"Die dood kom stadig aan" deur Annica van Greunen

  • 0

Die dood kom stadig aan

Ek beloer die dag
van agter die ruite.

Dit het begin met sonskyn
en het stadig agter die horison in weggekwyn.
Soos die geboorte van ’n kind
en eendag waar jy jouself weer langs sy hospitaalbed bevind.

Die lewe van ons is tog so bitter kort,
waarom tog dan so vinnig suur word?
As jóú sonnetjie verdwyn
hoop ons maar net jy’s rein.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top