Die dwaas dink daar is geen God nie ... (Psalm 4:1)

  • 18

... en is ’n gruwel vir die Here (steeds vers 1) ... weet julle nie dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur (vers 4/5).

Met die beskrywing in die Bybel dat ’n persoon sonder God, ’n dwaas/swaap is, sê die Bybel verder dat hulle:

… ’n afkeer in kennis het (Spr.1:22).

… geen belang in insig (kennis) het nie; sy feite is op persoonlike opinies gebaseer.

… deur gelowiges vermy moet word (Spr. 14:7)

… en ’n horde ander soortgelyke verse.

In teenstelling is die ateïstiese Arabiese wysgeer, Al-Ma’arri (973 – 1057) se beskouing oor godsdiens: “Die mensdom het twee soorte, nl die met breins maar geen godsdiens, en die met godsdiens maar geen breins nie.”  

Ek wonder net of gelowiges werklik glo dat manne soos Mark Zuckerberg; Carl Sagan; Stephen Hawking; Noam Chomsky; Alan Turing; Paul Dirac; Bertrand Russel; asook honderde ander wat aardskudders vir die mensdom was dwase/swape is of was om deur hulle vermy te word?

Meer as ’n duisend jare gelede, het genoemde Arabiese wysgeer ook die volgende te se gehad: “They recite their sacred books, although the fact informs me that these are a fiction from first to last. O Reason, thou (alone) speakest the truth. Then perish the fools who forged the (religious) traditions or interpreted them!”   https://en.wikiquote.org/wiki/Al-Ma%CA%BFarri

 

  • 18

Kommentaar

  • Reusedwerg
    My punt stem ooreen met die twee punte hierbo deur die Arabiese wysgeer gemaak. Lees gerus weer indien jy sy punt gemis het.

  • Beste Jaco
    Waarlik? Dit gaan mos nie hier om wetenskaplike kennis nie! Dit gaan oor dat 'n mens jou lewe moet verander: Hoekom?
    Want dit lees:
    20. Lewenswysheid is soos 'n predikant wat in die strate en die groot bymekaarkomplekke preek.
    21.Sy loop die stad plat en verkondig haar boodskap oral.
    22.Hoe lank sal julle geestelike onvolwassenes, met julle onvolwassenheid aanhou: sal julle ligsinniges, met 'n gelukkige lewenswandel spot; sal julle, dommes, ware kennis vertrap?.
    Staan daar dan nie in Spreuke 3 (1983 vertaling) die volgende nie?
    1 MY seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
    Deut. 8:1; 30:16,20.
    2 want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
    Ps. 91:16.
    3 Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
    Spr. 6:21; 7:3; Vgl. Ex. 13:9,16; Deut. 6:8. Jer. 17:1; II Kor. 3:3.
    4 dan sal jy genade vind en ’n goeie insig in die oë van God en die mense.
    5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
    Ps. 37:3,5. Jer. 9:23.
    6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
    Jer. 10:23.
    7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Tiens Pretorious

    Reusedwerg (Betelgeuse?), hy bedoel dis die gelowiges wat min kennis het, want die ongelowiges soos Hawking weet baie.
    Die fout is ons soek God in menslike gedaante, soos die prentjies wat ons van Jesus sien. Ek glo egter God is iets heel anders, ‘n teenwoordigheid wat alles deurdring, dit sypel deur alle lewende dinge en omhul alle dooie dinge deur die hele universum.
    Baie dele van die Ou Testament is natuurlik deur taamlik primitiewe en onkundige mense geskryf, tog is daar oomblikke van verhewe skoonheid, soos die lelie van Saron heerlike skoonheid is.
    Tiens

  • Riaan
    Omrede jy geen teen argument het nie, sê jy ek rammel. Ten minste het FC Boot iets konstruktief vir die Christenleser te sê gehad, en Tiens Pretorius eerlike Christelike introspeksie. Jou respons gee stukrag aan die Arabier-wysgeer se beskouinge oor gelowiges soos jy (in sy geval hoofsaaklik Moslems tussen wie hy gewoon het).

