te bly.Kyk,
God is mos nie gebonde aan julle uiterste beperkinge, nie! Net julle is. En SY kreatiwiteit bewys dit!
Kyk byvoorbeeld hoe verbyster die maagdelike geboorte van die HERE en SY opstanding uit die dood, die vermeerdering van brode en visse, ens, julle vandag, nog. Julle is gevangenis van julle eie denkpatrone en beklemmende redenasiestrukture en daarom kan julle die werke van God eenvoudig net nie in julle kompartementjies inpas, nie, en ook nie met daardie beklemmende denkpatrone en redenasiestrukture daarby uitkom,nie.
Kry jou geloofspakket in God, wat jy by God gekry het, uit die katakombes van jou duister siel uit, waar jy dit wegsteek, man, sodat jy kan vry raak, sodat jy ook dinamies, kreatief en vrydenkend kan wees, soos ons ander!
Kobus de Klerk
Angus
Thomas,
Thomas,
Asof daar nie genoeg gekonkel en politiek reeds in internasionale rugby is nie, moet jy nou wragties nóg ‘n spreekwoordelike “spanner” in die werke gooi met jou skrywe hierbo. As ek jou reg verstaan, en die kangaroo (wallabie) gaan in ‘n springbok evolueer (eers oor miljoene-der-miljoene jare, natuurlik?) – dan moet ons seker aanneem die huidige springbok gaan in ‘n regte egte rugbyspeler evolueer en Heineke Meyer se probleem is opgelos? Dit skep natuurlik ‘n probleem vir Australië – hulle gaan seker dan bekend wees as die koala beertjies (wat dan weer gaan evolueer in Grizzly bere?). Ek dink nie die All Blacks gaan gelukkig wees nie, want die kiwi gaan weer evolueer in ‘n volstruis binnekort (miljoene-der-miljoene jare) én boonop gaan dié voëls hul vestig in Afrika! Maar hulle (die All Blacks) dra darem die Silver Varing op die bors – maar dan weer, gaan die Silver Varing in ‘n Roos evolueer! Dit trek dan die Engelse ook in die gemors in! Die All Balcks dra swart en die Engelse wit! Kan kleure ook evolueer?
Ag nee man! Dat jy (en jou maat Angus) nie die belaglikheid van die evolusieleer-afgodsdiens (aka "apie-sindroom") kan insien nie is lagwekkend - julle kort hulp en baie ook.
Sterkte
Dolf
Siestog... en daar het die arme Dolf ook geen antwoord op sy hoëpriester Kobus de Klerk se vyandige dwaal jeens die Evangelie naamlik dat "Jesus Christus nie ons Hemelse Vader is nie maar die Woord - daarom aanbid ware gelowiges Jesus Christus as ons Ewige Vader"... net 'n nimmereindigende boog neerhalende en onsinnige gebrabbel oor sport hierdie keer... ja, Kobus de Klerk en die vrygemaakte stemme in sy kop handel in die naam van geen ander behalwe Kobus de Klerk nie.
Dolf,
Dolf
Jou gebrabbel hierbo,wys jy het nog nooit moeite gedoen om Darwin se boek te lees nie.Jy gorrel al die reedsgesegde, afdesaagde retoriek van mense wat nog nooit oopkop na evolusie gekyk het of wil kyk nie.
Doen moeite en lees 'n paar boeke oor die onderwerp,geskryf deur wetenskaplikes en bioloë,wie se studieveld dit is.Jy sal dalk verstom wees om uit te vind dat evolusie daagliks voor jou oë plaasvind.Jy hoef nie jou god of godsdiens te verwerp as jy bietjie oopkop na die wetenskap kyk nie.Alle antwoorde op lewe is nog nie gevind nie,maar soos die wetenskap ontwikkel,is baie geheimsinnighede al opgeklaar.Netsoos wat mens nie tegnologies wil agterbly nie,moet 'n mens ook ontwikkel saam met alle nuwe uitvindsels.
Evolusie is lankal nie meer 'n teorie nie,maar daar is onomstootlike bewyse,waarop ek nie nou kan ingaan nie.Daarvoor moet jy moeite doen en biologiese werke begin lees en navorsing doen.
Groetnis
Perdebytjie
Perdebytjie,
Jy sê vir Dolf hy 'babbel en gorrel reedsgesegde afgesaagde' kritiek. Maar dit is juis die probleem wat julle het. Julle maak sulke leë bewerings oor die sogenaamde reedsgesegde afgesaagde retoriek, maar ontmoet nie daardie kwansuis reedsgesegde afgesaagde kritiek met haalbare en bewysbare verduidelikings, nie.
