… is ’n baie moeilike vraagstuk; mens weet nie presies eintlik eers wat met die vraag bedoel word nie. Ek sien hier's ’n paar hier wat met hierdie gewigtige kwessie worstel. Die doel van die wat lewe egter, die lewendes, is glashelder: Dit is om jouself/ gesin/ familie/ volk/ spesie bo aan die voedselketting te kry en daar te bly. Deel van hierdie proses is dan, onder andere, om voortplanting te bedryf, jou nageslag te bemagtig en die dood soos die dood te vermy.
Terloops, dis hoekom bye vir my eienaardig is; volgens natuurlike seleksie, soos veronderstel deur die evolusieteorie, word die organismes wat die dood die beste kan vermy geselekteer. Die wat nie kan nie sterf dan uit sodat die, wat die beste teen doodgaan bestand is, oorbly. Maar ’n by, vir millenia der millenia al, gaan dood gedurende selfverdediging. Aan die ander kant nou weer, hulle paar in elk geval nie, miskien is dit hoekom hulle maar afgeskryf kan word. Interessant maar dit net terloops soos ek gesê het.
Nou luister ek nou die dag so na Derek Hanekom op Praat Saam en hy vertel hy was so toegewyd aan die Struggle dat hy en sy vrou op ’n stadium besluit het protes alleen is nie genoeg nie (ek weet nie of hy bedoel het die volgende stap is geweldpleeg nie). Intussen is die Struggle niks anders nie as maar hoofsaaklik ’n onderafdeling van ’n Anglo-Amerikaanse proses om bo-aan die voedselketting te bly (met volgehoue en hewige propaganda het die AnAms baie mense gevang; nie net Derek-hulle nie – ons eie Zhi en Wouter hier is goeie voorbeelde).
Nou, met die wysheid van terugblik, is dit natuurlik vir al hierdie gevangdes (nie te verwar met “gevangenes” nie alhoewel, in ’n groot mate, ook van toepassing) duidelik dat hulle in ’n lokval gelei is, dat hulle eintlik a-tipies opgetree het en hulle vir hulself ’n minderwaardige posisie op die voedselketting bewerkstellig en verseker het: Die land is getransformeer in ’n derdewêreldstatus in en die proses gaan voort; ons gly voortdurend laer.
Dit het duidelik geblyk uit van die inbellers se bydraes; een vrou wat destyds ooglopend net so blinkoog soos Derek oor die “demokratiese” verwikkelinge was, het gesê die mense sê nou vir haar "pêwêwêwêêê ons het jou mos gesêêê" en dit stem haar diep ongelukkig want die bewyse, veral in die Oos-Kaap, is volop dat hulle gelyk het. Selfs ou Niekie het op ’n kol gekla dat die mense nie nou moet kom en sê "ons het julle mos gesê" nie. Baie betekenisvol; hy sê nie die stelling is ongeldig nie, hy wil dit net nie hoor nie (wat doen ou Niekie deesdae?).
Wat maak mens as mens ’n fout gemaak het? Hang in ’n groot mate van jou selfbeeld af; hoe gesonder jou selfbeeld hoe makliker om die fout te erken. Nou ís daar die wat ’n dowe oor draai na wat die terugblik hulle wys en, vir elke skakel wat ons teen die ketting afsak, hemel hulle die Struggle op en verguis die Afrikaner want die sou verantwoordelik wees vir erge onderdrukking.
Intussen werk dit net mooi andersom; die hele land, ALLE inwoners se lewensgehalte was strate voor teen wat dit tans is. Ons was toe myle verder op teen die voedselketting as wat die geval nou is. Soos lewensgehalte afneem, misdaad en korrupsie toeneem, gaan hierdie ophemeling van die Struggle intensiewer word en die “vegters” se martelaarstatus gaan al die ander in die geskiedenis s’n verdwerg.
Ons gly dus verder teen die ketting af en op die manier maak ons plek vir iemand anders om verder op te skuif of makliker bo te bly. Dat mens se ego jou nou daarin kan boelie om die doel van die lewendes te versaak; ongelooflik nè maar daar het jy dit.
Jan Rap

