Die deugde van ongehoorsaamheid

  • 1

Afrikaners het twee, selfvernietigende eienskappe. Die een het vele mense al in hulself begin ontdek: dit is natuurlik ons swak selfbeeld. Ons word groot gemaak met die idee dat ons minderwaardig is. Die oorsaak hiervan kan mens lank oor debatteer, maar ek vermoed dat dit maar in ons godsdiens die oorsprong het. Die ander meulsteen om die nek is ons natuurlike refleks om gehoorsaam te wees aan gesag.

Met gehoorsaamheid bedoel ek nie dat ons nie krities is nie. Nee, dit kan ons goed doen, maar as dit op die punt van optree in ooreenkoms met ons opinies kom, dan spring ons terug om maar by verstek te gehoorsaam.

Ons gehoorsaam slaafs die diktate van die staat, kerk en gemeenskap. ‘n Anargistiese streek is maar dun gesaai onder ons mense. Om die waarheid te sê, ek dink nie dit bestaan nie.

Ons is wet-en-orde-mense, wat alte jammer is, want soos enige rewolusionêre jou kan vertel: jy bereik meer met ’n Molotov cocktail in jou hand as met ’n  goed geskrewe polemiek.

  • 1

Kommentaar

  • Ek is geneig om saam met jou te stem. Mens word so groot gemaak. Baie slae in my as kind en grootmens lewe gekry agv balhorigheid. Ek het nie alles vir soetkoek opgevreet nie. Onderwysers en ma het my gereeld gelooi. Ek haat dit as iemand dink ek is onnosel en probeer my storie vertel. Het dit nou al afgeleer om ordentelik teenoor so persoon op te tree.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top