Kom ek sê vir jou - dit is juis vandat mense uiteindelik oopkop na die darwinistiese tipe evolusieleer kyk, dat hulle agterkom watter klug dit is. Dus, om jou te verlaat op die mense bloot omdat dit hulle studieveld is, baat ongelukkig nie - vir die rede dat dit ook hulle religie is en dus maar enigiets sal doen om hulle religie te beskerm en te probeer uitbou. Dus, hulle kommentaar is maar net so subjektief soos die boeddhis wat die beginsels van boeddhisme bestudeer en verkwansel.
Nee, die antwoord is om die aansprake van evolusioniste soos ware wetenskap te behandel om werklik te sien hoe onwetenskaplik dit is. Dit is dus jy wat dit ten prooi val, omdat jy dit alles op sigwaarde neem.
Indien jy meen ek is verkeerd en dat jy inderdaad oortuig is van die betroubaarheid van die aspekte van ernstige kritiek wat ons by wyse van ons sogenaamde 'reedsgesegde afgesaagde' kritiek laat deurskemer, laat waai dan vir my en Dolf en die talle ander mense wat ook so voel, met verduidelikings sonder die lee retoriek wat geen probleem oplos, nie.
Kyk na Angus se stomme kommentaar op Dolf se kritiek. My magtig, Darwin draai in sy graf rondomtalie as hy Angus se snert moet gadeslaan. Dit is juis waaroor darwinistiese evolusieleer in sy wese gaan ... trans-spesifieke evolusie, wat hy erken, nie plaasvind nie! Hoe anders, volgens Darwin (ons gelowiges weet natuurlik uiteraard van beter), het al die verskillende spesies dan uiteindelik by die verskeidenheid soorte en spesies vandag uitgekom!
Kom ons kyk hoe vaar jy. Nou het jy, wat nou ook toegetree het tot hierdie gesprekke, kans om die 'onomstootlike bewyse' waaraan jy lippediens doen, uit die kas te laat kom, waar hulle verbete wegkruip. Ons daag jou daartoe.
Moenie vir ons na die 'boeke' verwys, nie. Die verligte kundiges het juis daardie boeke bestudeer toe hulle tot die gevolgtrekking van die kug daarvan, gekom, het. So nie, sal jy uit die boeke moet aanhaal wat as onomstootlike bewyse aangemerk kan word en welke die essensie van die darwinistiese evolusieleer ondersteun.
Terloops, jy is nie reg waar jy te kenne gee dat Darwinisme as evolusie teorie 'nie meer' 'n teorie is, nie. Ek neem aan jy verwys na 'n wetenskaplike teorie. Die waarheid is dat Darwinistiese evolusieleer nog nooit 'n wetenskaplike teorie was, nie, maar naturalistiese religieuse filosofie wat aanmekaar geflans is met onbewysbare hipotese - om die ateis van 'n geloof te voorsien as teenvoeter vir die Christelike Godsdiens, veral as gepoogde teenvoeter vir die Goddelike skeppingsgebeure . 'n Ware wetenskaplike teorie het die bona fide vooruitsig om in sy essensie bewys te kan word (anders word dit geskrap). welke die darwinistiese evolusieleer hoegenaamd nie het, nie. Die filosofie is absoluut deurspek met haas onbewysbare aannames en hipotese in sy essensie.
Kobus de Klerk
Cornelius,
Sies tog, sê jy? Wat verstaan jy nie? Ek dink jy is besig om met jou verwarring in jou mengelmoes-kardoes godsdiens, nie mooi te verstaan wat die Bybel ( die Enigste Waarheid - God se Woord) eintlik duidelik uitwys nie. Maar dan is ek ook nie verbaas nie – want soos menigmale aan jou uitgewys, kan jy nie die Bybel vermeng en verdraai saam met die koran, hindoe geskrifte, boedistiese geskrifte en dies meer nie – natuurlik sal dit verwarring skep! Jy kan nie die Waarheid van God se Woord vermeng met wêrelds gerigte skrywes nie! Dít is hoekom jy nie verstaan wie Jesus Christus die Here is nie!
Ek is heeltemaal bereid om vir jou te verduidelik – maar gaan dit enige effek hê, of gaan jy eenvoudig net weer op jou “all roads lead to Rome” godsdiens pad afstrompel?
Angus,
As jy weer mooi lees sal jy agterkom dat ek juis julle evolusie aanhangers vir die gek hou en slegs die belaglikheid van jul evolusie fabels en teorieë uitwys! Dit is net in die evolusieleer/teorie (en al sy aanhangsels), dat daar eensklaps “by chance” lewe ontstaan het – julle het net die “by chance” verander na “natuurlike seleksie”. Dan praat jy van die mens se ryke verbeelding – hoe belaglik - Jong, jy moet passop, daai apies jaag aan!
