"Die echos van jou naam" deur Yolandi Brenkman

  • 0

Die echos van jou naam

Jy met die oseane-oë, dié wat so dwarsdeur my kyk
Jy met daai smile, dit voel of jy weet wat ek dink
Jy met daai hoop emosies maak my soms bang.
Al draai jy die tyd terug, sal ek dit als weer vir jou wees.

En jy sal nooit weet nie! Hoekom ek by jou staan.
En al verstaan jy nie hoekom bêre ek jou hier diep in my hart.
Al is dit soms so moeilik en die trane val seer – sal ek hier staan.

Refrein

As jy by my is maak jy my hart stil
En as jy praat met jou humor wil ek lag dat ek krul.
En as jy nie hier is nie!
Hardloop my gedagtes en gil!
Moenie lank wegbly want die echos van jou naam raak al hoe harder in my kop!

Jy met die geheimsinnigheid, wat nooit oor als wil praat
Dit pak op in jou hartjie en dan moet die trane uit my oë uit val.
Jy wat so reguit is! Skiet soos ’n pyl af op wie vir jou kyk.
Al ken ek dit en raak jy kwaad, like ek dit net om vir jou te kyk.
En al wil jy soms nie praat – en soms nie verstaan nie
En al praat ons met stilte weet jy hoe ek oor jou voel.

Refrein

As jy by my is maak jy my hart stil
En as jy praat met jou humor wil ek lag dat ek krul.
En as jy nie hier is nie!
Hardloop my gedagtes en gil!
Moet nie lank wegbly want die echos van jou naam raak al hoe harder in my kop!

Die echos van jou naam raak al hoe harder in my kop.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top