  • FC Boot en Tiens Pretorius
    FC Jy skryf: " Dit gaan mos nie hier om wetenskaplike kennis nie! Dit gaan oor dat 'n mens jou lewe moet verander."
    Nee jy slaan die bal skoon mis. Dit gaan hierbo oor wat die Bybel oor ongelowiges (Ateïste, Agnosties en ander wat nie in die Bybelse God glo nie) te sê het nl dat hulle dom/dwase/swape en nog meer is. Genoemde wetenskaplikes is juis deur my gekies omrede hulle beide besonders slim is/was, en omrede hulle verklaar het hulle nie in die Bybelse God glo nie. Die res wat jy geskryf het is wat die Bybel aan gelowiges wil toeskryf.
    Tiens,
    Jy skryf (verskonend): "Baie dele van die Ou Testament is natuurlik deur taamlik primitiewe en onkundige mense geskryf." Dus moet ons hulle maar met 'n knippie sout lees en nie ernstig opneem nie?
    Ek het die Bybelse stelling weerlê deur bewyse te lewer dat van die slimste onder die mensdom nie in enige God glo nie. Die geleentheid was daar dat julle die Arabier se stellings mbt tot gelowiges sou weerlê het wat julle nie gedoen het nie.
    Beide die Bybelse asook die Arabier se stellings mbt slim/dom is onwaar, want van die slimste asook die domste onder die mensdom kry jy onder gelowiges asook non-gelowiges. Godsdiens al dan geen, het absoluut niks met slim of domgeit onder die mensdom te doen nie.

  • Beste Jaco
    Jy het die kat aan die stert beet, dit gaan oor ongelowiges se gebrek aan wysheid en nie aan hul gebrek aan geleerdheid nie. Gelowiges moet as het ware die lewe 'deur die oë van God' beoordeel. God se wysheid moet dus die mens se wysheid word. Die verkondiging van God se verlossingsplan is dus belangriker as my eie belang.

    Mense wat dit omdraai is dus in die opsig dwase in die oë van God, want jy het die tydelike bo die ewige gekies en Christus se hand weggeklap want as verganklike mens weet jy beter as die Een wat altyd daar was.

  • FC Boot
    Jy kibbel met woorde om die Bybel se duidelike stelling mbt ongelowiges in God te verdoesel. Of jy my woorde wil vervang deur te sê die ateïs, agnostiek, of gelowiges in 'n ander God as die Bybelse God glo; 'n gebrek aan wysheid het, kom dit tog daarop neer dat hulle dwase (teenoorgestel van wysheid) is, laasgenoemde die einste woord beskrywing in Ps. 1:14, en vele ander tekste.
    Wil jy dus vir my sê dat genoemde non-gelowige wetenskaplikes 'n gebrek aan wysheid het. As jy nie wys is, is jy ook nie slim nie!
    Die snert wat jy hierbo mbt tot God skryf, is jou eie weergawe van God en nie Bybels nie.
    Na vele vorige woordewisselings tussen ons twee in die verlede, het jy erken dat die Bybel nie 'n primêre bron oor God se kennis al dan nie is nie, en dat sodanige boek deur wispelturige mense geskryf is om al die weersprekings daarin te probeer verklaar, tog kwoteer jy gedurig en geveins daaruit.
    Onthou dit is jy wat Jesus bevraagteken het toe die gesê het "Moses het van my geskryf", deur te wil weergee Moses het nie die eerste 5 boeke van die Bybel geskryf nie, welke boeke eers honderde jare na Moses se dood geskryf is.