Ek kan nie wag vir die hoë wetenskaplike woorde en “bewysde” teorieë en aannames wat gaan volg nie – dít terwyl die evolusieleer nie ‘n wetenskap is nie, maar slegs ‘n afgodsdiens geskep deur julle god, Darwin!
Perdebytjie,
Die moeite wat jy moet doen is om jou Skepper God te leer ken voor dit te laat is vir jou - en ophou om jouself met “onomstootlike bewyse” van die “teorie” van evolusieleer op te hou! Kan jy asseblief die “onomstootlike bewyse” aandui? En verder ook voorbeelde van die evolusie wat “daagliks voor ons oë” plaasvind?
Jou redenasie vermoeë is klaarblyklik gelykstaande aan dié van jou vêrlangse neef – die eensellige amoeba, as 'n mens jou opmerking "Jy hoef nie jou god of godsdiens te verwerp as jy bietjie oopkop na die wetenskap kyk nie" in ag neem. Jy verstaan duidelik net mooi niks van ware geloof en christenskap nie.
Jy sien, die evolusieleer is niks anders as onomstootlike onbewysde teorie nie – dit is nie wetenskap nie – slegs ‘n verbeeldingsvlug van dié wat God nie wil erken nie en hulself onderdanig gestel het aan die wêrelds gerigte “apie-sindroom” van hul eie god, Darwin! Hulle moet dit eenvoudig net probeer bewys (dit is eintlik ongelooflik hoe korrup en geldgedrewe die proses al geword het - en die desperate "bewyse" waarmee daar vorendag gekom word!) - en bykans 2 eeue en biljoene dollars later? - net mooi niks verder as Darwin se ullisies nie!
Die enigste doel waarin daar geslaag word is om juis God se Grootheid en Almag te bevestig en die uitnemendheid van Sy Wysheid in die skepping te besef!
Is dit werklik die moeite werd om jou enigsins verder te "entertain"?
Sterkte.
Dolf.
Dolf
Ek het my lewe lank moeite gedoen om my "Skepper God"te ontmoet,maar daar was heeltyd net ’n lugleegte en ek het gesien hoe spartel almal om my om die mites te probeer glo.
Die evolusie wat daagliks plaasvind kan veral waargeneem word deur die weerstandigheid van virusse en bakterieë soos Malaria. Dis maar enkele voorbeelde. Evolusie word waargeneem oor ’n tydspan van miljoene jare en ek dink dis die grootste struikelblok in die mens se vermoë om dit te begryp.Die spasie laat nie toe om alles hier te bespreek nie, maar ek kan vir jou aaanbeveel om "The Greatest Show on Earth"deur Richard Dawkins te lees.
Oor die eensellige Amoeba gaan ek nie eers antwoord nie, want dis die standaard opmerking van mense wat nog nooit moeite gedoen het om op te lees oor evolusie nie. Tesame met die "apie-sindroom" is dit die twee opmerkings wat jou onkunde oor evolusie blootlê.
Nog leesstof vir jou is Carl Sagan se "The Demon-Haunted World",
Ek vra jou nou weer of jy Darwin se boek gelees het?
Kobus,
Perdebytjie en ander wat soos sy dink, se grootste leuen, of eintlik een van hulle, is die bewering dat die evolusie proses oor miljoene jare 'waargeneem' word. Waargeneem? Deur wie? Dit is gewoon basislose aannames en hipotese. Die een bitter ernstige probleem is juis dat die fossielrekord, wat die proses moes verklik, dit glad nie doen, nie. Nou is daar massas aanname smet hul gepaardgaande hipotese wat as konstrukte aangebied word as kwansuis sulke 'waarnemings'.
Nee, wat die miljoene jare foefie tower vir die evolusionis hersenskimme van evolusionistiese prosesse op, maar nie vir oopkop waarnemers, nie. Claassen se sogenaamde onsinverklikkers is juis ontwerp om verdraagsaam te wees teenoor die werklike onsin waarvoor daar geen bewyse kan wees nie, en om gegronde kritiek en waarneembare ervaringe van biljoene, as onsin aan te merk. Claassen se kuberpapier is dus maar baie geduldig, en is 'n geval van wiens brood men eet wiens woord men spreek.
Die weerstandigheid van bakterieë en virusse en insekte is juis getuienis van intelligente ontwerp en daar is absoluut geen bewys voor dat soiets toevallig, lukraak, ontstaan, nie. Die darwinistiese hipotese van lukrake seleksie en mutasie as grondslag vir seleksie is die grootste onbewysbare foefie.
