die dag toe ek

  • 3

die dag toe ek
                     die maan afgepers het

as die son vermakerig
wegkruipertjie speel
tergend wit bondelwolke
tot raserny verveel
krap ek 'n gesond word gatjie
met seer saamdra-woorde
as niemand se oë raaksien
hoe ek die grys bolmaan
versteek in dooie heelal grysheid
afpers tot stomheid
met 'n doodse dagwoning
omhul in 'n sonlig wêreld,
bêre ek met kleivingers
diep tot in die maan
se uitverkoopte siel
stukke rou wat niemand
ooit hoef te sien ...

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top