Hy is soos ’n dief,
Kom wanneer jy hom die minste verwag.
Slaan enige tyd toe,
Vroegoggend, bedags of middernag.
Hy steel,
Vanaf alle mense.
Hy ken ook,
Geen grense.
Hy maak harte seer,
Oral waar hy gaan.
Die mens,
Sal hom nooit verstaan.
Die dood,
Gaan niemand verby.
Wees verseker,
Eendag gaan hy jou kry.
Maar, daar kom ’n dag,
Alreeds bepaal.
Wanneer die dood,
Niemand meer sal kom haal.