Waarvoor evolusie a-la-Darwin eintlik staan, is dat een soort in 'n ander evolueer en een spesie in 'n ander evolueer. Daar is absoluut geen getuienis daarvan nie. Om met seleksie in isolasie te gaan peuter, en voor te gee dit is darwinistiese evolusie, is werklik n wanvoorstelling. Ek wonder, as ek so na Perdebytjie se stukkie openbaring hierbo kyk, of die evolusioniste nog hoegenaamd kan onthou waaroor darwinistiese evolusie leerstukke gaan - die voorbeelde wat sy noem, beteken vir die darwinistiese evolusionis absoluut niks. Dit bewys ook niks van darwinisme, nie.
Hoe bewys die darwinistiese evolusionis dat komplekse lewe ontstaan het uit een enkele repliseerder organisme? Dit is vir hulle totaal onmoontlik - hulle hele konstruk in daardie verband is met pleiters van onbewysbare aannames, hipotese en teorieë aanmekaar geflans.
Kobus de Klerk
Perdebytjie,
Dit is eenvoudig ongelooflik hoe sommige sodanige “eks” christen gelowiges daarop roem dat hulle ook was waar ware gelowige christene huidiglik is – en dan ook daarop “aandring” hoe hard hulle aan hulle geloof gewerk het (hulle het kerk toe gegaan, Bybel gelees en gebid dan!) – net om in die einde uiteindelik maar Jesus Christus te versaak en eerder die leuen van die evolusieleer slaafs na te volg!
Nou kom ek sê sommer onomwonde vir jou – jy het nog nooit enigsins ware geloof gehad nie én daarmee tesaam het jy nog nooit ’n ware persoonlike ontmoeting en verhouding met jou verlosser en saligmaker, Jesus Christus die Here, gehad nie! Hoekom sê ek so? Jy sien, geloof kom nie uit onsself nie – dit is ’n gawe van God! Jy kan eenvoudig nie jou eie geloof bewerkstellig nie – dit sal ’n "lugleegte" in jou kop veroorsaak! Daarom het die “moeite” wat jy jou “hele lewe lank” gedoen het geen waarde gehad nie – omdat jy op jou eie vermoeë en menslike krag staatgemaak het en nie op God en die werking van Sy Heilige Gees vertrou het nie! Wedergeboorte is om te sterf aan jouself en te lewe ín en deur Christus. As jy werklik ’n ontmoeting met Jesus Christus gehad het, het jou lewe radikaal verander! Maar dit het nie – so wat sê dit vir jou en almal wat jy sien “spartel” het om jou? Ek sê weer vir jou – jy verstaan glad nie ware christen geloof nie!
Ek kan jou verseker dat, as jy werlik aan Christus behoort het – is daar NIKS en NIEMAND wat jou ooit uit Sy hande sou kon haal nie – PUNT!
Verder, aanpassing (Adaption) het niks met die evolusieleer uit te waai nie, Perdebytjie! Dat jy nou die arme virusse en bakterieë so wil laagvat! Jy sê evolusie word waargeneem oor miljoene jare – wie het dit waargeneem, Darwin? Jy sien dit is nog NOOIT bewys nie (ook snaaks hoe jy die “onomstootlike bewyse” nie kan aandui nie!) en na bykans 2 eeue nog net mooi niks verder as Darwin se illusies nie!
Sterkte
Dolf
Kobus,
Jou onkunde-onderrok hang al hoe verder uit as dit by evolusie kom. Waargeneem, ja, waargeneem deur wetenskaplikes dmv die fossielrekord, alhoewel kreasioniste hulle oge en ore dig toehou daaroor, en deur genoom ontledings. Nee, moenie in die Bybel daarvoor om hulp soek nie. Grot- en woestynbewoners van vierduisend jaar gelede het nog niks daasrvan geweet nie, dus ook nie God nie.
Angus,
Kom ons hou maar die klere aan ou maat.
Waargeneem deur wetenskaplikes (oor miljoene-der-miljoene jare natuurlik - nê Perdebytjie?) sê jy? Deur middel van die fossiele rekords en nogal genoom ontledings, sê jy? Jy vegeet om vir ons die akkuraatheid van beide uit te wys - is die fossiele nou tussen 100 miljoen en 250 miljoen oud of slegs tussen 50 miljoen en 125 miljoen jare oud - net so in die verbygaan en bykans ongesiens 'n yslike on-akkuraatheidstoets - ek meen te sê, is dit nie dalk tussen 75,55 miljoen en 150, 73 miljoen jare oud nie - of dalk tussen 83,75 miljoen en 165,25 miljoen jare nie? . En dan verder -: waaraan word die fossiel rekords en genoom ontledings getoets - ek bedoel wat of wie het die "bench-mark" daarvoor gestel en waaraan is dit getoets vir akkuraatheid?
Nee-nee, moenie Darwin of Dawkins se skrywes raadpleeg nie - hulle het net so min 'n idee gehad soos die sogenaamde "wetenskaplikes" waarna jy verwys!
Sterkte.
Dolf