  • Beste Jaco
    Jy het beslis die vermoë om alles wat jy lees om te draai. Wanneer ek sê dat Moses nie die genesisverhale kon geskryf het nie, dan sê jy ek sê Moses kon nie skryf nie.
    Nou gaan jy al weer en telkens kom jy die slegste daarvan af. Ek het nêrens gesê dat Moses niks geskryf het nie.
    Die Bybel as die openbaring van die plan van God kom na ons toe deur mense geïnspireer deur die Heilige Gees. Ons vind in die Bybel geskiedenisverhale wat by nader ondersoek nie 'n akkurate weerspieëling van die werklike gebeure is nie.
    Beteken dit nou die mense lieg en dan by implikasie dat God lieg en gebeure verdraai om soos die Faros van ouds, as hul pak gekry het, nog steeds as helde uit die stryd te tree?
    So is die skeppingsverhale nie 'n weerspieëling van gebeure wat miljoene jare gelede plaasgevind het nie. Dit gaan nooit daar om die 'HOE" nie maar wel om die
    'WIE'. Maar dit sal ook niks vir jou beteken nie want as ateïs verwerp jy die bestaan en werk van Christus en hou gedurig jou homoseksuele lewenswyse hier op SêNet voor as normaal.
    Nou vir die laaste keer mense word gelowig en aanvaar die werk van Jesus Christus
    as hul enigste Verlosser en Saligmaker binne die wetenskaplike kennis van hul tyd en as hul geglo het dat die aarde die middelpunt van die heelal is, en plat is is hul nie daarom verlore nie, want jou redding is nie te vinde in wetenskaplike kennis nie.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Jy moet noukeurig lees en nie veralgemenings maak nie. Nêrens hierbo het ek enigsins na die skeppingsverhaal verwys nie. Ek het hierbo ook nie gesê dat jy gesê het Moses kon nie geskryf het nie.
    Wat ek wel gesê het is dat jy by herhaling al in die verlede gesê dat Moses nie die outeur van die eerste vyf boeke van die Bybel was nie, omrede sodanige boeke honderde jare na die afsterwe van Moses, ook volgens jou vorige stellings deur onbekende skrywers, geskryf was. Dus, volgens jou, het Jesus gefouteer toe hy gesê het "Moses het van my geskryf." Joh.5:46.
    Alle vertalings met hul variëteite is dit eens dat Jesus die woord "GESKRYF" gebruik het mbt Moses se outeurskap en die se verwysing na Jesus. http://biblehub.com/john/5-46.htm
    En wanneer jy erken dat Jesus gefouteer het, is hy ooglopend geen God nie.

  • FC Boot
    Jy skryf hierbo: " want as ateïs verwerp jy die bestaan en werk van Christus en hou gedurig jou homoseksuele lewenswyse hier op SêNet voor as normaal."
    Nou wat het my seksualiteit met die onderwerp onder bespreking te doen? Jy gebruik dit ooglopend suiwer om die non-gay, moontlik homofobiese lesers teen my te probeer ophits, om sodoende hul ondersteuning vir jou in te win; en daardeur jou onvermoë om logies te kan redeneer, asook jou onvermoë om jou by die onderwerp onder bespreking te bepaal te verbloem.
    My lewe lank, het ek geen ateïste onder gays teëgekom nie. Inteendeel is daar baie opregte Christene onder hulle soos onder heteroseksueles, indien nie net Christene in naam in beide gevalle, alleenlik nie. Ek as ateïs voel soos 'n uitsondering in die gay gemeenskap.
    Ek as ateïs "verwerp nie die bestaan en werk van Jesus nie". Dat hy wel vandag steeds lewe, en God is? Ja dit verwerp ek, maar die bestaan van 'n geskiedkundige Jesus asook sy goeie werke (nie bo-natuurlike wonderwerke) en leringe mbt menslike verhoudinge onderling, dit verwerp ek nie.
    Jy as sogenaamde "christen?" se gesindheid teenoor my en ander ateïste is geensins in die letter en gees van Jesus se voorbeeld nie.

  • Beste Jaco
    Kom ons kyk nou na een van jou wilde bewerings:
    "Onthou dit is jy wat Jesus bevraagteken het toe die gesê het "Moses het van my geskryf", deur te wil weergee Moses het nie die eerste 5 boeke van die Bybel geskryf nie, welke boeke eers honderde jare na Moses se dood geskryf is."
    Weer eens ’n onwaarheid. Ek het by herhaling geskryf dat die Genesisverhale geskryf is in ballingskap. Die Genesisverhale is nie die eerste vyf boeke nie - dus moet jy leer met insig lees. Die implikasie daarvan is dus dat Moses oor die skeppingsverhale kon gepraat het, veral vanweë sy Egiptiese opvoeding maar dit nie op skrif geplaas het nie in die vorm soos dit nou in die Bybel verskyn.
    Die volgende is opgeteken in die Bybel A - Z opgestel deur mense wat weet waarvan hul praat: Eerste skeppingsverhaal geskryf tussen 586-539 vC, dus binne die Babiloniese ballingskap. Die tweede in die tyd van die Konings in 'n landelike gemeenskap voor die ballingskap.
    Deuteronomium word neergeskryf in 639 vC. Koning Josia vind die 'verlore' wetboek in die tempel, hervorm die tempeldiens en hernu die verbond. Moses sterf 1215 vC.
    Kom ons kyk na die tweede aanhaling: "Ek as ateïs verwerp nie die bestaan en werk van Jesus nie". Dat hy wel vandag steeds lewe, en God is? Ja dit verwerp ek, maar die bestaan van 'n geskiedkundige Jesus asook sy goeie werke (nie bo-natuurlike wonderwerke) en leringe mbt menslike verhoudinge onderling, dit verwerp ek nie.
    Jy as sogenaamde "christen?" se gesindheid teenoor my en ander ateïste is geensins in die letter en gees van Jesus se voorbeeld nie."
    Enige mens wat Jesus as net 'n gewone mens aanvaar verwerp Jesus as hul enigste Verlosser en Saligmaker is dus direkte teenstanders van Jesus en skaar hul dus by diegene wat lynreg gekies het om Sy verlossingswerk te verwerp en kies dus die kant van Jesus se opponent nl die Antichris.
    Nee ons is nie teen gays nie maar wel teen hul onnatuurlike lewenswyse wat jy gedurig
    op hierdie forum as normaal verkoop selfs deur voorbeelde uit die diereryk te gebruik.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Hoekom gorrel jy voortdurend oor die skeppingsverhaal, wat ek nêrens hierbo gemeld het of deel van die bespreking gevorm het nie?
    Probeer eerder weerlê waar ek jou beskuldig het deur te sê: Wat ek wel gesê het is dat jy by herhaling al in die verlede gesê dat Moses nie die outeur van die eerste vyf boeke van die Bybel was nie, omrede sodanige boeke honderde jare na die afsterwe van Moses, ook volgens jou vorige stellings deur onbekende skrywers, geskryf was. Dus, volgens jou, het Jesus gefouteer toe hy gesê het "Moses het van my geskryf." Joh.5:46.
    My seksualiteit vorm ook nie deel van die bespreking nie, dus my kommentaar hierbo gaan ek nie herhaal nie.
    Jy het werklik 'n probleem om jou tot die onderwerp onder bespreking te beperk!

  • Beste Jaco
    Nêrens het ek ooit dit gesê wat jy nou weereens beweer. Word wakker ek het by herhaling gesê dat Moses nie die skeppingsverhale kon geskryf het nie omdat dit geskryf is soos ek by herhaling verduidelik het.
    Nou kruip jy weg agter 'jy gorrel' maar in werklikheid verstaan jy nie wat ek skryf nie.
    Verwys lesers nou na die skrywe waar ek sê dat Moses nie die vyf boeke geskryf het nie. Laat ek nou dit tog duidelik uitspel dit gaan oor die skeppingsverhale.

  • FC Boot
    Met die een asem in jou jongste respons sê jy: "Ek het by herhaling gesê dat Moses NIE die skeppingsverhale kon GESKRYF het nie." asook "Ek het by herhaling geskryf dat die Genesisverhale geskryf is in ballingskap (honderde jare na Moses se dood)".en "Deuteronomium word neergeskryf in 639 vC (ook honderde jare na Moses se dood)"; en met die ander asem sê jy: "Verwys lesers nou na die skrywe waar ek sê dat Moses NIE die vyf boeke geskryf het nie. "
    Nou hoe het jy die kloutjie by die oor beet? Is die skeppingsverhaal dan nie deel van Genesis nie, 'n boek tradisioneel aan Moses se outeurskap toegedig en deur Jesus bekragtig (Joh.5:46), dieselfde ook met Deuteronomium wat jy hierbo ook aangee as honderde jare na Moses se afsterwe geskryf?
    Neem diep asem en begin weer!

  • Die Genesisverhale is maar 'n klein gedeelte en beslis nie die hele Genesis nie.
    Moses sou dit beslis nie Genesis genoem het nie. Onthou die Torah het nie net die geskrewe maar ook die gesproke woord behels.
    Dit is duidelik dat Genesis oor 'n lang tydperk tot stand gekom het. Deuteronomium is 'n herskryf van die wetboek nadat dit ontdek is. Hoofstuk 34 handel oor Moses se dood en is duidelik nie deur Moses geskryf nie maar wel deur ander wat dit beleef het of deur mondelinge oordrag daarvan verneem het.

  • FC Boot
    Hou op kibbel. Om enige misverstand uit die weg te ruim, beantwoord met 'n JA of Nee die volgende vrae:
    1. Het Moses enige van die volgende boeke self GESKRYF? Genesis, Eksodus, Leviticus, Numeri, Deuteronomium. Indien JA, watter een?
    2. Indien Moses NIE enige van genoemde boeke geskryf het nie, watter ander boek van Moses verwys Jesus na toe hy in Joh.5:46 gesê het: "Moses het van My GESKRYF"?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top